Party dae

20 04 2012

Al is ‘n mens nou nie noodwendig ‘n beplanner nie, is daar gewoonlik ‘n sekere verwagting van hoe jou dag gaan verloop.  Jy weet wat jy min of meer met die dag gaan doen en wat die basiese verloop gaan wees.  Jy weet of dit ‘n gewone dag, traag dag, besige dag of krisis dag gaan wees en jy is min of meer daarop voorbereid. 

Dan kom daar sekere elemente en maak seker jou lewe is nie eentonig nie.  Jou verwagting vlieg by die deur in en ewe skielik moet jy aanpassings maak.  Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, jy verwens dit nie altyd nie – dit pas net nie by die prentjie wat in jou kop was nie. 

Ek het vandag so ‘n dag.  Ek het geweet dit gaan besig wees en skielik is ek in ‘n kop-af situasie.  Ek sweer hier was gister ‘n paar bose geeste wat nuwe huisvestigings gekry het.  Goed wat ‘n blote formaliteit moes gewees het, het skielik die dam skoon onder die eend se stert uitgehaal.  Nou moet ek stoei om die dam terug te kry en natuurlik stort ek nat.  Daardie arme dam gaan nooit ooit weer dieselfde wees nie. 

Dit is egter gesond en dit help met verbeteringe.  Om eerlik te wees, geniet ek hierdie kop-af dae.  Al beteken dit dat daar rook uit my geweer se loop kom. 

Maar – dit befomfaai wel my aksie lys.  ‘n Paar goed het in slag gebly, soos onder andere die koerant.  Ek is seker julle sal my dit vergewe.

Het jy ooit sulke dae?  Dae wat bose geeste mense oorgeneem het en jy skielik kastaiings uit die vuur moet krap?  Is dit dalk nie bose geeste nie, maar ruimte wesens?  Wat dink jy veroorsaak die dae?  Krap dit jou om of geniet jy dit?

Breinvasbrand:  Wie het Jesse James vermoor?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Kirsty Theologo.


Aksies

Information

6 responses

20 04 2012
gerdajansen1

robert ford.
of was dit olga met daai rocket launcher wat try hoender skiet het en reg in die verlede vir ou jesse raak geskiet het.

20 04 2012
Olga

eisj. Die goed maak my klaaq.

20 04 2012
Olga

ek funsioneer ook beter op tone. Die lang, stil, gevrekte dae is net nie vir my nie.

Ek begin al gewoond raak om radio op rsg aan te sit om die nuus te kry. Dis nou, as die dem ding homself nie uitstel nie.

20 04 2012
Sonlig

Ek dink die kop-af oomblikke is aanvanklik vir my erg, maar aan die einde van die dag voel mens dikwels tevrede met wat jy vermag het om so bietjie op die voete te dink.

Hulle sê mens ons is soos teesakkies – die geur kom eers uit as die kookwater bygevoeg word.

Sterkte vir jou dag. Hoop jy vind weer ‘n bottel wyn in jou yskas vanaand. 😉

20 04 2012
Blog-ontploffing « Kouevuur

[…] Die Merrie – waar mens altyd iets aktueels kan raaklees […]

20 04 2012
demoerin

Die lekkerste van sulke dae is dat die dag verbyvlieg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: