Stories bederf

11 05 2017

story-image-e1415228963753

Wat is ‘n liefdesverhaal sonder melodrama.  Soos die jong meisie wat haar sieklike ma oorsee vergesel.  Hulle voete raak skaars Italië en dan beleef die ma ‘n terugslag.  Terug vlieg is nie ‘n opsie nie en daar is nie geld vir die operasie wat die ma dringend benodig nie.  Nadat die jong meisie ween oor hulle smart in ‘n park, ontmoet sy ‘n blinde baron (die boek is juis Die blinde baron van Susanna M. Lingua).  Die bied aan om vir die operasie te betaal as sy met hom trou.  Hy benodig glo die dienste wat net ‘n vrou vir hom kon gee, al is hulle net in naam getroud.  In elk geval, lang storie kort – die ma gaan dood, die vrou raak teen haar beterwete verlief, die baron sien weer en is gerieflik ook op die vrou verlief.

Ek het die boek op skool gelees, maar die ironie klap my al jare lank.  Om mee te begin, as ‘n reël kort ‘n mens reisversekering voordat jy ‘n visa kan kry om Italië (en meeste ander lande) toe kan foeter.  Dus, die kanse dat jy vir ‘n mal blinde baron moet bid as jy ‘n mediese krisis het, is maar skraal.  Kredietkaarte gee omtrent R10 miljoen versekering, jy kan dit teen ‘n minimale bedrag verhoog na R25 miljoen.  Standaard reisversekering dek omtrent R50 miljoen.

Ek moet dalk noem dat Lingua se storie ouer as ek is.  Ek is nie seker of ‘n mens destyds ‘n visa vir Italië benodig het en of reisversekering bestaan het nie, maar nogtans krap die storie aan my.  Julle ken mos teen die tyd al my klein brein.  Ek kan nie dink dat die hele gemors – bedoel storie – deur reisversekering verhoed kon gewees het nie.  Reisversekering wat verpligtend is, veral as jy met een voet in die graf en die ander op ‘n piesangskil is nie.  Dit is terloops ook die man met wie jy moet trou binne ‘n dag nadat jy hom ontmoet het.  Natuurlik net as hy ryk is, sy boedel aan jou bemaak het as hy by sy volle positiewe was en die piesang al begin gly het.

In elk geval, ek het ook al stories gelees van mense wat teen hulle sin in ‘n huwelik geboelie word (wat teen bladsy 100 nie meer teen hulle sin is nie, maar hulle trots hou gewoonlik tot bladsy 150) omdat hulle nie ‘n kaartjie huistoe kan bekostig nie.  Regtig?  Weereens ‘n visa vereiste in die meeste lande.

Nou het ek ten minste 20% van Afrikaanse romans vir julle met feite bederf.  Watter ander feite het stories al vir julle bederf?  Dink julle ek sal gepubliseer kan word met ‘n storie van ‘n meisie wat met ‘n ryk, sterwende markies trou en hy sterf gerieflik nadat hy ‘n wettige testament in haar guns bemaak het?  Helaas weet ek hopeloos te min van hofdramas af om die meisie haar fontein te laat behou.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

11 05 2017
seegogga

Vr
n romantiese droomverhaal, moet mense nie te realisitese feite erwag nie

11 05 2017
rondomtaliedraai

Mens moet dit maar dit sien vir wat dit is… net ‘n storie. Ek onthou ook doe het ons Barbara Cartland opgeslurp in my jong dae.

12 05 2017
sisdudu

eh bakietie. Eks hom nie net a storrie. is mosse ekke OK. die amerkin gekom hom by joeburg. gesien hom vir my, sisi dudu. auk bakietie. mos hy soekom trou vir dudu. mar nou winter hy kom hom by Amerika. sisi dudu gesê hom dar man is hom te koud by winter. sisi dudu gekom hom huis toe. by souf efrica.

13 05 2017
Olga

So Dudu, die koue het jou teruggejaag Suid Afrika toe? Njamanga, Sissie. Sies. Hulle somer is om die draai

13 05 2017
sisdudu

auk bakietie. Waar ek het gesê ek het hom nou eers gekom by souf efrica?eh ah ah. Eks hom lankal gekom. maar kom ons gesê ek het forgeet hom was in Amerika hom die huis van my man.

14 05 2017
Olga

Skusie man, ek moes nie net aangeneem het nie. Mis hy jou dan nie Dudu?

17 05 2017
sisdudu

ja hy seg hom hy mis virre my baie. ek het hom geleer om te eet him die putu. nou kan ek weer die impupu saamgevat.

13 05 2017
Olga

Daar sal verseker ‘n kind of tien uit die ruines van sy lewe spring om jou die erfenis te ontneem. Maar terwyl hulle ou sterwende papa hulpeloos en alleen was, het hulle geen behoefte gehad om hom as vader te eis nie. So spandeer maar sy geld voordat hy so tragies sterwe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: