Saartjie

13 09 2011

In Suid-Afrika het ons ons deel van kleurvolle karakters gehad.  Karakters wat die verbeelding aangegryp het en wat na dekades en selfs eeue nie vergete is nie.  Wat kan daar gesê word van ‘n jong vrou wat deur die wêreld misbruik en verneder is?  Seker nie veel nie, dit gebeur vandag nog sonder dat iemand ‘n snars omgee.  Dit is basies wat met Saartjie Baartman gebeur het en ek dink elke Suid-Afrikaners is deeglik bewus van haar bestaan.

Saartjie is vermoedelik in 1789 in as deel van die Griekwa staam aan die Oos-Kaap gebore.  Haar familie het toe sy ‘n kind was Kaapstad se kant toe getrek waar hulle arbeiders op ‘n plaas was.  Dit is waar sy William Dunlop ontmoet het as ‘n 20 jarige nie.

Julle weet seker almal dat Saartjie nogal geseën was met stêrre wat nogal baie agterbaks was.  Sy het boonop ook buitengewone groot  . . . e . . .  lippe (labia) gehad.  Dunlop het haar oortuig om saam met hom te gaan, waar sy gebruik sal word om Wetenskap te bevorder en waar hulle saam skatryk sou word.  Soos baie ander vroue het sy soos ‘n klip vir die stories geval.

Die navorsing wat gedoen kon word, was redelik vinnig afgehandel.  Saartjie is toe – soos baie ander mense met afwykings in die tyd – op ‘n verhoog aan die betalende publiek ten toon gestel.  Haar oppasser sou haar kaal op die verhoog lei en haar dan laat optree soos ‘n goed afgerigte dier.  Sy moes sit, dans, spring en dans soos hy haar voorgesê het.  Saartjie was veronderstel om 50% van die winste te kry, maar dit het natuurlik nie so uitgewerk nie.

Na 4 jaar is sy na Parys, waar daar daar wel ‘n paar artikels oor haar buitegewone voorkoms geskryf is.  Die fokus van die artikels was van hoeveel beter Europeërs as die res van die wêreld is.  Saartjie het in Frankryk deel van die sirkus geraak, waar sy weereens soos ‘n dier ten toon gestel is.  Sy was ook die inspirasie vir ‘n opera getiteld:  “The Hottentot Venus”.

Op 1 Januarie 1816 is sy vermoedelik aan longontsteking dood.  As ek nou so vinnig uitwerk, lyk dit amper of sy die stigterslid van die tragiese Klub 27 kon wees.  Sy was ten tye van haar dood ‘n alkoholistiese prostituut – nie dat enige redelike mens haar daarvoor kan verkwalik nie.  Daar was self nie eers in die dood vir haar waardigheid nie, sy is binne 24 uur opgekerf en haar geslagsdele en brein is geperserveer.

In 1994 het Suid-Afrika begin met die proses om haar oorskot terug te bring na haar geboortegrond.  Daar moes in Frankryk inderwaarheid aan wetgewing gekarring word om dit moontlik te maak.  Baie mooi bewoord, sodat dit net op haar van toepassing kan wees.  Sy het in Maart 2002 weer in Suid-Afrika gekom en is op 9 Augustus dieselfde jaar tot ruste gelê.

Eintlik ‘n baie hartseer storie en ‘n baie tragiese figuur.  Daar kan dalk gesê word dat die mense destyds nie van beter geweet het nie.  Ons kan egter nie vandag agter daardie verskoning skuil nie.  Daar word vandag nog skandalig opgetree teenoor mense wat anders as die verwagte is.  Dalk is dit weereens die vrees vir die onbekende of dalk net ‘n manier om eie waarde te verhef.

Sal “anderste” mense ooit netso aanvaar word, al voldoen hulle nie aan die samelewing se standaarde nie?

Breinvasbrand:  Wat word die toestand van ‘n abnormale groot vetlaag op die boude, soos wat met Saartjie die geval was, genoem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met LM Radio.





Who will live forever?

1 08 2011

Tannie Gypsy is beswaard oor die ophef wat oor Amy Winehouse se dood gemaak word.  Winehouse is nie die eerste verskietende ster wie se loopbaan deur haar dood ‘n stewige fondament gelê word nie.  Sy is nie die enigste beroemde wat haar aan dwelms vergryp het nie en wie se morele waardes ‘n bietjie veel te wense laat nie.  Om eerlik te wees, dit is soort van te wagte van almal wat groot naam maak.  Diegene wat al probeer het om ‘n skoon lewe te lei was deur die media bespotlik gemaak.

Daar word dikwels gepraat van die koning van dit en die prins van dat.  Elkeen wat kraai op sy eie mishoop.  Niemand kan egter betwis dat daar net een Queen was nie en om hom te gaan onttroon, sit nie in enige een se broek nie.

Farrokh Bulsara is in 1946 in Stone Town, Zanzibar gebore.  Hy het jong seun in Indië skool gegaan, voordat hy as ‘n tiener na Engeland verhuis het.  Hy het op kosskool begin om eerder die naam Freddy te gebruik.  Hulle het in Middlesex gewoon, waar hy kollege toe is.  Nadat hy sy diploma behaal het, is hy na Kensington, London.  Daar het hy tweedehandse klere verkoop, ‘n klompie groepe gevorm wat later gevou het en selfs deeltyds op Heathrow Lughawe gewerk.

Dit was tot April 1970, toe hy vir Brian May en Roger Taylor van die groep Smile ontmoet het.  Hy het saam met hulle ‘n groep begin en hulle met moeite oortuig om die groep Queen te begin.  Brian en Roger het nie gedink dit is die naam wat vir meisies gaan werk nie, maar hy kon hulle oortuig het dat dit snaaks sou wees.  John Deacon het as baskitaar speler by hulle aangesluit.  Freddy het ook in die tyd sy van verander na Mercury.  In 1975 het hulle die wêreld getref met Bohemian Rhapsody, wat vandag nog as een van die beste liedjies ooit beskou word.

Freddy se oorspronklike rol in die groep was hoofsanger en om die klavier te speel.  Hy het ook soms die kitaar getokkel.  Hy kon toertjies met sy stem uithaal wat menige mense hom beny het, maar het nie veel van sy eie vermoë met die instrumente gedink nie.  Volgens hom het sy kitaar net 3 akkoorde geken en hy het die klavierspel aan diegene wat dit beter as hy kon doen.  Dit het hom vrygelaat om te doen wat hy die beste kon doen.  Sing en die gehoor betower.  Sy; ekskuus, hulle; optrede by Live Aid in 1985 word as een van die beste lewendige optredes in die geskiedenis van rock gesien.  Die mense het soos een man saam gesing, hande geklap en gewieg.

Glad nie sleg vir ‘n man wat skaam en terughoudend was nie.  Ten spyte vir die flambojante gedrag waarvoor hy op die verhoog onthou word.  Hy was ook glad nie lief daarvoor om onderhoude toe te ken nie en was meestal baie privaat.  Tog het sy private lewe maar ook uitgelek, en behalwe vir die siekte gerugte, het hy nie juis moeite gedoen om dit te ontken nie.

Volgens Freddy:  “I am as gay as a daffodil, my dear.”  Mary Austin was volgens hom die liefde van sy lewe en sy enigste ware vriend.

Hy het in 1985 nog gereken dat Mary so goed as sy vrou is en sy het ook al vertel dat sy haar verhouding met Freddy as ‘n huwelik sien.  Dit was na ‘n verhouding met ‘n ander vrou.  Tog was hy een keer kort voor ‘n onderhoud betrap in ‘n kamer vol jong mans – met geen reine bedoelings nie.  In 1985 het hy ‘n verhouding met Jim Hutton.  Is dit net ek, of lyk hulle nogal soos ‘n tweeling?

Freddy was nie ‘n Christen nie, hy was blykbaar ‘n Zoroastrianis soos sy familie.  Ek het al gelees dat Freddy partytjies gehou het waar kaal dwergies kokaien op ‘n silwer skinkbord bedien het.  Hy het in 1986 sy gat aan die VN se kulturele boikot afgevee en in Sun City kom optree.  Toe hy gevra was hoekom, het hy bloot net vertel dat hy baie geld daar kon gemaak het.  Ek verstaan amper een van die konserte was gekanselleer.  Dan het hy nog die grootste sonde van die 80’s begaan.  Freddy het vigs gekry en is later daaraan dood.

Groot onheile van die 80’s en met die wat sy kwyende gesondheid hom van die verhoog afgehou het, het sy gewildheid ook maar afgeneem.  Hy is op 24 November 1991 dood, maar net ‘n dag nadat hy erken het hy wel vigs het.  Interessant genoeg wat Hutton ook MIV positief, maar hy is in 2010 aan kanker dood.  Hutton het beweer dat Freddy dood is met sy trouring aan sy vinger, maar hy het net £500 000 aan hom oorgelaat.  Sy familie en verskeie werkers het ook hulle deel gekry, maar Mary Austin was sy hoof erfgenaam.  Sy bly vandag nog in sy huis en is blykbaar die enigste een wat weet wat van sy as geword het.

Die jaar na sy dood het Queen se gewildheid drasties toegeneem en dit het in album verkope gewys.  Queen is een van 7 groepe / kunstenaars wat meer as 300 miljoen plate verkoop het.  Vandag, amper 20 jaar na sy dood is hy nog steeds baie gewild, selfs onder mense wat nie eers gebore is toe hy dood is nie.  Soos my suster sê  – almal is ‘n Freddy aanhanger.

Vraag is of hy dieselfde volgelinge sou gehad het as hy vandag ‘n siek en ou sanger was?  Ek twyfel.  Sy dood het hom die ewige ikoon gemaak.

Breinvasbrand:  Wie het die Queen Wapen ontwerp?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Piggly Wiggly.





Al Debbo

13 07 2011

Al Debbo is eintlik ‘n bietjie voor my tyd gewees, maar ons het Brakke van Turfontein en Hasie op plate by die huis gehad.  Liedjies wat baie vermaklik is vir enige kind en enige grootmense wat optree soos kinders. 

Al Debbo is in 1924 in Bloemfontein gebore, nadat sy pa vroeër uit Libanon geëmigreer het.  Die Debbo’s was eintlik winkeliers, maar Al het homself as ‘n ambagsman bekwaam.  Gou-gou was hy tuiser op die verhoog gewees en teen 1948 het hy sy buiging as akteur gemaak.

Op 13 Julie 2011 is hy in ‘n hospitaal in Bloemfontein dood.  Hy was onlangs vir ‘n longkwaal opgeneem, maar is aan hart versaking dood.

Nog ‘n interessante karakter wat vir lank onthou sal word.





Vir Roem en Glorie

13 06 2011

Daar is mense wat enige iets sal doen vir 5 sekondes vir roem.  Kyk net na die eiers wat so graag op Oprah gaan vertel hoe sleg hulle lewe is.  Nie eers vir Oprah se hele koninkryk en volgelinge sal ek my naam so vergat nie.  Ek wonder dikwels of die talkshows nie mense huur wat dink hulle kan toneelspel nie.  Helaas hou dit nie daar op nie.  Kyk gerus na al die aandagsoekers wat vir realiteits televisie inskryf.  Sommige met geen ander doel as om hulle self te verneder nie.  Hoekom anders wil jy aan iets soos Big Brother deelneem of Idols probeer terwyl jy voor jou siel weet jy kan nie sing nie?

Die mense is seker maar die onskuldiges.  As hulle nie omgee vir eier op die gesig nie, kan ‘n mens hulle nie verkwalik nie.  Hulle gaan nooit juis verder as hulle oomblik op TV kom nie.  Dalk put hulle soveel genot uit die DVD dat hulle baie gelukkig sal sterwe.  Daar is ander met ambisies om die wêreld oor te neem en gewoonlik eers ‘n paar 1000 mense dood voordat hulle tot orde geroep word.  Ander wil hulle name teen enige koste in die geskiedenis verewig.  Al moet hulle dan ook iemand vermoor.  Dan is daar die wat probeer en net mooi niks vir hulle moeite kan wys nie.  Soos Marcus Sarjeant.

Sarjeant is in 1964 naby Kent gebore.  Hy het aanvanklik probeer om by die lugmag aan te sluit, maar na 3 maande het hy opgeskop.  Daarna was hy weermag toe en dit het nie eers ‘n dag gehou nie.  Geen wonder dat die brandweer en die polisie besluit het om eerder verby te hou.  Nadat hy nie ‘n diener van die kroon kon word nie, draai hy toe maar teen die Kroon.  In 1980 (op 16 jarige ouderdom) sluit hy toe ook by die Anti Koninlike Beweging aan.

Nie juis dat dit hom nou gewild of ten minste net bekend gemaak het nie.  Sarjeant het wel koerant gelees en het daar ‘n kans of twee gesien vir roem.  Mark David Chapman het skielike roem gekry nadat hy John Lennon op 8 Desember 1980 dood gemaak het.  Op 30 Maart 1981 het ene John Hinckley vir Ronald Reagan uit die lewe uit probeer help.  Op 13 Mei 1981 het Mehmet Ali Ağca probeer om die Pous dood te maak.  Al wat Sarjeant moes doen is om iemand van belang te skiet waar niemand dit sou verwag nie.  Wie beter as Koningin Elizabeth II?

 Sarjeant het eers probeer om ‘n lisensie en ammunisie vir sy pa se vuurwapen te kry.  Toe dit nie werk nie, koop hy toe vir homself twee afset pistole wat soos Colt revolwers gelyk het.  Hy wou seker maak die mense weet van hom.  Hy het twee briewe vir tydskrifte gestuur, een met ‘n foto van hom self.  Hy het selfs ‘n persoonlike brief aan die koningin gestuur met sy voorneme.

Die Koningin het destyds blybaar gereeld op perd gespring vir parades.   Soos op 13 Junie 1981 tydens die Trooping of Colour.   Sarjeant  het haar ingewag en 6 skote op haar afgevuur.  Haar perd het mal gegaan, maar sy kon die dier en haarself vinnig onder beheer bring.  Die wagte het ‘n muur om haar gevorm en Sarjeant is binne sekondes aangekeer.  Hy het haar met “blanks” probeer skiet.

 Sarjeant is vir hoogverraad aangekla en is vir 5 jaar tronk toe gestuur.  Na 3 jaar is hy op 20 jarige ouderdom vrygelaat.  Hy het sy naam verander en niemand het ooit weer van hom gehoor nie.

Alles vir niks.  Seker bang hy bly bekend as Mamparra van die eeu.

Ken julle mense wat alles vir roem sal doen?

Breinvasbrand:  Wie was HF Verwoerd se sluipmoordenaar?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1930.





Belle Gunness

6 04 2011

In Chicago hak Matron Mama Morton af met:  “In this town, murder’s a form of entertainment.”  Ek dink dit is ‘n tipe vermaak waarvoor Suid-Afrikaners al – om dit liggies te stel – gatvol is.  Dit gebeur net te veel, sommer net vir die lekker.  Nogtans word ons nog steeds deur kleurvolle moordenaars gefassineer.  Hoekom?  Is dit vrees, walging of dalk die die potensiele moordenaar in elkeen van ons? Dalk is dit omdat van die moordenaars goeie stories word en die mens was nog altyd gefassineer deur die onbekende.

Belle Gunnes is seker een van die raaiselagtigste reeksmoordenaars van alle tye.  Die motief vir haar moord was gewoonlik geld.  Teen die einde was daar bereken dat sy ongeveer $250 000 uit haar moorde “gemaak het – dit sou in 2008 ongeveer $6.3 miljoen gewees het. 

Gunnes is op 11 November 1859 in  Sør-Trøndelag, Noorweë gebore.  In 1877 het Gunnes swanger na ‘n dans gegaan waar sy in die loop van die aand deur ‘n man in die maag gekoop.  Sy het die baba verloor en die man het skotvry gekom.  Haar persoonlikheid het glo drasties op die punt verander.  Die skopper is kort daarna dood aan maagkanker en in 1881 het Gunnes na Amerika geëmigreer. 

In 1884 is sy met Mads Ditlev Anton Sorenson getroud en hulle het 4 kinders saam gehad, sowel as ‘n ouer aangeneme dogter.  Hulle het ‘n klein bakkery gehad, wat nie baie suksesvol was nie.  Dit het afgebrand en die paar het genoeg van die versekering gekry om ‘n ander huis te kon koop.  Hulle jongste twee kinders is as suigelinge aan akute colitis dood.  Die simptome sluit naarheid, koors, maagwerk en laer maagpyn in, wat baie ooreenstem met die simptome van vergiftiging. 

Sorenson is 1900 dood. Die een dokter het bepaal dat hy aan strignien vergiftiging dood is, maar hulle huisdokter het volgehou dat hy ‘n vergrote hart gehad det wat tot sy dood gelei het.  Die owerhede het bepaal dat sy dood nie verdag was nie en – teen sy familie se wense – geen nadoodse ondersoek was gedoen nie.  Sy het $8500 van die versekeraars na sy dood gekry.

Haar tweede man was Peter Gunness, ‘n slagter van La Porte met wie sy in 1902 getroud was.  Hulle het op Gunnes se huis in La Porte gebly wat voorheen ‘n bordeel was.  Op die grond het sy ook met varke geboer.  Peter was ‘n slagter van beroep en daar word gemeen dat hy Gunness geleer het hoe om te dissekteer.  ‘n Week na hulle troue, het sy baba dogtertjie raaiselagtig gesterf terwyl sy alleen saam met Gunness in die huis was.  Peter is later dieselfde jaar dood nadat ‘n worsmaker op sy kop geval het.  Gunness het $300o na sy dood gekry en sy broer het sy oorlewende dogter kom haal.

Intussen het Jenni Olsen (toe 14), Gunness se aangeneme dogter aan ‘n vriendin vertel dat haar ma haar pa doodgemaak het.  Sy was voor ‘n jurie gedaag en het toe alles erken.  Sy het in 1906 verdwyn, volgens Gunness is Jenni na ‘n bekende afronding skool gesteel. 

Gunness het Ray Lamphere aangestel om haar op die plaas te help.  Sy het haarself ook in ‘n hoekie vir eensames geadverteer vir mans wat net so welaf soos sy was.  Sy het daarop aangedring om hulle te ontmoet en het gewoonlik ook ‘n storie gehad oor haar verband wat agter was.  Die mans het tussen $1000 en $32 000 aan haar gegee om die plaas te behou.

Intussen het Lamphere ongeduldig begin raak en Gunnes het hom in 1908 afgedank.  Gunness het ‘n paar keer by die polisie oor hom gaan kla en het self onsuksesvol probeer om hom kranksinnig te verklaar.  Lamphere is in 1908 deur Joe Maxon vervang.  Skaars 3 maande later het Maxon een oggend wakker geword toe hy rook geruik het.  Hy het net-net ‘n vlammedood ontsnap.  Die polsie het wel drie ander lyke gekry.  Een van ‘n onthoofde vrou en twee dogters by haar.  En Gunness was weg.

Lamphere is van moord aangekla.  Tydens sy verhoor het dit uitgekom dat die onthoofde vrou ‘n huishoudster was wat Gunness kort voor die brand gehuur het.  Die polisie het bepaal dat die erg verbrande lyk van die vrou ongeveer 1.61 m lank was, terwyl Gunness 1.73 m lank was.  Haar tand krone is ongeskende gekry, terwyl die vuur fel genoeg was om goue juwele te laat smelt. 

Maxon het intussen vir die polisie vertel dat hy die ongelykte oppervlakte van die varkhok moes gelyk maak.  Die polisie het gaan grawe en die een lyk na die ander uitgehaal.  Onder andere die lyk van Jenni Olsen, twee ander kinders en die mans wat vir Gunness kom kuier het.  Gunness het daarvan gehou om haar lyke op te sny.  Sou sy te moeg gewees het na die moord, sou sy die lyke opgekap het en vir die varke gevoer het.

Lamphere is in die tronk dood.  Tot vandag toe is dit nog nie seker wie die lyk van die vrou was wat in die huis gekry is nie.  Daar is genoeg rede om te glo dat Gunness wel ontsnap het.  Lamphere het dit ook in die hofsaak te kenne gegee.  Maar terselfde tyd, was daar geen bevestigde gevalle waar sy weer gesien was nie. 

Die vraag is:  Het die 40 of meer moorde Gunness op die ou einde ingehaal of het sy met moorde – self op haar eie bloedkinders – weggekom?  Ons sal seker nooit weet nie.

Breinvasbrand:  Wat was Belle Gunness se doopnaam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1602





Tannies Legende

24 03 2011

Elizabeth Taylor is gister aan hartversaking oorlede – sy was 79.  Sy is ‘n tannie wat met twee Oscars op haar kaggelrak kon spog.  Nog ‘n aktrise uit die goue jare van Hollywood gewees, voordat hulle van een skande na die volgende gespring het.  Dalk nie heeltemal waar nie, Liz is dalk verantwoordelik daarvoor dat huwelike in Hollywood nie juis die toets van tyd deurstaan nie.  Sy het 7 verskillende mans en 8 huwelike gehad.  Sy was ook ‘n intieme vriendin van Michael Jackson.  Wat dalk die meeste van haar uitstaan was haar skoonheid.  Ek onthou artikels in die 90’s waar joernaliste nog steeds haar skoonheid besing het. 

Dit is my punt.  Taylor het in die 70’s laas ‘n groot rol in iets vertolk – voordat ek gebore is.  Sy het in 1996 van Larry Fortensky geskei.  Ek dink baie vroue sal hulle voortande gee om te lyk soos sy in haar 70’s, maar dit is beslis nie meer die Liz van die sestigs nie.  Sy was eintlik maar ‘n  heldin van gister.  Maar . . . toe sy nog gewoel het, het sy legendaries genoeg geword dat haar dood gister die wêreld geskok het.  Jong en oud weet nog steeds wie is Liz Taylor. 

Is daar nog van haar soort?  Mense wat nog met ons is, maar wat waarskynlik een of ander tyd die pad van alle vleeslikes moet volg?

Zsa Zsa Gabor is sedert 2010 in en uit die hospitaal.  Nadat sy haarself op 4 Maart 2011 ontslaan het, het dokters haar ‘n 50/50 kans gegee om nog ‘n jaar te lewe.  Haar een been is bo haar knie afgesit weens kankeragtige groeisels en sy het geweier dat haar ander been ook in die slag bly.  Sy was in 1997 laas aktief, maar dan weer, sy is al 94 jaar oud.

Sophia Loren is self ‘n tannie wat aanspraak kan maak op een van die wêreld se mooiste vroue ooit.  Sy is skop nog, in haar huis in Switzerland.  Sy is 76 jaar oud, maar sover ek kan sien is nog heel gesond.

Dan is daar Joan Collins, wat 77 jaar oud is.  Dit lyk asof sy in Engeland woon saam met ‘n man wat 32 jaar jonger as sy is.  Dit blyk ook dat sy nog heel gesond is.  Joan Collins het mos in die begin jare in Egoli haar merk gemaak.  Sy het ook verskeie boeke geskryf.

Ek sal nooit vergewe word as ek nie Barbra Streisand noem nie.  Dalk nie ‘n skoonheid nie, maar mense het hulle huise verkoop om van haar konserte by te woon.  Blykbaar gaan sy die jaar nog aan ‘n nuwe fliek begin werk.  Sy is 68 jaar oud. 

Ek gaan met Liza Minnelli afsluit.  Dalk nie so oud soos die ander dames nie, maar ook al by aftree ouderdom (65).  Sy blyk ook nog om gesond en aktief te wees.

Spesiaal vir Demoerin 😉

Tina Turner (71) aka The Queen of Rock ‘n Roll is al 50 jaar plus in die musiek bedryf! Tina is die jongste van drie sisters. Sy het met Ike Turner getrou wie haar die “stage” naam Tina Turner gegee het. Hy het haar mishandel, geslaan, verkrag en selfs met sigarette gebrand… Tina het selfs al probeer selfmoord pleeg deur 90 slaappille te drink en toe van hom af weggehardloop. Maar die Tannie is vandag sterker as ooit en sal altyd onthou word vir haar bene, wille hare en Simply the Best stem!! So wat is haar geboorte naam?

File:Tina.Orlando2008.JPG





St Patrick

17 03 2011

Ten spyte daarvan dat St Patrick Ierland se heilige is, hoef jy nie Iers of selfs Katoliek te wees om 17 Maart opsy te skuif om St Patrick dag te vier nie.  Dit is ‘n verskoning om groot te drink in enige taal en kultuur.  Maar wie of wat was St Patrick?

Patrick was in 387 in Kilpatrick, Skotland, gebore, as die seun van Calphurnius en Conchessa.  Patrick was as ‘n 16 jarige gevange geneem en na Ierland geneem.  Daar was hy as ‘n slaaf aan Milchu verkoop.  Milchu was blykbaar ‘n wrede meester gewees.  Patrick was verantwoordelik gewees om sy vee op te pas. 

Milchu was ‘n hoë priester van druidism gewees en Patrick het in sy tyd saam met hom alles geleer wat daar te were was oor druidism.  Hy het ook geleer om perfekte Kelties te praat.  6 jaar later is Patrick deur ‘n engel besoek en hy het besluit om te vlug.  Hy het by die kus uitgekom waar daar ‘n skip reg was om te uit te vaar.  Met ‘n gesukkel het hy reggekry om skip te klim en hy is na Britanje. 

Patrick het besluit om ‘n man van God te word.  Biskop Germain was sy mentor en paar jaar later het Patrick ‘n priester en later ook ‘n biskop geraak.  Hy is later as ‘n biskop terug gestuur na Ierland, wie se geloof stewig in hulle druids (wat is dit in Afrikaans?  Toordokters) vasgelê was. 

Patrick het natuurlik die strorie met die druids geken en kon die kennis gebruik om die Iere vir Christenskap te wen.  Hy het hulle ook geleer van ‘n drie-enige God met die hulp van ‘n kloverblaartjie. 

Daar is ook baie mense wat glo dat hy slange van Ierland af verbied het.  Hy het glo ook ander wonderwerke gedoen.  Hy het deur Ierland getoer en kerke gestig sover as wat hy gegaan het.  Hy het glo baie op Eagle Mountain berg gaan bid en vandag staan dit bekend as Croagh Patrick.  Hy is daar deur demone aangeval, maar het hulle deur gebed verjaag.  So goed, dat daar glo vir 7 jaar geen onheil in Ierland was nie.  Hy het op die berg ook verskeie beloftes van God afgebid, wat meestal rondom Ierland gedraai het.

Patrick is op 17 Maart 493 dood.  Daar het glo vir dae lank ‘n lig van die hemel rondom sy liggaam geskyn.

Patrick se bestaan, doen en late lok deesdae baie debat uit.  Hoekom kan mense nie net soms ‘n goeie storie waardeer nie?

Dink julle St Patricks Dag hoort buite Ierland gevier kan word?  Watter van ons feeste, indien enige, staan ‘n goeie kans om internasionaal te word?

Breinvasbrand:  Wat is die hoofstad van Ierland?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met 1960.





Dan Cooper

24 11 2010

Snaaks hoe die mens deur onopgelosde misdade gefasineer kan word.  Wel, dalk is dit net ek.  ‘n Mens kry die sake soos die vermisde meisies wat eerder nie moes gebeur nie.  In jou wildste drome sal jy graag die een wil wees wat die tergende geheim wil oplos.  Dan kry ‘n mens daardie sake waar jy wens jy het daaraan gedink.  Jy wil graag die misdadiger wees wat die toffie vir die ondersoekers of staat gooi.  (Ek belowe, dit is gewoonlik waar niemand regtig skade gely het nie).  Een van daardie misdadigers vir wie jy eintlik jou hoed wil lig, is D.B. Cooper.

24 November 1971 (Vandag 39 jaar gelede) het ene Dan Cooper agter in die Boeing 727 op vlug 305 (FAA Reg. N467US) tussen Portland en Seattle gaan sit.  Hy het vir Florence Schaffner ‘n briefie gegee wat sy aanvaar het sy telefoon nommer was.  Sy het dit in haar sak gesit sonder om dit te lees.  Hy het egter haar aandag daarop gevestig en haar vertel dat daar ‘n bom in sy aktetas is en dat hy die vliegtuig kaap.  In die nota het het ook $200 000 ongemerkte note en twee stelle valskerms gesoek.

Die passasiers was nooit ingelig dat die vliegtuig gekaap is nie.  Cooper het versoek dat die vliegtuig in die lug moet bly tot sy eise vervul is.  Die FBI het vir hom 10 000 $20 note meestal van 1969 gekry en dit eers op mikrofilm vasgelê voordat hulle dit oorhandig het.  Cooper het burgerlike valskerms gesoek wat hy self kon “ontplooi” (manual ripcords).  Nadat hulle geland het, het hy die passasier laat gaan in ruil vir sy buit.  Hy het egter 4 van die bemanningslede agtergehou.  Nadat hulle te lank gevat het om die vliegtuig brandstof te gee, het hy weer gedreig om die vliegtuig op te blaas.  Dit het die grondpersoneel se allies in rat gekry en kort voor lank kon die vliegtuig weer opstyg.

Vliegtuie vlieg gewoonlik tussen 25 000 en 37 000 voet.  Cooper het geëis dat hulle op 10 000 voet (300o m)  moet vlieg teen ongeveer 170 knope (310 knope) met die landingstoerusting in gereedheid.  Hy wou Mexikostad toe gaan, maar die vlieëniers het hom vertel dat hulle net 1600 km so sal kan vlieg.  Cooper het ingestem dat hulle in Reno weer brandstof kan ingooi.  Die kajuit mag ook nie onder druk geplaas word nie.  ‘n Lugwaardin, Tina Mucklow, het langs hom gesit, maar hy het haar na die bestuurkajuit gestuur.

Die bestuurkajuit het ‘n popgeluid gehoor en gevra of hulle nog iets kan doen.  Cooper het hulle kortaf vertel nee en het kort daarna uit die vliegtuig gespring, met sy “bom” en buit.  Hy het wel sy swart das gelos wat jare later wel ‘n bietjie DNA kon oplewer.  Die vliegtuie waarmee die FBI hulle gevolg het, het nie gesien waar hy die vliegtuig verlaat het nie.  Hulle het later besef dat dit by die agterste trappe was.

Met die verloop van jare was daar leidrade gekry.  Onder andere $5880 is in 1980 gekry van die geld wat Cooper gehad het.  Tog kon nog Cooper of die res van die buit ooit gekry word.  Daar was al verskeie mense ondersoek wat moontlik Cooper kon wees en ‘n paar het self al verantwoordelikheid aanvaar, maar die FBI byt maar langtand.  Hulle glo dat hy die sprong in die donker, in boonop stormweer, nie oorleef het nie.

Interessant genoeg beweer die FBI ook dat Cooper ongeskik en vieslik was.  Die mense wat direk met hom te doen gehad het, reken weer hy was beleef en nice.  Dit laat ‘n mens wonder.  Suur druiwe dalk?

Into The Blast – The True Story of D.B. Cooper is in 2010 vrygestel dat ene Kenneth P. Christiansen Dan Cooper is.  Die FBI stem saam dat die omstandighede moontlik kan wees, maar reken dat Christiansen nie fisies soos Cooper lyk nie.  Sy gelaatskleur, hoogte, gewig en oogkleur verskil van die ooggetuies se verklarings (waarvan die FBI afwyk as dit hulle pas).

Ander getuies het van die goed wat deur Cooper in die vliegtuig agtergelaat is as Christiansen geidentifiseer.  Hy was ‘n valskermsoldaat en het vir dieselfde lugredery gewerk as waaraan die gekaapte vliegtuig behoort het.  Onder sy persoonlike goed is daar ‘n weggesteekte foto van ‘n aktetas en papier sak wat Cooper op die vlug gedra het.  Hy het glo ‘n haarstuk destyds gedra as hy uitgegaan het, maar nooit werk toe.  Na 1971 het hy nooit weer die haarstuk gedra nie.  Hy het in 1972 ‘n lening aan iemand gegee vir $5000 en self eiendom ten waarde van $16 500 kontant gekoop.  Hy sou dit nie op sy maandelikse salaris van $512 kon bekostig het nie.

Christiansen is in 1994 dood.  Sy familie het ‘n baie waardevolle muntstuk, ‘n posseëlversameling en $400 000 in die bank gekry.  Daar was ook ‘n plakboek van die lugredery, wat in die 50’s begin was, maar wat geen verwysing na die kapery of iets na 1971 ingehad het nie.

Was Christiansen D.B. Cooper of het hy iets anders op sy gewete gehad?  Wie sal weet?

Dit is in elk geval danksy Cooper dat alle passasiers deur metaalverklikkers op lughawens moet gaan.  Hy is ook die oorsaak van die Cooper vane, wat keer dat deure in vlug oopgemaak kan word.

Breinvasbrand:  Wie was die seun wat in 1980 die $5880 opgetel het wat glo deel van Cooper se buit was?

Breinlosbrand:  Olga was reg met will.i.am, Fergie, Taboo en apl.de.ap.





Hanna Reitsch

11 11 2010

Snaaks hoe dinge werk . . .  Ek soek nou die dag ‘n spesifieke spelling van ‘n naam.  Kliek hier, kliek daar en siedaar.  Nog ‘n baie interessante karakter uit die Nazi geledere.  Eintli ‘n baie tragiese figuur.

Hanna Reitsch is in 1912 in Hirschberg Duitsland gebore.  Haar pa was ‘n oorarts (soos in die dokter wat in oë gespesialiseer het) en wou gehad het dat Hanna in sy voetspore moet volg.  Hanna het toe wel ook medies gaan studeer, met die idee – waarskynlik geinspireer deur haar ma – om ‘n vlieënde, sendeling dokter in Afrika te word.

Vlieg was van kleins af haar passie gewees.  Sy het selfs toe sy 4 was eendag van die balkon afgespring om te kyk of sy so sal kan vlieg.  Waarskynlik sonder veel sukses.  Na die eerste wêreld oorlog was Duitsland verbied gewees om vegsvliegtuie te vervaardig.  Reitsch kon wel in 1932 met sweefvliegtuie begin speel.  ‘n Jaar later is sy ‘n pos as ‘n sweeftuig vlieënier en instrukteur aangebied en het sy haar studies laat vaar.  Sy het soms ook waaghals toertjies vir films gedoen, maar het veral in kompetisie uitgeblink.

Reitsch het in 1937 onder die Nazi’s se aandag gekom.  Reitsch het as ‘n toetsvlieënier gewerk.  Sy het onder andere Junkers Ju-87 and Dornier Do-17 getoets, beide op duikrem toetse.  Op ‘n besoek aan Focke-Wulf het sy saam met Karl Franke in die Focke-Achgelis Fa-61 gaan vlieg.  Dit was die wêreld se eerste praktiese helikopter.  Na die vlug was Reitsch genooi om dit te vlieg en anders as Franke het sy geen probleem gehad om die helikopter stil te hou nie.  Dit het haar natuurlik ook die eerste vroulike helikopter vlieënier gemaak.

Sy was aangemoedig om meer met die helikopter te gaan vlieg en vertroud te raak daarmee.  Sy het gou begin toertjies met die helikopter uithaal en daarmee saam die aandag van die Nazi’s op haar gevestig.  Sy het ook nie juis die oë seer gemaak nie en was gou ingespan vir Nazi propaganda.  In 1939 het Reitsch Skarlaken koors ontwikkel, maar het na haar herstel gehelp om ander vliegtuie te ontwikkel.  Met die aanvang van die oorlog het sy as ‘n toetsvlieënier vir die Derde Ryk gevlieg.

Reitsch was die enigste vrou wat die Yster Kruis Eerste Klas en die Luftwaffe Gekombineerder Vlieënier Waarneming Wapen in Goud en diamante te kry.  Vergewe my as ek verkeerd vertaal het.  Intussen het Reitsch ook begin werk aan die Leonidas – ‘n selfmoord eskader wat seker sou maak dat vliegtuie met bomme die teiken tref (en hier dog ons al vir jare dit was die Japanese se idee).  Hitler was aanvanklik nie mal oor die idee nie, maar Reitsch het hom anders oortuig in 1944.  Die Luftwaffe offisiere was ‘n ander saak.

Ten spyte van die idee het Reitsch nog in God geglo toe sy vir Heinrich Himmler ontmoet het.  Sy het sy kop vir hom gewas oor die Jode en hy het dit afgemaak as ongegronde propaganda van die vyand.

Reitsch was romanties verbind met Robert Ritter von Greim wat die adjunkhoof van die Luftwaffe was.  Iewers het sy ook God vir die Vaderland verruil.

In April 1945 het dit duidelik geraak dat Rusland Duitsland gaan oorwin.  Hitler en van sy gesante het in ‘n kelder in Berlyn weggekruip en Reitsch het Greim op 26 April na hom geneem.  Hitler sou hom glo die hoof van die Luftwaffe gemaak het.  Hulle was geskiet en Greim was in die voet gewond, maar Reitsch het nogtans veilig geland.  Op 28 April 1945 het sy die laaste Duitse vliegtuig uit Berlyn gevlieg op Hitler se aandrang.   Saam met haar het sy die Hitlers en Göbbels se testamente geneem.  Wie sal nou ooit weet, dalk het sy vir Hitler saam geneem.

Reitsch het haar self op 9 Mei 1945 (2 dae nadat Duitsland oorgegee het) haarself aan die Amerikaanse Intelligensie oorgegee saam met Greim.  Hy het op 24 Mei 1945 selfmoord gepleeg omdat hy nie kans gesien het om verder gemartel te word nie.  Reitsch was 18 maande deur die Amerikaners aangehou en ondervraag.  Daarna was sy vry gelaat – ook maar om ‘n lewe van eensaamheid te sluit.  Haar minnaar was dood en haar pa het die hele gesin dood gemaak in die einde van die oorlog toe die Pole hulle uitgeskop het.

Reitsch het in Frankfurt gaan woon.  Aanvanklik mag die Duitsers nie gevlieg het nie, maar teen 1952 kon Reitsch weer sweeftuie gevlieg het.  Sy het verskeie kompetisies gewen en verskeie rekords opgestel.  Van die rekords staan vandag nog.   Sy kan vandag selfs as een van die beste vlieëniers gesien word.  Sy het ook heelwat boeke oor haar lewe geskryf.  Sy is in 1967 aan ‘n hartaanval dood in Oostenryk.  Sy het nooit getrou of kinders gehad nie.

Mens sal graag wil glo dat Reitsch alles in haar mag gegee het om haar lewensdroom uit te lewe.  Tog het sy werklik aan Hitler se ideale geglo en het nooit berou gehad oor haar Nazi jare nie.  In haar eie woorde:

“Many Germans feel guilty about the war. But they don’t explain the real guilt we share – that we lost.”

Breinvasbrand:  Watter jaar was die Nazi party gestig?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Audrey Hepburn.





Madame Tussaud

5 09 2010

Ons het al almal van die Madame Tussaud se Was Museum gehoor.  Daar is seker al van ons wat die museum besoek het en van ons wat nog beplan om eendag die toue en uitbuiting aan te durf om dit self te gaan ervaar.  Baie bekendes wag in spanning vir hulle dag in die museum en hoop dat hulle darem ‘n paar jaar land gaan hou.  Maar wie was Madame Tussuad in elk geval?

Anna Maria Grosholtz is op 1 Desember 1761 in Strasbourg, Frankryk gebore.  Haar ma moes in Berne as ‘n huishoudster gaan werk het om hulle te onderhou.  Anna se pa is twee maande voor haar geboorte in die 7 jaar oorlog dood.  Om een of ander rede het Anna as Marie bekend gestaan.  Sy en haar ma het Switsers geword.  Haar ma se werkgewer was  Dr. Philippe Curtius, ‘n mediese dokter.  Curtius het dikwels was modelle gemaak om anatomie te doseer.  Curtius het later ook mense se gesigte van was gemaak.

In 1765 het Curtius na Parys getrek om aan sy eerste wasuitstalling te begin werk.  In 1767 het Marie en haar ma weereens by hom aangesluit.  In 1770 het Curtius sy eerste uitstalling gehad wat dadelik baie gewild was.  6 jaar later het die uitstalling na die Koninlike Paleis geskuif.  Een van Curtius se uitstallings was  Madame du Barry, ‘n minnares van Louis die 15de.  Dit word tans nog steeds uitgestal.  In 1782 het Curtius sy twee uitstalling geopen wat ‘n voorloper was vir die huidige Kamer van Verskriking (Chamber of Horror) van Boulevard du Temple.

Marie het ‘n handjie by gesig vir Curtius en gou-gou talent getoon.  Hy het haar geleer hoe om die wasbeelde te maak.  Van haar aanvanklike beelde sluit as Voltaire en Benjamin Franklin in.  Sy het in 1780 ook kunsklasse vir Louis se suster gegee.    En toe gebeur die Franse Revolusie.  Marie het onder andere Napoleon Bonaparte en Robespierre met die hand gegroet. 

Marie was saam met Joséphine de Beauharnais (Napoleon se eerste vrou) gearresteer tydens die revolusie.  Sy sou ‘n gas van Madame Guillotine word, maar is begenadig omdat Collot d’Herbois ‘n groot aanhanger van Curtius was.  Die koppe van 2 van Curtius se beelde was immers ook gebruik gewees vir ‘n protes optog twee dae voordat die Bastille aangeval is.  Marie het na haar vrylating werk by die revolusioniste gekry.  Sy moes die doodmaskers van die slagoffers van die Guillotine maak.  Dit het die lede van die koningshuis ingesluit.  Die maskers is as trofees deur Parys geparadeer. 

Curtius is in 1794 dood en hy het al sy werke aan Marie agtergelaat. 

Marie het in 1795 getroud met François Tussaud en hulle het saam twee seuns gehad.  In 1802 vlug Marie met haar jongste seun, toe 4 na Engeland.  Sy was nie meer welkom in Frankryk gewees nie en het met haar uitstalling in Britanje en Ierland getoer.  Haar ouer seun het eers 20 jaar later by hulle aangesluit.  In 1835 het sy haar eerste permanente uitstalling in Bakerstreet gehad.  In 1842 het sy ‘n selfportret gemaak wat nog steeds voor die ingang van die museum staan.  In 1850 het Marie in haar slaap dood gegaan.

Haar kleinseun was in 1883 genoodsaak gewees om weens stygende kostes die museum te skuif na waar dit vandag nog staan.  In 1889 is die museum aan ‘n groep besigheidsmanne verkoop gewees.  Een van die kunstenaars, Edward White, was toe laat gaan om kostes te spaar.  Om wraak te neem het hy ‘n briefbom aan John Theodore Tussaud gestuur. 

Daar is vandag nog van Madame Anna Maria Tussaud se werke in Madame is Tussauds.  Duidelik het sy werk van uitstaande gehalte gelewer. 

Breinvasbrand:  Wie was Madame Tussuad se eerste wasbeeld?

Breinlosbrand:  Nell was reg met “The origin of Species”.