Want dit is gesê

3 02 2014

Ek het eendag die twyfelagtige voorreg gehad om met ‘n oom van 80 te gaan onderhandel oor ‘n kontrak.  Hy het op die tydstip al dekades lank met ons besigheid gedoen en daar was nog nooit sprake van ‘n kontrak nie.  Die blote idee van ‘n kontrak het hom gegrief.  Hy het doodeenvoudig nie aan kontrakte geglo nie.  Daar was geen kontrakte op sy boeke nie: nie met kliente nie, nie met verskaffers nie en nie eers met sy personeel nie.

Sy teensin in ‘n kontrak was nie ‘n poging om sy verantwoordelikhede te vermy nie.  Allermins!  Hy het net geglo dat sy woord en ‘n handdruk goed genoeg is.  Sy woord was (is) sy eer en basta daarmee om dit op papier te sit.  Kontrakte was onnodig tussen mense van eer.

Hy was natuurlik reg – as mense hulleself hou by wat hulle belowe het, dan was daar geen nut vir kontrakte nie.  Seker ook nie vir prokureurs nie, maar dit is ‘n ander storie.  Die ongelukkige waarheid is dat mense se woord niks werd is nie.  Wat hulle vandag pas, is nie noodwendig wat hulle in die toekoms gaan wil doen nie.  Dit hou natuurlik nie by besigheidskontrakte op nie.  Bittermin mense kan op hulle woord geoordeel word.

Verlede week was daar aangekondig dat Mamphela Ramphele die DA se presidentskandidaat sou wees.  Ek was nou nie besonders opgewonde oor die nuus nie.  Aan die een kant ondersteun ‘n mens ‘n party omdat jy hoop hulle leiers word president.  Ten tye van Agang se stigting, het ek gehoop dit kan dalk die ANC uit die parlement kry.  Dit was egter gou duidelik dat hulle nêrens sou gaan nie.  Dus was ek nie gelukkig daarmee dat die DA netso aan iemand gegee is vir stemme nie.

Aan die anderkant weer, geen party kan op wit stemme alleen die president kies nie.  Selfs al sou hulle al die wit, bruin en indiër stemme hê, sal hulle steeds nêrens kom nie.  Die DA, as hulle die heersende party wil word, het dus swart stemme nodig.  Iemand van die struggle met die regte velkleur kan dalk die vertroue koop wat Zille nie kan nie.

Twee kante van ‘n muntstuk, dus het ek maar terug gesit om te kyk wat gaan gebeur.  Ek het nie eers nodig gehad om tot die verkiesing te wag nie.  Mamphela Ramphele het vinnig op haar woord terug gegaan.  Haar straf is dat niemand haar ooit weer sal vertrou nie.  Die DA (en Zille) moes tog seker gemaak het wie hulle as president wou opsaal.  Duidelik het hulle nie hulle kandidaat goed uit die boom gekyk nie.  Die DA is gewond en dit gaan interessant wees om te sien hoe / of hulle herstel.  Geen onwyse besluit word ongestraf gelaat nie.

Van straf gepraat, dit bring my tot die hele Solly Ozrovech debakel.  Twee mans beweer dat hy hulle as kinders gesodomiseer het.  Sy verdediging is eenvoudig:  hy hy is onskuldig.  Siende dat hy oud, sieklik, ‘n dominee en die skrywer van geloofsboeke is, word daar verwag dat hy sonder meer geglo moet word.  Tog weet ons dat dit nie noodwendig iemand betroubaar maak nie.

Aan die anderkant is daar die sogenaamde slagoffers.  Hoë bome kry die meeste wind en dit bly altyd lekker om iemand van hulle troontjie te laat tuimel.  Daarvoor het ‘n mens nie die waarheid nodig nie.  Die beskuldiging is genoeg om ‘n leeftyd van vertroue te vernietig.

Dit kan wees dat Ozrovech die waarheid praat.  Dit kan wees dat die slagoffers regtig deur ‘n man gesodomiseer is wat hulle moes beskerm het.  Wat wel feit is, is dat iemand lieg.  Ons sal seker nooit met sekerheid weet wie lieg nou eintlik nie.  Intussen sal elke oud geestelike en elke slagoffer van verkragting verdag beskou word.  Almal die slagoffers van leuenaars.  Die leuenaar benadeel nie net hom / haarself nie, maar almal anders wat in dieselfde bootjie.

Mens kan maar net hoop dat die onskuldige party nie alle kredietwaardigeheid verloor nie.

Die lewe sou soveel makliker gewees het as mense se woord netso aanvaar kon word.  As hulle woord waarheid was.  Alle ander sondes sou dus ingeruil moes word, om die mens se woord te handaf.  Helaas, sondes is seker die prys wat onbekostigbaar is.

Breinvasbrand:  Waar is die kinderhuis geleë waar Solly Ozrovech groot geword het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1938.


Aksies

Information

5 responses

3 02 2014
Olga

UITEINDELIK weer ‘n post.
EERSTE. Al het ek ‘n voorsprong die ander weet nie jy het weer gepost nie.
Ugie kinderhuis?

3 02 2014
Olga

Die huwelik uit die hel wat Helen desperaat genoeg was om aan te gaan. Pleks van sy gaan praat met die mense. vertel hulle wat haar visie vir Suid Afrika is. Nee, eerder wil sy in regte Afrika Fashion kortpad loop. TJK TJK.

3 02 2014
Olga

Solly Ozrovech… Snaaks hoe sy seun noem wie gaan mense glo, sy pa wat al honderde christelike boeke geskryf het of TWEE mans wie anoniem wil bly.

7 02 2014
Karin Allen

Jy weet dit maak ‘n mens siek! Die hele wereld bestaan uit leuns en bedrog. Jy kry nie kans om vrede te maak met ‘n gebeurtenis nie, dan gebeur die volgende ding. So word ‘n storie opsy geskyf om plek te maak vir die volgende skok. Ek is nog een van die ouergaarde wat ook mense op hul woord vat en glo my ek daagliks teleurgestel.

17 03 2014
Son

Jy sê baie belangrike dinge hier. Niemand se woord is meer sy eer nie. Sad but true

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: