SMS AasNes

14 02 2010

Ek het ‘n nuwe breinkind en die keer het ek regtig julle hulp nodig.  😉  Nee, dit is nie nodig om julle beursies weg te steek nie, ek samel nie op die oomblik iets in nie.

Hierdie projek is nog in sy kinderskoene, maar ek hoop dat dit nogal ‘n waardevolle diens in die toekoms sal lewer.  Partykeer kry ‘n mens ‘n sms wat jy graag wil beantwoord, maar jy het niks geskiks op jou selfoon nie of jy het dit reeds aan die persoon gestuur.  Die einde van die maand bekruip jou en daar is nog 100 smse op jou selfoon.  Die selfoonmaatskappye steel genoeg en jy het net ‘n paar uur om van die sms’e ontslae te raak nie.  Sonder dat daar iets is wat jy kan stuur.  Ek hoop dat die SMS AasNes dan tot hulp sal wees. 

Ek het ‘n paar afdelings geidentifiseer om mee te begin.  Julle sal hulle regs op die blog kan sien.  Ek sal hulle met tyd verder uitbrei.  Wanneer jy ‘n oulike sms kry, plak dit gerus daar op.  So sal ons hopelik ‘n biblioteek begin opbou met ‘n sms’e wat mense kan gebruik indien hulle dit sal nodig kry.  Verder kan dit mense dalk laat glimlag of spesiaal voel, al was dit nie vir hulle bedoel nie. 

Baie dankie aan Freek wat ‘n skimp gevang het wanneer hy een gesien het.  Ek hoop daar is nog baie ander in sy mou.  Wat van julle ander?  Kan julle ook een of twee of 100 deel?  Kom, Klip, ek weet sommer dat jy die uitblinker op die gebied gaan wees. 

Laat weet my gerus wat julle hiervan dink en hoe ons dit kan verbeter.

Byvoorbaat dank!


Aksies

Information

3 responses

15 02 2010
Jayde

More maters

15 02 2010
Xena Phoenix

More

Mooi Jayde, ek sien jy het die idee.

15 02 2010
Jayde

Jip – ek het nog baie maar sal elke dag so paar gaan opsit

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: