As jy nie wil verdwaal nie, bly by die huis

31 07 2017

P1400587

Baie mense is vreesbevange dat hulle gaan verdwaal.  In ‘n vreemde land, in ‘n vreemde stad in ‘n vreemde taal . . . enige redelike mens kan daardie vrees insien.  Dit is genoeg om baie mense by die huis te laat bly.  Ander weier weer om ‘n voet te versit tensy iemand hulle hand gaan vashou buite die hotel.  Alles teen ‘n prys natuurlik.

My filosofie, as iemand dit wil hoor is, spandeer geld op goeie kos, lekker slaap en om elke nuuskierige sel te bevredig.  Nie op vrees nie.  Jy gaan verdwaal! Dit is deel van die pret om oorsee te gaan rondploeter.  Jy sal dit oorleef.  As jy nou regtig geskroef is, maak seker jy weet waar jou hotel is en dat jy genoeg geld vir ‘n taxi het.  Ek was nog nooit so erg verdwaal dat ek ‘n taxi moes nader hark nie.

Google maps is natuurlik ‘n wonderlike ding – as Google maps dieselfde uitgang as jy ingedagte gehad het.  Dit help natuurlik ook as jy vinnig genoeg ‘n straatnaam kan opspoor om jou met Google te koordineer.  Ongelukkig weet Google nie wanneer stasies gesluit is nie.  Google kan ook net ander planne maak as daar Wifi of iets dergliks is.  Dit help in elk geval net as Google die openbare vervoer kon uitpluis.

Dit geld natuurlik vir enige plek in die wêreld en nie spesifiek vir Frankryk nie.  Ek wil eintlik ‘n paar woorde sê oor die ‘ongeskikte’ Franse.  Ons het almal al gehoor om eers in Afrikaans jou saak te stel om die asprise Franse hulle Engels te laat onthou.  Ons het egter besluit om eerder ‘n sin of twee Frans te gooi en dan oor te skakel na Engels.  Selfs dit was nie eers nodig nie.

Toegegee, nie almal in Frankryk ken Engels nie.  ‘n Paar basiese terme gaan nogal ver en bedoel nou regtig die eerste 10 min van een beginner Franse les basies.  Nogtans is die mense nogal bereid om te help.  Ons het soms maar net verdwaald gelyk en iemand sou aanbied om te help.  Ironies genoeg was dit gewoonlik met Google Maps.

Die Metro is egter ‘n wonderlike ding.  As jy 5 minute spandeer om dit uit te pluis, gaan jy kort voor lank soos ‘n plaaslike inwoner rondrits.  Jy gaan kom waar jy wil wees wanneer jy daar wil wees.

Breinvasbrand:  Wat is die geldeenheid in Frankryk?

Breinlosbrand:  Aspaai was reg met 14 Julie.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

31 07 2017
travel460

Baie goeie raad…leer ń paar basiese sinne, en spring in!

1 08 2017
Xena Phoenix

. . . en hoop dat jou verwronging van die taal nie in iemand se gesig vroetel nie.

31 07 2017
seegogga

euro? ja je temme!

31 07 2017
seegogga

of je taime ? sp?

1 08 2017
Xena Phoenix

Nee Gogga, jy weet mos ek doen nie liefde nie. 😉

1 08 2017
seegogga

ah maar mens is darem die lewe lief, ne!

2 08 2017
seegogga

Maar dis al Franse woorde wat ek kon onthou!

31 07 2017
Olga

Nee wat, die oorsee rondritsery vra vir een van twee goed waarvoor ek baie bang is, Hoogte soos in die errieplyn of die oneindigesee wat seesiek sal insluit. Dankie. Terra firma vir my. met Nelspruit, Hazyview, Tzaneen, Piet Retief, Pongola, Potgietersrus en Pretoria as ek verveeld raak om in die pispot vis te vang. Jy kan bly wees daardie spul paddavreters is nie soos Suid Afrikaners nie. Anders het hulle jou opgevreet. Wat het jy saamgebring? ‘n Swart beret of nog die kunstenaar daar onder ook???

1 08 2017
Xena Phoenix

Dan moet jy nog na ‘n plek gaan wat vol waterbuses of taxi’s is. 😉

Ek het foto’s en herinneringe gebring.

1 08 2017
Toortsie

Euro. Ja man, verdwaalstories vertel die lekkerste! Gelukkig het my man rigting soos ‘n mier.

1 08 2017
Xena Phoenix

Jy laat my dink . . . ek was op ‘n keer met ‘n kollega oorsee. Ons deel toe op ‘n stadium ‘n paar staaltjies van ons tyd daar. Iemand vra ons toe grootoog of ons nie verdwaal het nie. Sy het amper van haar stoel af geval toe ons antwoord “‘n Paar keer per dag.” en net ons skouers daaroor optrek.

1 08 2017
Olga

Verbaas my ook dat jy verdwaal. Ek het al gedink jy het ‘n ingeboude gps en ‘n kompas ook.

2 08 2017
seegogga

Ek stem die lekkerste is daarfie verdwaal avonture

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: