Noot vir Noot

30 03 2014

As mens deesdae die radio aansit, hoor ‘n mens wat se wonder OLX is.  ‘n Plek wat al jou goed waarvoor jy nie meer gebruik het nie, in ‘n goudmyn verander.   Natuurlik het OLX meer as ‘n knypie sout ingegooi, dit word goeie bemarking genoem.  Niemand glo tog regtig dat hulle ou goed hulle gaan ryk maak nie.  Wel, dit is nie asof dit so oud is nie.  😉

Ek verwonder my dikwels oor mense wat die laaste sent uit al hulle besittings probeer pers.  Veral as die persoon duidelik bevoorreg is en die ongewenste goed meer ‘n irritasie as iets anders is.  Hulle sal ou meubels, ou televisies, ou selfone en selfs ou klere verkoop.  Dit is nie asof hulle die geld nodig het nie.  Om dit reguit te stel, gaan die geld hulle nie opgewonde maak nie en hulle gaan niks daarmee doen wat hulle nie daarsonder kon doen nie.

Aan die ander kant, die gemiddelde koper van tweedehandse goed is gewoonlik iemand wat sente ‘n paar keer moet omdraai.  Wat hulle uit die kopie kan spaar gaan direk na ‘n ander gat toe wat dringend gestop moet word.

Aan die een kant het jy dus iemand wat eintlik ongeërgd is oor die ware en die geld wat dit kan inbring.  Aan die ander kant is daar ‘n ontvanger wat nie iets nuuts kan bekostig nie en die geld drasties nodig het.  Die bevoorregde verkoper doen niks verkeerd nie.  Nogtans lyk dit vir my half skeef.  Al daardie moeite vir iets wat in elk geval onder jou voete is.  Die grootste wen is om die goed onder jou voete uit te kry en nie die finansiële gewin nie.  Aan die ander kant, daar is iemand wat dit dankbaar sal neem.  Voel vir my een hand was die ander.  Hoekom nog die geld ook nog insleep?

Ek is dus ‘n voorstaander om iets wat onder jou voete is, weg te gee vir iemand wat dit graag wil hê.  Klink vir my na ‘n wen-wen situasie.

Aan die anderkant, sit ons reeds met ‘n bevolking waarvan 80% reeds wag dat alles in hulle skote moet val.  Hulle soek gratis elektrisiteit, gratis huise en natuurlik vet toelae.  Dit is ‘n ongesonde houding om mee deur die lewe te gaan.  Buitendien is daar geen groter bevrediging as om iets in jou hande te hou as waarvoor jy gewerk en gespaar het nie.

Wat natuurlik baie waar is.  Wat is die goue middeweg?

Breinvasbrand:  Wanneer is OLX gestig?

Breinlosbrand:  Tannie Gypsie was reg met Dark Lady.