Madame Tussaud

5 09 2010

Ons het al almal van die Madame Tussaud se Was Museum gehoor.  Daar is seker al van ons wat die museum besoek het en van ons wat nog beplan om eendag die toue en uitbuiting aan te durf om dit self te gaan ervaar.  Baie bekendes wag in spanning vir hulle dag in die museum en hoop dat hulle darem ‘n paar jaar land gaan hou.  Maar wie was Madame Tussuad in elk geval?

Anna Maria Grosholtz is op 1 Desember 1761 in Strasbourg, Frankryk gebore.  Haar ma moes in Berne as ‘n huishoudster gaan werk het om hulle te onderhou.  Anna se pa is twee maande voor haar geboorte in die 7 jaar oorlog dood.  Om een of ander rede het Anna as Marie bekend gestaan.  Sy en haar ma het Switsers geword.  Haar ma se werkgewer was  Dr. Philippe Curtius, ‘n mediese dokter.  Curtius het dikwels was modelle gemaak om anatomie te doseer.  Curtius het later ook mense se gesigte van was gemaak.

In 1765 het Curtius na Parys getrek om aan sy eerste wasuitstalling te begin werk.  In 1767 het Marie en haar ma weereens by hom aangesluit.  In 1770 het Curtius sy eerste uitstalling gehad wat dadelik baie gewild was.  6 jaar later het die uitstalling na die Koninlike Paleis geskuif.  Een van Curtius se uitstallings was  Madame du Barry, ‘n minnares van Louis die 15de.  Dit word tans nog steeds uitgestal.  In 1782 het Curtius sy twee uitstalling geopen wat ‘n voorloper was vir die huidige Kamer van Verskriking (Chamber of Horror) van Boulevard du Temple.

Marie het ‘n handjie by gesig vir Curtius en gou-gou talent getoon.  Hy het haar geleer hoe om die wasbeelde te maak.  Van haar aanvanklike beelde sluit as Voltaire en Benjamin Franklin in.  Sy het in 1780 ook kunsklasse vir Louis se suster gegee.    En toe gebeur die Franse Revolusie.  Marie het onder andere Napoleon Bonaparte en Robespierre met die hand gegroet. 

Marie was saam met Joséphine de Beauharnais (Napoleon se eerste vrou) gearresteer tydens die revolusie.  Sy sou ‘n gas van Madame Guillotine word, maar is begenadig omdat Collot d’Herbois ‘n groot aanhanger van Curtius was.  Die koppe van 2 van Curtius se beelde was immers ook gebruik gewees vir ‘n protes optog twee dae voordat die Bastille aangeval is.  Marie het na haar vrylating werk by die revolusioniste gekry.  Sy moes die doodmaskers van die slagoffers van die Guillotine maak.  Dit het die lede van die koningshuis ingesluit.  Die maskers is as trofees deur Parys geparadeer. 

Curtius is in 1794 dood en hy het al sy werke aan Marie agtergelaat. 

Marie het in 1795 getroud met François Tussaud en hulle het saam twee seuns gehad.  In 1802 vlug Marie met haar jongste seun, toe 4 na Engeland.  Sy was nie meer welkom in Frankryk gewees nie en het met haar uitstalling in Britanje en Ierland getoer.  Haar ouer seun het eers 20 jaar later by hulle aangesluit.  In 1835 het sy haar eerste permanente uitstalling in Bakerstreet gehad.  In 1842 het sy ‘n selfportret gemaak wat nog steeds voor die ingang van die museum staan.  In 1850 het Marie in haar slaap dood gegaan.

Haar kleinseun was in 1883 genoodsaak gewees om weens stygende kostes die museum te skuif na waar dit vandag nog staan.  In 1889 is die museum aan ‘n groep besigheidsmanne verkoop gewees.  Een van die kunstenaars, Edward White, was toe laat gaan om kostes te spaar.  Om wraak te neem het hy ‘n briefbom aan John Theodore Tussaud gestuur. 

Daar is vandag nog van Madame Anna Maria Tussaud se werke in Madame is Tussauds.  Duidelik het sy werk van uitstaande gehalte gelewer. 

Breinvasbrand:  Wie was Madame Tussuad se eerste wasbeeld?

Breinlosbrand:  Nell was reg met “The origin of Species”.


Aksies

Information

10 responses

5 09 2010
Olga

Voltaire

6 09 2010
Wille Kjind

Eerste! :mrgreen:

6 09 2010
olga

skelm!
1
2
3
blok vir wk,

6 09 2010
Girl van die Suburbs

Alas… Hulle wou ‘n beeld van girl maak… maar ek het gevoel die tyd is nog nie reg nie… :mrgreen:

6 09 2010
Xena Phoenix

Ek het ja gesê toe hulle my nader, maar helaas was daar nie genoeg was in die wêreld vir my kop nie.

6 09 2010
demoerin

Cool, dankie. En daar leer ek weer iets!
Is daai kiekie van haar wasmodel? Kannie onthou dat ek dit gesien het nie? Maar ja, ek was te besig om saam emt my pelle oral stil te staan in swakbeligte hoekies. Bwahahaha, dis snaaks as die mense so voor jou kom staan en probeer uitfigure wie jy nou eintlik is… en of jy ‘n wasbeeld is! Dit was groot pret.

6 09 2010
Xena Phoenix

😆 😆

Gee jy my ‘n paar idees.

Ek neem aan dit is haar wasbeeld, maar sal nou nie geld daarop verwed nie.

6 09 2010
Jayde

More more

6 09 2010
Selene Phoenix

Hello julle!

Jippeee ek kan actually sê ek was al daar! 🙂

Toe ek daar was, was haar was beeld nie voor nie, maar heel laaste saam die history en hoe ‘n was beeld gemaak word ens ens.

Maar ek moet sê ek het dit baie geniet! Die scary gedeelte was glad nie cool nie – ek was regtig egtig bang!!!

6 09 2010
Xena Phoenix

Grasgroen hier.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: