Tiener aanspreeklikheid

19 04 2012

Die hele land gons oor die 17 jarige wat vir 3 weke as ‘n seksslaaf aangehou is.  Asof dit nie reeds so siek soos kan kom is nie, was daar boonop ‘n video daarvan gemaak en versprei.  ‘n Paar siek wetters is self nou naarstigtelik opsoek na die video.  Daar is orals sterk waarskuwings dat die besit en verspreiding van kinder pornografie ‘n ernstige misdaad is.  Baie kan nog daaroor gesê word. 

Ek het gistermiddag ‘n berig op die radio gehoor dat die meisie se ma van kindernalatigheid aangekla kan word.  Aan die eenkant was ek verbaas.  Ek meen ‘n 17 jarige is darem nou nie meer ‘n baba nie.  Aan die anderkant was ek nogal beindruk.  ‘n 17 jarige is tog immers minderjarig en moet as sulks nog teen hulleself beskerm word.  Op die punt het ek nie besef dat die meisie verstandelik gestremd is nie – glo met die verstand van ‘n 5 jarige.  Dit verander die storie ‘n bietjie. 

Maar dit laat my nogtans wonder.  As ouers tot ‘n mate vir die veiligheid en optrede van hulle tienerkinders aanspreeklik gehou word, sal dit nie ‘n goeie invloed op die samelewing hê nie.  Dit blyk dikwels dat die oomblik wat die kind oor die straat kan loop sonder om iemand aan die hand vas te hou, hulle op hulle eie genade oorgelaat word.  Ouers se verantwoordelikheid behels van daardie oomblik net om die nodige fondse te verskaf.  Sou dit nie genoeg vir die kind se smaak wees nie, kan hulle gou-gou in die eerste en beste mall dit aanvul. 

Dit is deesdae nie eers meer skokkend om te hoor dat meisies uit gegoede huise soms prostitusie werk doen nie.  Die misbruik van dwelms en drank is algemeen.  Ek hoor nou die dag dat selfs elfjariges seksueel aktief is, soos in dat hulle vermaak in seks vind.  Seks – gewillig of ongewillig – word dikwels verfilm en versprei.  Huislose mense word dood geslaan.  Ander kinders word tot selfmoord gedryf.  Daar is selfs ‘n geval waar iemand aan satan geoffer is.  Dit laat ‘n mens besef dat die wêreld wel ‘n bitter gevaarlike plek is.  En dat die booswigte nie net die hardebaarde is nie. 

‘n Tiener is wel die tussenproses tussen kind en volwassene, maar hulle kan nog nie as volwassenes behandel word nie.  Geen tiener kan byvoorbeeld ‘n kontrak aangaan of mediese behandeling (met die uitsondering van aborsies en voorbehoeding) kry sonder dat hulle ouers namens hulle teken nie.  Kan daar dan regtig van hulle verwag word om sonder grense hulle lewens na goeddunke te lei?

Ek wonder dikwels of dit ‘n uitvloeisel is omdat mense nie meer gesond stout kan wees nie?  Gesond stout is deesdae heeltemal aanvaarbaar (dus nie stout nie) of iets wat bloot net te gevaarlik is. 

Aan die ander kant, dalk is dit omdat waardes en ordentlikheid nie meer bestaan nie. 

Dink julle dit is regverdig dat ouers tot ‘n mate vir hulle tieners verantwoordelik gehou word?  Of is die ouerlike taak verby wanneer die kinders nie meer hulle hand wil vashou nie?

Breinvasbrand:  Wie is verlede jaar dood nadat sy in satanistiese ritueel geoffer is?

Breinlosbrand:  R8-33

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

19 04 2012
gerdajansen1

natuurlik is ouers verantwoordelik vir hule tieners se gedrag, veiligheid en welstand.

19 04 2012
Olga

kirsty theologo?
Daar het ek my nou uitgeteef oor die 17 jarige dogter. Ek stem saam, die ouer bly verantwoordelik vir hulle tienerkinds. Goed, die kind kan tot verantwoording geroep word vir sy / haar optrede. Maar ek as n ouer kan nog nie my hande was aan my volwasse kinders nie. Nie dat hulle my kop toe vat nie.

19 04 2012
demoerin

Ek dink dit is meer as regverdig dat ‘n ouer verantwoordelik gehou word. ‘n Ouer is verantwoordelik vir ‘n kind se opvoeding. Nie die skool nie. Nie die kerk nie. Nie ouma en oupa nie. Die ouer, vir sovêr daardie ouer nog asem haal. Die ander moet net dien as steunpilare. ‘n Ouer stel die voorbeeld van hoe goeie morele waardes ‘n sterk fondament is. Ek kan jou sê, daardie seuns wat so lekker lighartig die meisie verkrag het, kan bly wees ek is nie hulle Pa nie. Ek sal daardie crap uit hulle uitgebliksem het…..en seker gemaak word hy word nog opgesluit ook. Met die dat kinders nie meer ordenklike pak slae kry nie, lyk dit my hulle verstaan nie meer lekker van verantwoordelikheid en gevolge nie.

19 04 2012
Olga

Whoop whoop. . Iemand praat goeie, outydse PA.

20 04 2012
nats90210

Hoor hoor Demoerin!!

Ja ouers moet verantwoordelikheid vat vir hulle kinder! As jy hulle nie ordentlik kan of wil groot maak nie, moet jy die prys betaal!

Daai ouens wat die meisie verkrag het en ‘n video gemaak het moet sommer gehang word! Dis siek verby en hulle het geweet dis verkeerd! En om dinge erger te maak is sy verstandelik gestrem so sy was nog boonop ‘n sagte target! 👿 (nie dat dit saak maak nie, dit bly verkeerd) Ek is skoon naar om net te dink hoe bang en alleen sy moes gewees het!! Daai Ma beter hoop en bid sy het alles in haar vermoe gedoen om haar kind te kry – daars ‘n spesiale plekkie in hel vir sulke mense wat kinders mishandel!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: