Franse Week

30 07 2017

P1400757

Hiermee verklaar ek amptelik die week as Franse week.  Dit behels natuurlik dat ek elke dag iets sal moet gorrel.  Nie net gorrel nie, maar iets in die lyn van Frankryk.  Ek wonder of ek nog daagliks ‘n blog kan skryf?  Ons sal seker die week uitvind.

Daar word gesê:  “See Paris and die.”  Ek kon nog nooit die bekoring met Parys klein kry nie.  Dalk omdat dit die stad van liefde is, liefde is mos vir die voëls.  Hoe romanties kan ‘n mens nou in elk geval raak in ‘n vuil plek vol vuil en onbeskofde mense?  Mense wat boonop soos skoorstene rook, met wyn tande borsel (as hulle tandeborsel) en paddaboudjies vreet?  Alles vir ‘n hoop staal wat vir ‘n wêreld tentoonstelling gebou is en eintlik al lankal afgebreek moes geword het?

Nee, Frankryk was nog nooit op die lys van plekke gewees wat ek wou gaan sien het nie.  Buitendien was ek mos al in Parys sonder om in Parys te wees.  Ek het dalk net op die lughawe gewag vir my vlug, maar ek het nog steeds die Eiffel Toring deur die vliegtuig se venster gesien.  So ‘n hoop staal in die nag is nogal iets om te aanskou.  Punt is dat ek die Eiffel gesien het, dus was daar niks anders wat my Parys toe getrek het nie.

Die lewe loop egter soms vreemde draaie.  Toevallig moes ek Frankryk toe foeter en waarom dan nou nie ook toeris speel nie?  Wat het dit my in die sak gebring?

Eerstens het ek Frankryk baie meer geniet as wat ek ooit gedroom het ek sou.  Ek het eerlik geen idee waar die hulle sê hulle opvattings van Frankryk kry nie.  Die mense is nie vir my ongeskikter of vuiler as Suid-Afrikaners voorgekom nie.  Terloops, hoekom dink ons Suid-Afrikaners is so vriendelik?  Die diens is nie so sleg soos verkondig word nie.  Buitendien, hoe kan enige Suid-Afrikaner vinger wys oor vuil stede of dorpe?  Parys het my eerlik nie as vuil getref nie.

Ek sal nou nie sê dat my hart in Parys agter gebly het nie, maar ek sal beslis spring as ek die kans kry om terug te gaan.

Terloops, hoe het Afrikaans Paris Parys gemaak?

Breinvasbrand:  Wanneer word Bastilledag gevier?

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

31 07 2017
Aspaai

Goeie vraag ☺. Bes moontlik ons verworpe manier om hul uitspraak van die woord na te maak. Maar kan ongelukkig nie sê nie. Bastille dag was die 14 de Julie.

1 08 2017
Xena Phoenix

Die Franse en Engelse uitspraak van Paris verskil hemelsbreed. Ek vermoed dat ons dalk die Engelse weergawe gebruik het. Ironies, aangesien die Hugenote deel van die Afrikaners geword het.

1 08 2017
Aspaai

Waarskynlik ☺

31 07 2017
seegogga

Dis tog lekker in die straatjies van Mont Matre en croissants en lang franse brode en kunstenaars met keppies is mooi. Le sacre cour pragtig maar ja alles baie duur, ne. En ons wyn is eerlikwaar lekkerder.

1 08 2017
Xena Phoenix

Oe ja. Die Franse wyn . . . goedkoop en lekker. In elk geval die wat ons gekoop het. Sal nooit weer aan brood en kaas dieselfde dink nie.

1 08 2017
seegogga

Hoe lus kry ek nou!

31 07 2017
Stories Uit My Wereld

Dankie hiervoor. Ek is einde September daar… jy laat my beter voel oor die besoek.

1 08 2017
Xena Phoenix

Hi Stories. YouTube is jou vriend. Dit leer jou alles van hoe om die metro se kaartjies te koop tot ‘n paar broodnodige terme. 😉 Ek kan net byvoeg dat dit wys is om vooraf te bespreek waar jy kan. Almal spring ook om vroeg daar te wees voor die skares. Jy kry dan skares wat skares vermy. Laat middag is goed. Veral vir die Notre Dame, waar jy nie vooraf ‘n kaartjie kan kry nie. Nou ook nie te laat nie.

1 08 2017
Stories Uit My Wereld

Ons gaan met MSC Cruise. Met een dag in Parys.

31 07 2017
rondomtaliedraai

Lekker om jou te sien Welkom terug!

1 08 2017
Xena Phoenix

Dankie, dankie.

1 08 2017
selna

ghai paghee. ag lekker man. meskien eendag weer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: