Die aanvang van tegnologiese gestemdheid

13 01 2014

Almal weet dat die beste gebruiksaanwysings van enige selfoon ‘n 12 jarige is.  Siende dat ek die ewige 12 jarige is, was selfone nog nooit die vyand nie.  Ek kan ‘n selfoon vat en daarmee doen wat ek daarmee wou doen.  Dit is ‘n masjientjie met knoppies en ek kon nog altyd die knoppies uitpluis.

Na die naweek reken ek egter dat die skrif teen die muur is.  Daar is een van twee moontlikhede:  ek het iewers onbepland 13 geword of die moderne selfone kort ‘n 7 jarige om die uit te pluis.

Ek het onlangs ‘n nuwe selfoon gekry.  Ek het die selfoon se battery eers volgelaai en toe die selfoon na my smaak ingerig.  Die data is van die internet afgetrek en my gunsteling toepassings gelaai.  Geen probleem nie.  Behalwe die Operamini toepassing.  Ek kon doodeenvoudig nie die Terme en Voorwaardes aanvaar nie.  Die “muis” wou dood eenvoudig nie oor die “aanvaar” knoppie kom nie.

Dit grens aan ‘n doodstraf oortreding vir ‘n selfoon.  Ek het geen nut vir ‘n selfoon wat nie Operamini kan gebruik nie.  Al die ander funksies is net ‘n bysaak.  Ek het al die amptelike en nie-amptelike pogings probeer om die die goed aanvaar te kry.  Wel, alles behalwe om die splinternuwe selfoon teen ‘n muur in ‘n 1000 stukkies te gooi.

Daar was geen ander genade.  Iets het my vertel die selfoon is in ‘n goeie werkende toestand, maar ek kon nie uitpluis wat ek verkeerd doen nie.  Terloops, van wanneer af kom daar nie meer iets soos gedrukte gebruiksaanwysings saam met selfone nie?  Nie almal het ‘n 7 jarige wat voor die televisie spinnerakke versamel nie.  Ek het my trots in my sak gesteek en afgesit na die naaste selfoon winkel.

Die mannetjies by die deur kon ook nie hondhaar afmaak nie.  Daar word ek na die tegniese afdeling verwys.  Dit is nie die deel van die winkel waar selfone reggemaak word nie.  Nee, dit is die deel waar hulle jou wys watse knoppies jy nou eintlik moet druk om jou selfoon te laat werk.

Kan julle glo, daar is ‘n ry vir die mense wat nie weet hoe hulle selfone werk nie.  Uiteindelik kom ek voor en ek beskryf wat die krisis is.  Ek wys die mannetjie presies wat ek ervaar.  Daar steek hy ‘n vinger uit en “Whoops!”.  Alle terme en voorwaardes is aanvaar.  Nadat ek my kaak van die grond opgetel het, kon ek die outjie vra wat het ek verkeerd gedoen het.

“It is a touch screen, Ma’am.”

Regtig?  Niemand kon ‘n stukkie papier insit wat my vertel dat my foon ‘n touch screen en sleutelbord het nie?

Breinvasbrand:  Watter jaar is Samsung gestig?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met die kind.


Aksies

Information

19 responses

13 01 2014
seegogga

Ha! Ek het weer so geukkel om ‘n oproep geantwoord te kry. Ek tik en tik die groen knoppie, maar die ding hou net aan met lui! Toe vind ek mos uit jy moenie die touch screen touch nie, jy moet hom swipe! nou is ek nogal mal oor my ou samsunkie.( samsungkie, samsung’tjie, samsung-tjie?)

14 01 2014
Klip

My saamsing het my amper n traantjie laat pik. Fire hom op soos n wafferse pro, en vergeet van al die verskuilde auto updates, en n R1000 rand verder gebruik ek hom nou net vir n oproep of twee.

14 01 2014
Toortsie

Ek hoop jou Wifi is altyd aan….😉

14 01 2014
Son

😆 😆 Touch screen SAAM MET keyboard is nie aan te bevele nie. Ek het nogal pret gehad met een.

14 01 2014
Klip

Ek gebruik nou maar my foon om musiek videos te kyk . Sit nou die dag in n koffiewinkel en dink ek moet die wifi ding probeer, toe kry ek net die boodskap dat die internet toegang baie stadig is, my saamsing het nog nie veel vir my gedoen nie, maar ek kan nou al amper saam praat ……….

15 01 2014
Olga

he he he. Het slim sy miesies gevang? Ek neem lankal nie meer ‘n selfoon uit ‘n winkel voordat Poppie of Thabo my nie in detail alles gedemostreer het nie. Nadat die “set up” kompleet is, vat ek die selfootjie en speel verder om uit te vind wat kook.

1938?

15 01 2014
Olga

Btw, ek vind ‘n touchscreen ‘n verpesting. Tog het ek al my 2de touchscreen.

15 01 2014
Klip

Ek kan darem nou die syfers en letters beter sien. Ek bel ook eerder voor ek n SMS, whatsup of BBM stuur

16 01 2014
Olga

Ek whatsapp, bbm of sms eerder. Dan hoor ek niks maar kan elke woord lees of ontsyfer.

16 01 2014
Selene Phoenix

Ek haat ‘n touch screen om boodskappe te tik… moet dit soos 4x keer oordoen! Nie gedink ek sal dit ooit sê nie, maar ek mis my Blackberry met sy BIS… Samsung (soos Klip sê) is duur as jy nie weet waar om wat af te sit nie!

16 01 2014
JWW

Ek is al op my 3de taatsssh skrien foon, en ek geniet hom baie, maar moes ook maar gereeld op goegel gaan vra wat de moer gaan vir wat somtyds…

17 01 2014
Skoor

Nee o donir. Ek dog ek is simpel soms maar flippet, dis oor jy so mooi als beduie in afrikaans (toepassings…..i mean hello and wow!) dat jy nie toe kliek touch screen beduie vat aan my lyf en streel oor my kurwes nie! jy wil net loop druk-druk soos een wat ‘n perske toets op ‘n winkelrak!

26 01 2014
Toortsie

Ek wonder nou: Het jy nou so tegnologies gestremd geraak dat jy nie eens meer kan blog nie?
Wonder net.
Jammer.
Maar regtig. Wat het van die Merrie geword wat ons almal op die tone gehou het? As dit 10 vm was en ek het nog nie gepost nie, was ek aangepraat. tsk. tsk tsk …. waaaar is sy? en die heks en al?

27 01 2014
Olga

Vra daai ding Toorts. Vra daai ding.

27 01 2014
Toortsie

Olga, wonder jy ook wat van hulle geword het?

27 01 2014
Olga

Seker geskors. Dit gebeur deesdae ook mos met 12 jariges Toorts. Belaglik. Dink ek moet my saambok sambring blogland toe en die merrie, heks, die 2ling, die 3ling, die ma, die ouma, die oom almal van daardie dak af looi. DAlk moet jy en Klip saamkom. Ek het swepe ook. As die ouma se ossewa daar is, maak ons ‘n kabel aan die dak stutte en ossewa vas, jy en Klip kou aan die voorosse se sterte en ons bring die hele boksemdaais en kaboedel terug aarde toe.

29 01 2014
KlipKlip

Ja nee ons mis die merrie………..waar’s die tyd toe 700 kommentare op een inskrywing gemaak is???

Is daar nie dalk in hings wat rond trippel nie????

29 01 2014
Olga

Moet dan die b.*&%$ gaan aankeer en ‘n reun maak net om wraak te neem vir die twee jaar se afskeep.

29 01 2014
seegogga

Ek het laaankal gewonder oor die merrie wat so skaars is. En die nuusflitse van Selene het toetentaal verdwyn- en nou weet ke nie meer wat in die wereld aangaan nie. moet ‘n hings of so-iets wees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: