Afrikaans Vyand: Dubbel Medium

12 02 2014

Persoonlik het ek niks teen dubbelmedium.  Ek het my hele skoolloopbaan in dubbelmedium skole voltooi.  Ek onthou hoe was daar in die kleuterskool een dag ‘n Afrikaanse storie en die volgende dag ‘n Engelse storie gelees.  Ons het nie verskillende klasse in die kleuterskool gehad nie, maar daar was spesifieke Afrikaanse en Engelse klasse in die laer- en hoërskool gewees.  Ons was soms saamgegooi vir iets soos LO, maar van st 8 (gr 10) het ons regte vakke (met die uitsondering van tale) saam gehad.  Nogtans was goed soos opening, prysuitdelings ens. altyd in beide tale aangebied.  Skriflesing en gebed was ook in die twee tale afgewissel.

Dit was nie dat alles in altwee tale herhaal was nie.  Die verwagting was dat ons Afrikaans en Engels verstaan het en dus die verrigtinge / klas sou kon volg.  In die klas kon ons vra dat iets wat ons nie verstaan het nie in ons taal herhaal kon word.  Iets wat ons selde nodig gehad het.

Van die agtergrond, pla dit my dus glad nie om ‘n koerant wat in Afrikaans en Engels uitgegee word te lees nie.  Ek kan ‘n Nataniël opvoering ten volle geniet.  Ek raak geirriteerd as alles twee keer gesê word by ‘n gesamenlike byeenkoms.  Ek het dit mos die eerste keer gehoor, ongeag of dit in Afrikaans of Engels gesê is.  Hoekom moet ek twee keer my ore uitleen.

Daar is natuurlik ‘n vlieg in die salf.  In die tyd wat my skool loopbaan begin is, was daar twee amptelike landstale.  Teen die tyd wat ek klaar gemaak het, was daar 11 tale.  Elf tale wat veronderstel is om elkeen gelyke status te geniet.  En skielik kan daar nie meer verwag word dat mense in ‘n tweetalige skool / koerant / vergadering beide tale moet verstaan nie.  Al was die skool / koerant vir meer as 100 jaar ‘n tweetalige organisasie.

Die argument lei basies as volg:  Daar is geen rede dat almal Afrikaans magtig moet wees nie.  Die wat nie Afrikaans ken nie, word onregverdig uitgesluit en dit is diskriminasie.  Al is Engels die meeste mense se derde of vierde taal, verstaan almal Engels.  Die onselfsugtige ding om te doen is om voorkeur aan Engels te gee.  Polities korrek.

Natuurlik kan niks onregverdig bevoordeel word as iets nie benadeel word nie.  So neem die druk op dubbelmedium skole en tweetalige koerante toe om te verengels.  Tot daar natuurlik niks meer Afrikaans oor is nie.

Het julle al opgelet dat daar druk op tradisionele Afrikaanse skole (wat dekades, indien nie eeue nie, oud is) om dubbelmedium skole te word?

Ek was al by ‘n vergadering met die staat waar die verrigtinge in Zulu aangebied is.  Ek verstaan wel die frustrasie om nie iets te kan volg wat vir jou belangrik is nie.

Nogtans is daar ‘n verskil tussen ‘n openbare vergadering om inligting te gee en ‘n organisasie wat dekades lank ‘n sekere konsep beoefen.  As jy jou kind na ‘n dubbelmedium skool stuur, weet jy moes dat die kind aan Afrikaans en Engels blootgestel gaan word.  As jy ‘n tweetalige koerant koop, weet jy mos jy gaan artikels in Afrikaans en Engels kry.  As jy oop oë in ‘n ding inloop, hoekom kla oor wat jy kry?

As jy nie hou van wat aangebied word nie, gaan maak jou eie.  Dit is hoe ek voel.  Wat dink julle?

Dit is in ‘n mate ‘n skande dat daar nog nie ‘n prestige skool in ‘n Afrika taal in SA is nie.  Wie se skuld is dit?

Breinvasbrand:  Watter kinderprogram het die karakters Woofles, Freckles en Speckles gehad?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Ugie.

Breinvasbrand:


Aksies

Information

4 responses

13 02 2014
Sonlig

Ons woon in die noordelike voorstede van Johannesburg. So ‘n paar jaar gelede is daar blatant voorgestel dat al die Afrikaanse laer- en hoërskole in die omgewing (in die koerant by naam genoem) vir die daaropvolgende jaar ten minste een Engelse klas op intreevlak moet vestig en daarvandaan uitbrei.

Ons as ouers was natuurlik hewig ontsteld omdat van die skole al meer as 100 jaar oud is en die tradisies en kultuur noodwendig daardeur geraak sou word. Genadiglik is die skole propvol en dit het steeds nie gebeur nie, maar ek vermoed dat hierdie harige monster weer sy kop sal uitsteek.

Is dit nie maar ‘n spieëlbeeld van die mentaliteit van ons regering nie? As dit werk wil ons dit hê. Daar word nie aan die praktiese of impak op die bestaande standaarde gedink nie. Ons VAT dit, VERWOES dit en dan kan ons darem apartheid daarvoor blameer wanneer daar niks van oor is nie.

14 02 2014
Olga

Wat doen ons om hulle mentaliteit om te keer? Ons kak en kerm onder mekaar maar ons doen sweet, blue boggerol om hulle moer toe te stuur vir dit wat deur ons gevestig was nie. Kyk na die paaie, ons laat toe dat hulle paiie waarvoor ons goeie geld deur onder meer belasting, betaal het te vat, die paaie te herstel soos wat hulle deur die landswet veronderstel is om te doen, dan rig hulle tolhek of ‘n oorhoofse tolhek op en ons hardloop ons bene stompies om te betaal. Ons sien toe hoe hulle ons dorpe en stede eenvoudig annekseer en herdoop en ons kak en kerm en stuur sms en stem per epos om dit omgekeer te kry. Dalk as ons meer ruggraat gehad het, sou HULLE wat hulle nie gebou, gekoop of geruil het nie, met die nodige respek behandel en uitgelos het. Wat gebeur dus met Afrikaans? Ons laat toe dat HULLE dit van ons wegneem. Toe Tv 1 die Afrikaanse kanaal was, het hulle dit geneem en hulle sn gemaak. Ons het toe maar verlief geneem met Afrikaans op SABC 2. Nou vir elke baketel soos vanaand met die staatsrede, het hulle nie hulle mense se kykgenot onderbreek om die kak uit te saai nie, o, nee, Al kyk die meeste van die regering ondersteuners die ander kanale word ons programme onderbreek. Wou ons dan regtig die staatsrede en lee beloftes hoor? Nou verder, Afrikaanse skrywers sukkel om ‘n bestaan te maak maar oorsese prul skrywers soos Christine Rivers en Karin Kingsley se romans word in Afrikaans vertaal en ons hardloop om dit te lees. Radiostasies bemark gebeure soos “sisters with blisters, shaveton” ens in Engels en ons Valies verdring mekaar om hulle te ondersteun. So wie anders as onsself kan ons blameer dat ALLES wat ons het of was afgeneem word???

Antwoord op breinvries: PUMPKIN PATCH.

14 02 2014
Sonlig

Hoe stel jy voor kry ons ruggraat Olga? Deur af te daal na hulle vlak van toi-toi, korrupsie en geweld? Het ons ‘n keuse in baie van hierdie goed? Daar is tans meer as 70% mense wat nog sonder e-tol skyfies ry.Tel dit as bene stompies hardloop?

Moet ek na swak gehalte Afrikaanse TV programme kyk bloot omdat dit Afrikaans is? Ditto vir die boeke.

Die ondersteuners van Sisters with Blisters doen dit nie vir die taal waarin die geleentheid in bemark word nie, maar vir die groter doel daaragter. Wat maak dit saak in watter taal die radiostasies dit bemark?

Hoe kan ons onsself blameer vir alles wat afgevat word as ons in ‘n verhouding van 10 tot 1 oordonder word in getalle? Dis ‘n wet van die natuur: Meerderheid regeer. Hoe baklei mens teen korrupsie as die enigste mense wat iets daaraan kan doen heerlik op die soustrein ry?

Voordat die mentaliteit nie verander nie, sal dinge nie beter gaan nie. Ek glo dis stadig maar seker wel besig om te gebeur – hopenlik
deur die voorbeeld wat ons stel – maar selfs met groot getalle swart mense wat integriteit het en wat ons redes begin insien, is ons nog steeds ver in die minderheid. Dit het niks met ruggraatloosheid te doen nie. Hoe ding jy mee met vals beloftes wat aan desperate mense gemaak word?

Ek dink jou stellings is onregverdig.

14 02 2014
Olga

ons kan ‘n keuse hê, maar ons verkies om trots te vat wat hulle uitdeel. Nee, toyi toyi is hulle dans. Ons kan ons eie kry of die curveball wat hulle kry ons laat tref.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: