Everybody’s doin’ a brand new dance now
Come on, baby, do the locomotion
I know you’ll get to like it if you give it a chance now
Come on, baby, do the locomotion
My little baby sister can do it with ease
It’s easier than learning your ABC’s
So come on, come on, do the locomotion with me
Almal ken seker die liedjie. Dit was al hoeveel keer deur mense nagedoen en nog steeds is dit ‘n gunsteling gatswaai liedjie. Dit was selfs al drie keer die nommer 1 treffer op die Amerikaanse Top 5 gewees. In drie verskillende dekades. Kylie Minogue het dit amper vir haarself gesteel, maar dit was Little Eva wat die lied bekend gemaak het.
Eva Narcissus Boyd is op 29 Junie 1943 gebore. As tiener het sy as ‘n kinderoppasser vir Carole King en Gerry Goffin gewerk. Eva het baie komieklik gedans en dit was net te veel gevra vir twee liedjieskrywers. Hulle het Locomotion geskryf na aanleiding van haar dansstyl geskryf. Sy sou aanvanklik net vir die Demo van die liedjie gebruik gewees het. Tog het King en Goffin geweet vandat sy aangestel is dat sy kan sing en dit was seker net so ‘n goeie tyd as enige ander om haar te laat sing.
Locomotion was nie die enigste lied waarvoor Eva die inspirasie was nie. Die Chrystals se liedjie; He hit me and it felt like a kiss; het King en Goffin danksy Eva geskryf. Haar kêrel in die tyd het haar gereeld aangerand. Hulle het haar vra hoekom skop sy hom nie onder die gat nie. In alle opregdheid was haar antwoord dat sy liefde vir haar hom so laat optree. Seker nie van beter geweet nie.
Eva het gou naam gemaak as ‘n dansmal sangeres en in 1964 was die publiek moeg vir haar gewees. Eva het nooit die regte van die liedjies wat sy gesing het, besit nie. Sy was $50 ‘n week betaal vir haar optredes, heelwat meer as die $15 wat sy as kinderoppasser kon maak. Dit was seker goeie geld, maar sy was nie die een wat bank toe gelag het met Locomotion nie.
In 1971 het sy afgetree en met haar 3 kinders van die welsyn af gelewe. Sy het wel hier en daar weer iets aangepak, maar niks wat regtig suksesvol was nie. Sy is in 2003 dood van baarmoederkanker. Sy is in ‘n eenvoudige graf in Noord-Carolina begrawe.
Sy sou al lankal vergete gewees het, was dit nie vir haar snaakse dansstyl nie. Wys net hoe goeie musiek jou altyd kan laat lewe.
Wie runnik saam?