Koerantbrokkies

28 02 2012

Yvonne Beetge (45) is gister skuldig bevind op die moord van haar verloofde.  Sy het aanvanklik beweer dat hy selfmoord gepleeg het, maar het ‘n paar tegniese besonderhede vergeet.  Bokkie Grundlingh was regshandig en sou homself dus nie in die linkeroor geskiet het nie en daar was spelfoute in sy selfmoordbrief – weer iets wat Grundling nie gedoen het nie.  Beetge het aansoek gedoen vir borg, maar Mahomed Ismail – die regter het dit verwerp:  “Ek was die fool wat Dirk (Prinsloo) borgtog van R25 000 gegee het,”  Beetge het geskimp vir ‘n opgeskorte vonnis, maar Ismail het vertel as hy dit doen, moet hy malhuis toe gaan.  Beetge was blykbaar sonder dak aangehou toe sy verhoorafwagtend was en dit het in haar guns getel.

Sipho Mbatha (41) – die leerling konstabel wat aangekla word dat hy ‘n tiener geskiet het – is sielkundig onstabiel en as sulks moes daar nooit aan hom ‘n wapen gegee word nie.  Op die dag van Thato Mokoka (16) se dood was daar besluit om die bevel dat Mbatha nie aktiewe diens mag verrig nie te ignoreer.  Sy borgtog aansoek is uitgestel sodat die offisier wat Mbatha die R5 gegee het, kan kom verduidelik wat hom besiel het.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sê dat die Unies die ANC nie sal boelie nie.  Dit volg nadat NUMSA die ANC se leierkorps wil vervang omdat die Polokwane resolusies nie deur gevoer is nie.  Mantashe reken dat dit ‘n gevaarlike opmerking van NUMSA is omdat hulle nie in aanmerking neem dat daar nog ‘n ANC is nie.  Die ANC stel hulle leiers aan, nie die vakbonde nie.

‘n Staatsamptenaar van Limpopo is net ‘n maand geskors nadat hy ‘n kontrak van ‘n half miljoen aan homself toegeken het. Ek reken hy het nogtans ‘n wins gemaak.  Boonop het die Valke bevind dat bedrog waarskynlik is, maar Limpopo het nie strafregtelik opgetree nie.  Die staande komitee oor openbare rekeninge is liggies ontsteld deur die beweringe.

Die saak teen Johan Steyn is uitgegooi weens onvoldoende getuienis.  Hy het na bewering iemand R500 betaal om vir hom goed ter waarde van R30 000 te steel.  Steyn is Morne Steyn se pa.

Velvet Sky gaan ‘n nuwe direksie aanstel en het hulle vlugte vir die volgende 7 dae opgeskort.  Hulle gaan die tyd ook gebruik om geskille met verskaffers by te lê.  So sal hulle ACSA in die toekoms in kontant betaal en daar is ‘n ooreenkoms om hulle agterstallige skuld te delg.  Ontleders reken egter dat dit te laat is om Velvet te red.

Tendai (Beast) Mtawarira is by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad opgeneem vir harttoetse.   Die stut van die Bokke en Sharks sukkel glo ‘n paar dae met hartkloppings wat vererger.  Hy is tans op die krukkelys met ‘n gebreekte enkel en dus word die tyd ook gebruik om na sy hart te kyk.  Hartkloppings is glo oorerflik en behoort nie te ernstig te wees nie.

Asi Ligege het gister oppad na Oudtshoorn ‘n koedoe getref.  Die bok is deur sy voorskerm van sy Ford Focus en by die agterruit uit.  Ligega was ‘n paar oomblikke bewusteloos, maar kon darem betyds die kar veilig tot stilstand bring.  Hy het net ligte beserings opgedoen, maar die koedoe is opslag dood.

Ten slotte ‘n bietjie ou nuus.  Meryl Streep het gister haar derde Oscar gewen.  Maar Barry Ronge reken met die ander benoemings wat daar was, was Streep in ‘n fliek soos “The iron lady” dalk nie die beste keuse nie.  Hy reken dat Viola Davis of Michelle Williams dit dalk meer verdien het.  Dit was Streep se 17 benoeming.  The Artist het goue beeldjies ingepalm vir beste rolprent, beste akteur (Jean Dujardin) en beste regisseur (Michel Hazanavicius) gekry.  The Artist is ‘n stilprent en het nie eers kleur nie.  Christopher Plummer en Octavia Spencer het die beeldjies vir beste byspelers gekry.





Geseënde Nuwejaar

31 12 2011

“Before the Merriment of Commencement Commences” vergun my die geleentheid om my beste wense vir die Nuwejaar oor te dra.

Volgens almal wat ‘n mening het, gaan 2012 ‘n moeilike jaar wees.  Daar word verwag dat dit ‘n taaier jaar as 2012 gaan wees.  Nie juis dat ek my daaraan steur nie.  In 2008 het almal ‘n gatskopjaar verwag en toe word almal se gatte geskop.  Net nie soos daar verwag was nie.  Die Nuwejaar kan dus nie voorspellings lees nie en die jaar steur hulle dus nie aan die voorspellings nie.

Dus gaan ek nie aan die donker prentjie steur nie.  Ek dink wel 2012 gaan ons weer die geleenthede gee waarvan ons die beste van moet maak.  2012 gaan ons weer kanse gee wat ons nie kan verspeel nie.  2012 gaan weer ‘n jaar wees waarin ons kan groei en hopelik gaan ons 2013 in as beter mense.

Die nuwejaar is ‘n geskenk, waarvan ons die meeste van moet maak.  Die jaar gaan niks aan ons heil verander nie – dit is ons wat die ekstra tyd moet aangryp.

Mag jy en jou geliefdes die voorspoed van die Nuwejaar ontdek en vir julleself toeëien.





Koerantbrokkies

7 12 2011

Jammer julle… maar die koerant is BAIE laat… en BAIE kort!

Die twee tertjies jammer ek kan nie s lelik van meisies praat nie… die twee meisies wat ‘n hoender mishandel het deur dit soos ‘n sokker bal rond te skop, en dit af te neem gaan moontlik nie van dieremishandeling aan gekla word nie! 👿

Die Kruger Nationale Wildtuin gaan nie meer vir mense sê waar die renosters gesien was nie. Wie blameer hulle? 229 renosters is al vanjaar in die wildtuin gestroop! 👿

Die Matriek leerling wie deur ‘n bloulig motor raak gery is en al van 5 Nov in ‘n koma is sonder enige hulp (geld) van die gaan moontlik permanente breinskade hê.





Oplossing Week 42 / 11

6 11 2011

Algemene Kennis

  1. Goue Leeus  (Bileam / Olga)
  2. joggie  (Bileam /Olga)
  3. Melanie du Bois  (Olga)
  4. Bheki Cele  (Olga)
  5. Sahara  (Bileam / Olga)

Uilspieël

  1. Plate – Nie deel van die naam Mugg & Bean nie  (Olga)
  2. Pick n Pay – word nie deur Whitney Basson besit nie  (Olga)
  3. Femur – is nie ‘n been in die arm nie
  4. Chastity Sheffield – nie een van die kinders in The Nanny nie  (Olga)
  5. Laventel – Nie ‘n verwysing na ‘n toilet nie  (Olga)

Toorwoorde

  1. Siektetoestand geken met bloed in die urine  (Olga)
  2. uitbreiding  (Olga / Staaltjies)
  3. Wanneer ‘n mens ooreet is, is die kos nie lekker nie  (Olga / Staaltjies)
  4. kneg  (Olga)
  5. Eggenoot  (Olga)

Couples Theraphy

  • A. G. Visser – Amakeia.  (Olga)
  • Eugene N. Marais – Skoppensboer.  (Olga)
  • Totius – O, die pyngedagte.  (Olga)
  • Ingrid Jonker – Toemaar die donkerman.  (Olga)
  • Elizabeth Eybers – Busrit in die aand.  (Olga)

Gedigte en die digters wat dit geskryf het  (Olga)

Liedjiepret

  1. Take me where the sun is shining – Coleske
  2. Summer Holiday – Cliff Richard  (Olga)
  3. Yellow River – Christie  (Olga*)

Liriekeraai

  1. Tie a yellow ribbon – Dawn / Tony Orlando (Olga)
  2. I would be so lucky – Kylie Minogue  (Olga)
  3. Nothing gonno stop us now – Starship  (Olga)
  4. Rock DJ – Robbie Williams  (Olga)
  5. Love is in the air – John Paul Young (Olga)




Koerantbrokkies (Kort en kragtig)

31 10 2011

‘n Tukkie Verkrgater het deur ‘n venster in die polisie stasie ontsnap. Hy het daarna weer verkrag, ‘n 22 jarige vrou en haar skoot rekenaar en selfoon gesteel. Twee polisiebeamptes is nou gearresteer en sal hopenlik geskors word omdat hulle hom alleen toilet toe laat gaan het.

Dr. Paul Möller (60), ’n bekende wildkenner en spe­sialis op die gebied van jakkalsnavorsing, het Saterdagoggend homself in wat lyk soos ‘n fratsongeluk self dood geskiet.

Voormalige president van die Goue Leeus-Rugbyunie, Prof. Jannie Ferreira se seun is Saterdagaand oorlede. Dis nog onseker hoe, maar dit word beweer dat hy sy nek gebreuk het toe hy in die swembad geduik her.

Die Valke het glo bewyse van tenderbedrog gevind in hul ondersoek na die sake­belange van mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Glo nie Malema is nou daaroor bekommerd nie, hy sit seker nog in Mauritius.

Mnr. Fikile Mbalula, minister van sport word glo afgepers deur ‘n model wat sê sy is swanger met sy kind.

Baie geluk aan die Leeus!!!! Na 61 jaar het ons die trofee op ons tuisveld terug gekry! Tyd om die kas skoon te maak na 12 jaar! En dis hoe ons Kaptein lyk sonder sy baard… wie sou dit kon raai!

Strauss verloor baardstryd  Hy het vanjaar enduit vir sy span se eer in die Curriebeker-reeks geveg, maar die Goue Leeus se kaptein, Josh Strauss, moes ook woes walgooi ná die eindstryd om sy beroemde baard te behou. Strauss gister op ’n mediakonferensie sonder sy baard. Foto: Nelius Rademan Lees die berig

♪♫ Verjaarsdae ♪♫ Willow Smith (11) Peter Jackson (50) en Days of our Lives wat nooit einde kry nie se Deidre Hall (64)

 





Koerantbrokkies

18 10 2011

Mnr. Johannes Jacobus (Jaco) Steyn (35) is die Sondag verkragter, en ook die moordenaar wie die 16-jarige Louise de Waal eers verkrag het (in sy huis terwyl sy vrou by die werk was, en 6 jarige seuntjie by die skool was), en toe vermoor het en ook haar lyk aan die brand gesteek het. Die vermeende Sondag-verkragter het sy skrikbewind in November 2008 begin en daarna weer in Junie en November 2009 in Rustenburg en Potchefstroom toegeslaan. Hy het in Februarie die volgende jaar ’n 16-jarige meisie in Vanderbijlpark ontvoer en verkrag en in Maart 2010 nóg ’n tiener in Rustenburg ontvoer en verkrag. Die reeksverkragter het glo daarna op 15 Augustus misluk om ’n 18-jarige meisie in Potchefstroom te ontvoer, maar die volgende maand 14-jarige Lazanne Farmer en haar 16-jarige vriendin ontvoer. Hy het later dieselfde maand ook ’n 15-jarige meisie in Carletonville naby ’n nywerheidsgebied verkrag en op 31 Oktober 2010 ’n 11-jarige meisie uit Krugersdorp-Wes ontvoer en verkrag.

“Sondag-verkragter” verskyn in hof:  Mnr. Sakkie Viljoen van Krugersdorp

Craig Joubert van Suid Afrika sal die blaser wees in Sondag se eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk. As die Bokke sou gespeel het, sou hy nie die ref kom gewees het nie, maar volgens Joubert sit hy eerder die Bokke en ondersteun as om ooit weer ‘n finaal te blaas. Kom ons hoop hy maak nie soos julle weet wie nie! 😉

 Die NDM-1-bakterie (Nieu Delhi metallo-7-lactamase 1) is vir die eerste keer in 2009 in Nieu-Delhi, Indië, geïsoleer en vermoedelik deur iemand na Suid-Afrika gedra. Daar is al drie mense oorlede in ‘n private hospitaal in die Oos Rand agv die bakterie.

Dié man, vermoedelik ’n lid van ’n bende kitsbankrowers, is vroeër die maand tydens ’n aanval op ’n kitsbank in Maraisburg op kringtelevisie afgeneem terwyl hy sy klapmus nie oor sy oë getrek gehad het nie.

Die Afrikaanse rocker Jan Blohm (regte naam: George Harry Kymdell) is gister op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy sy vrou, Zinta, glo aangerand het.

♪♫ Verjaarsdae ♪♫ Zac Efron (24) Jean-Claude Van Damme (51)





Koerantbrokkies

8 09 2011

Die polisie het op ‘n klopjag meer as net op wapens afgekom.  In  Azalea, Standerton, het  Danie Erlank op ‘n 6 en 7 jarige dogtertjies afgekom wat vasgebind was.  Hy was by die huis, maar wou weer loop toe daar niemand is nie.  Toe hoor hy ‘n beweging binne en sien die kinders wie se voete en hande vasgemaak is.  Hulle was 3 of 4 ure so gelaat – sonder kos of water – terwyl die ma gaan werk het.  Hulle is vrygelaat en aan kinderwelsyn oorhandig.  Daar was ammunisie en dagga in die huis gekry en die ma het natuurlik nie huistoe gekom nie.

Darren Scott het gister as omroeper by Jakaranda en Supersport bedank.  Dit kom nadat hy die naweek vir Africa Tshoaedi ‘n paar keer ‘n k-woord genoem het.  Tshoaedi het hom glo geld geskuld.  Scott het glo vir Beeld gister gebel, vertel hy is weg en hulle gevloek.  Sy prokureur het ‘n rukkie later gebel en namens hom om verskoning gevra.  Hy is glo emosioneel uitgeput en sal hy hom ’n onbepaalde tyd lank van sy verpligtinge onttrek.

Nehawu eis dat Willie Hofmeyr deur ‘n swarte vervang word as hoof van die pesiale ondersoekeenheid (SOE).  Hy word daarvan beskuldig dat hy swak verhoudinge met medewerkers het en vakbondleiers viktimiseer.   “In die SOE se Pretoria-kantoor is werknemers se skootrekenaars gekonfiskeer vir ondersoeke. Die viktimisasie moet ophou!”  Die SOE is verbaas oor die ontwikkelinge.  Hulle reken dat die vakbond reeds geëis het dat Hofmeyr vir korrupsie ondersoek word en die Valke is besig daarmee.

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het korte mete gemaak oor ‘n gebrom oor transformasie in rugby.  Hy reken dit is nou tyd om die wêreldbeker te wen.  “Mense wat transformasie en die verdeling van inkomste uit rugby-handelsware wil bespreek, moenie tot die WB-toernooi wag om hul selfsugtige belange te opper en agendas te dryf nie.”  Daar kan glo later daaroor gedebateer word.

Zamazulu Nkubungu (24) neem regstappe nadat ‘n dreinerings pyp in 2009 in haar vergeet is.  Sy het dit glo verskeie kere geopper, maar niemand in die staatsdiens het hulle aan haar gesteur nie.  Nie eers toe die pyp duidelik deur die vel sigbaar word nie.  Sy het glo die jaar ‘n werk met ‘n mediese fonds gekry en die pyp is verwyder.

Verjaarsdae:  Startrek; Peter Sellers; Patsy Cline; David Arquette, Os du Randt en Pink.





Koerantbrokkies

29 07 2011

Mnr. Jason Ngobeni die Tshwane-metro se nuwe munisipale bestuurder gaan glo tussen R2,1 miljoen en R2,7 miljoen jaarliks verdien. Dit is meer as enige ander minister en selfs meer as ons Pres. Jacob Zuma wat R2,4 miljoen verdien.

Die petrol staking is verby (vir nou), maar sal so twee weke neem voor alles terug na normaal is. 70 000 werkers het aanvanklik ’n minimum salaris van R6 000 per maand en ’n 40-uur-werkweek geëis, maar uiteindelik is daar ooreengekom op ’n verhoging van 8,5% vir alle werknemers en 10% op die minimumskaal. Die minimum salaris is nou R4 840.

Flora-Kliniek in Roodepoort se onkologie-eenheid moes haastig ontruim word nadat ‘n chemiese storting. Die pasiente was vinnig ontruim, en die situasie was onder beheer gebring met geen beserings nie.

Gerrie van Rensburg (29) is na twee dae gevind! Hy was gekaap in Pretoria tussen 13h00 en 14h00 by die verkeersirkel by die aansluiting van Hans Strij­domrylaan en die N4-hoofweg. Hy was vasgebind en in die kattebak gelos. Hy kon nie met Beeld praat nie, maar sy pa ds. ­Jacie van Rensburg se sy seun slaap en hulle wag vir ‘n oproep van ‘n psigiater want al was hy nie aangerand nie is hy erg getraumatiseerd.

Mnr. Gerdus Greyvenstein (47) moet volgens Julius Malema in die tronk vrot… en verwuys na hom as ‘n aap! Greyvenstein is vir poging tot moord aangekla nadat hy in ‘n politieke geskil drie skote na mnr. Siyabonga Ndabeni (29) geskiet het, waarvan twee hom in die bors getref het.  Ndabeni het Malema se kant gekies.

Regter G.F. Wright het die ses plaasaanvallers wie die Potgieter gesin vermoor het in die Vrystaatse hooggeregshof tot agt vonnisse van lewenslange tronkstraf en nog 176 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het die aansoeke om verlof tot appèl teen hul vonnisse of skuldigbevindings van die vier wat by die moorde betrokke was, geweier. Die hofsaak duur al agt maande lank, kan julle dit glo! Voel soos gister wat ons gehoor het hoe die rotte ‘n twee jarige Wilmientjie geskiet het 😦
Dit gaan glo baie sleg met ouma Bokkie, maar glo ook met die hele familie. Ai dis wreed!!

                                                          Ons dink aan julle en almal wat betrokke is / was by plaasmoorde.

♪♫ VeRjAaRsDaE ♪♫  Julian McMahon (43) Geddy Lee (58) en Wanya Morris (38)





Koerantbrokkies

28 07 2011

Dr. (Erik) Pioro, ’n leidende kenner in motorneuronsiekte, in die neurospier-eenheid van die Cleveland-hospitaal het bevestig dat Joost van der Westhuizen aan ’n dodelike ­motor- neuronsiekte (MNS) siekte ly. Dr. Pioro het Joost ’n 80%-kans om twee tot vyf jaar te lewe gegee. Ons dink aan jou en jou familie Joost.

Die Valke het gister toegeslaan op die hoofkantoor van die departement van minerale bronne as deel van ’n ondersoek na moontlike bedrog met die toekenning van mynregte. Mnr. Bheki Khumalo, kommunikasiehoof van die departement van minerale bronne het gesê “Hulle het hier aangekom met ’n deursoekingslasbrief en ons het ons volle samewerking gegee. Ek weet nie of hulle gekry het wat hulle soek nie, maar hulle is weg met ’n klomp dokumente.” Kom ons hoop hulle het gekry wat hulle gesoek het.

Wayne Parnell, die snelbouler wat die Proteas vroeër vanjaar by die Wêreldbekertoernooi in Indië, Sri Lanka en Bangladesj verteenwoordig het die Christen-geloof vir dié van Islam verruil. Wow en dit maak die nuus… amper te bang om te sien wat maak more die nuus!

Ao. Mxolisi Mdutyana (44) ’n reservis-konstabel, is gisteroggend in die Joe Slovo plakkerskamp dood geskiet. Twee ander lede van die polisie was ook die naweek doodgeskiet toe hulle langs die ou Heidelbergweg, suid van Alberton, stilgehou het by ‘n bakkie. Die insittendes het net begin skiet.

Die Suid-Afrikaanse “has been” krieketkaptein Graeme Smith en sy Ierse bruid, me. Morgan Deane, trou blykbaar volgende Saterdag in Houtbaai.

Terug na die sneeu op die N3 – Vragmotors, wat 20 km ver opgedam is, sal hopenlik in die volgende twee dae opgeklaar wees. Die leër het teen gistermiddag meer as 100 motors uit Van Reenenspas begelei nadat die voertuie weens die sneeuneerslae vasgeval het.

 

♪♫ VeRjAaRsDaE ♪♫  Rick Wright (66) Bill Bradley (68) en Jim Davis (66) beter bekend vir sy tekenprent Garfield!





Koerantbrokkies

27 07 2011

’n Wildbewaarder (Ja right) is in hegtenis geneem. Hy het glo bygedra tot die renosterstropery in die Kruger Nationale Park, en hy sal binnekort in die hof verskyn.

* 131 vermeende renosterhoringstropers is sedert Januarie in Suid-Afrika in hegtenis geneem.
* Van hulle is 65 in die Krugerwildtuin gevang.
* 15 vermeende stropers is sedert begin vanjaar ook in die wildtuin doodgeskiet, 9 ander is ongelukkig net gewond.
* Stropers het sedert begin vanjaar al 227 renosters doodgemaak, waarvan 20 sedert die begin van Julie

’n Hip hop-musiek­video en mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het nou ook deel van die skaliegas-en-hidrobreking-debat geword. Ek het sover gelees, en toe belangstelling verloor… dis iets oor Shell wat wil kop uittrek omdat JM altyd praat van nasionalisering.

Christel Khoury (13) hoofmeisie van ‘n skool in Kroonstad is na twee weke oorlede in ‘n Libanese hospitaal. Sy was saam haar familie met vakansie daar toe ‘n motor aan hul motorfiets vas gebots het. Sy was saam ‘n volwasse familielis op die motorfiets, en sy het afgeval en haar valhelm het glo gebars.

Mnr. Shaun Sikhakhane en van sy vriende het mense uit ‘n woonstelblok in Krugersdorp gered toe hulle vlamme gesien het, waarvan een ‘n ses maande oue babatjie was. Dit was Sikhakhane se verjaarsdag, en hy voel nou baie goed dat hy en sy vriende mense kon help wat sy dag meer spesiaal gemaak het. Die woonstelblok het nie water of brandblussers nie. Niemand was beseer nie.

Van Reenenspas in KwaZulu- Natal  is nog steeds gesluit agv sneeu. Die weermag moes ook talle mense red, van wie al vasgesit het vir 19ure en langer.

  
♪♫ Verjaarsdae ♪♫  Triple H (42) Peggy Fleming (63) en Ashlyn Sanchez (15) Geen idee wie hulle is nie!