Lispiek Vervel

28 02 2014

P1300633

Hallo Maatjies;

Sjoe!  Ekke was lanklaas hierso gewees.  🙂  My perd hou my besig!  😐  Ekke moet haar bad, borsel, kos gee, watter gee en rond dra.  😉  Dit put ‘n heksie kwaai uit.

Maar raai wat?  My perd het vervel.  😀  Sy is nou ‘n hele mensjaar oud.  😈  Dit is ‘n hele 18 kringe in katjare, maar nog niks in heksjare.  😯  Ek het sommer geweet julle sal nie weet nie.  😉  Ek is ‘n slim heksie en weet alles.  Gelukkig is ek nie selfsteler nie en deel ek al my kennis.

Ons gaan vandag koek eet, rooi koeldrank drink en blommetjies pluk.  😀  Lispiek is ‘n regte poppelop, sy hou van blommetjies.  😯  Goggas ook, sy dink dit is chips.

😳  Ouma sê ek moet kom help koek bak.

Tata Maatjies.