Waar is ‘Viga?

21 02 2015

Hallo Maatjies,

Tannie Hestia was die meeste reg en dan Tannie Ougat.  Ek was by die Sentogaaf in die Voortrekkermonument.  Tannie Skrabbel was reg dat dit in Pretoria was.

P1100999

Hierdie week is ek in ‘n woesterny.  😆  Die een wat naby ver die winderige hoek is.  Die woesterny is langs ‘n bitch en dit kan nogal baie koud word hier.  Effens ondertoe, as ‘n heksie tussen die woesterny en bitch vlieg, is daar ‘n bitch vol walvisse.

Julle sal my tog nooit my den kry nie.

1

2

3

Julle is aan!





Waar, Waar is Laviga

14 02 2015

Hallo Maatjies.  Tannie Hestiatjie en Tannie Kasterolie het in die regte Wasmasjien na my den gaan soek.  Hulle het my ampertjies gevang ook.  Ek was by die Wasmasjien se Paal (Washington Monument)

P1130051

Ek het vandag binne in my den gaan wegkruip.  😆  Ek mag dit nie vir julle maklik maak nie.  Baie mense sê tannie Piet Retief slaap daar, maar Merriegriet sê hulle jok.  😯  Het julle geweet die son skyn net een keer ‘n jaar hier?  Op 61 Desember.

1

2

3

Julle is aan.





Wegkruipertjie

7 02 2015

P1260835

Hallo Maatjies,

Ek kruip die week vêr, vêr weg!  Julle gaat my nooit kry nie.  🙂

My den is naby ‘n witterig huis.  Daar is ook mummies van die Smitheriens naby.

Weet julle waar my den is?

1

2

3

Julle is aan!





Waar is Laviga?

31 01 2015

P1310969

Julle is aan!! 😀

Raai waar kruip ek weg!  😉  Julle moes spesiaal wees.  😯  Om te kan moet wen moet julle sê waar presies ek is.  🙂 Die den en die dorp.

Laaste een in is ‘n vrot eier.





Ek gaan ‘n Trofee wees

23 01 2015

P1330571

Hallo Maatjies

Ekke was vreeslik lank terug hier gewees.  😀  Sjoe, ekke en my perd was baie besig.  😯  Ons wil die volgende Trofee wees.  😆

Weet julle nie wat ‘n Trofee is nie?  😯

Oe!!!  Dit is erg om dom maatjies te wees.  😉  Moetie worry nie, ekke is die slimste, mooiste heks wat julle ken.  😀 Ekke sal julle alles vertel.

‘n Trofee is ‘n singitisie.  😛  Al die maatjies kom sing en dan sms en voëltjie die maatjies by die huis ‘n wenner.  🙂  Die wenner is dan die nuwe Trofee.  Net soos Elvis Bloukous en Hendrik Knipper.

En ekke het gaan tog wen!  Wê Pê Pa Lê La!  😀  Ek sing alklaar mooi.  Lispiek moet net nog leer om die tannie se tokkelklavier te speel.  😯  Wag, laat ek seker maak sy oefen.

Tata Maatjies!





Lispiek Vervel

28 02 2014

P1300633

Hallo Maatjies;

Sjoe!  Ekke was lanklaas hierso gewees.  🙂  My perd hou my besig!  😐  Ekke moet haar bad, borsel, kos gee, watter gee en rond dra.  😉  Dit put ‘n heksie kwaai uit.

Maar raai wat?  My perd het vervel.  😀  Sy is nou ‘n hele mensjaar oud.  😈  Dit is ‘n hele 18 kringe in katjare, maar nog niks in heksjare.  😯  Ek het sommer geweet julle sal nie weet nie.  😉  Ek is ‘n slim heksie en weet alles.  Gelukkig is ek nie selfsteler nie en deel ek al my kennis.

Ons gaan vandag koek eet, rooi koeldrank drink en blommetjies pluk.  😀  Lispiek is ‘n regte poppelop, sy hou van blommetjies.  😯  Goggas ook, sy dink dit is chips.

😳  Ouma sê ek moet kom help koek bak.

Tata Maatjies.

 





Flavia: Laviga en Lispiek

8 06 2013

Ek het hierdie brief van Flavia ontvang en ek moet dit net plaas. 

Ja, Laviga het uiteindelik haar kat gekry.  Omdat Lispiek ‘eyeliner’ het, het die dom heks besluit sy dra Lipstiek.  Wat in haar woordeboek Lispiek is. 

922744_10151662375343833_191496117_n

Goeie more Juff Phoenix

Ek sien my niggie Laviga, het klaar by haar vriendin Olga gaan spog oor haar …..harump….., perd.  Ek wil dit asseblief aan julle opklaar.  My dierbare niggie sukkel nou al ‘n geruime tyd op skool, maar ek dink tog meeste van julle weet dit reeds.

Die keer het sy egter haar kursus baie goed geslaag.  Dit was die kursus in VERSORGING VAN ‘n ANDER.  Of baie ander op een tyd.  Die
eksaminators het dit goed gedink om Laviga met ‘n …..harump….. perd te beloon.  Maar voordat julle almal haar nou wil aanstel as kinder oppasser ‘n woord van waarskuwing. Sy het een area waarin sy nie kan hond haaraf maak nie.  Dit is dissipline.

Elke keer as haar sorgelinge stout was, was Laviga die voorbok.  Sy het dus die PERsiese KAT gekry om die toepassing van dissipline te oefen.  Eers nadat sy die baie belangrike kursus geslaag het, sal sy met ‘n lapel kenwapen beloon wat haar sal eien as ‘n oppasser van lewende wesens jonger as syself.

Ons wil egter ‘n beroep op al haar blogvriende doen om haar te monitor en raad te gee oor hoe beste om dissepline toe te pas deur middel van
leiding neem.  Nie as voorbok in die kattekwaad wat gepleeg word nie, maar om hulle WEG van versoeking te lei voordat hulle kan kwaad doen.

Om af te sluit, VEELSGELUK AAN MEJUFFROU LAVIGA VAN AARDLEVEN MET JOU GOEIE PRESTASIE.  Ek sien uit om jou mentor op jou volgende kursus te wees.

Baie dankie vir u bereidwilligheid om Laviga se opleidings mentor te wees, goeie Juf Phoenix.  Ook vir almal wat haar gaan monitor, baie dankie.

Voorspoed
Die uwe
(Mej) Flavia 4Awl

Laviga dra die kat onder haar hoed rond.  Altyd geweet haar bossiekop is vir iets goed. 





Lispiek, my ou perd

19 04 2013

P1260714

Hallo Maatjies

Sjoe, eke was laaaaaaaannnnnnkkkkkkklaas hier gewees.  😀  Dit was nie my skuld nie, njannies!  🙂 Ekke het ‘n groot heksamen gehad waarvoor ek baie hard moes leer.  😦  Ouma Heldina het gekyk dat ek leer.  🙄  Sy het my elke dag vrae gevra en alles!

Maar nou is dit alles verby.  😆  Ek het die heksamen gevlieg en ‘n servet en alles gekry.  😉 Ekke is ook nou gekatifiseer om my kat te kry.  😈  Julle weet mos – alle goeie hekse het katties.

Dit is nie so maklik om ‘n regte egte hekse kat te kry nie.  😡  Die kat se mamma, oupa en tannie moes vir hekse gewerk het.  :!  As jy nog ‘n goeie heks soos ekke is, moet die katties by goeie hekse gewees het.  😯  As jou kattie se voortrekkers by die Perse gewerk het, kry jy dalk ‘n pers kat.  L Ekke soek nie ‘n pers kat nie.

My ouma Laviga se kat het kleintjies gekry.  😯  Maatjies, julle weet ek is nie ‘n heks wat jok nie.  👿  Maar daardie katties het onder haar stert uitgekom.  🙄  Ek weet net nie wanneer hulle daar ingeklim het nie, maar ek sit my hand op die koffie dat hulle daar uitgekom het.

En hier is my kattie – Lispiek.

DSCF0824p

Sy bly nog by haar Mamma, maar sy trek een van die dae na my toe.  :mrgreen:

Julle mag haar vryf, maar moet haar nie bang maak of stout leer nie.  Ek reuk vir julle.  👿

Tarra





Die Wasmasjien Monkey

20 01 2013

P1260835

Hallooooooo Maatjies!!!

Joh, joh, joh!!!  🙄  Hulle maak ‘n heksie dood by die skool.  Wanneer ek na die rekendingetjie kyk, dan moet ek skoolwerk doen.  😥  En myse ouma sê ekke kan nie blog as ek moet skoolwerk doen nie.  :mrgreen:  Ek het toe by Tannie Ougat gaan wegkruip en daar was ekke te besig om koekies te eet. 😯  Tannie Ougat kook amper net so lekker koekies soos ek.

Maar ek is ‘n slim heks en ek het ‘n paar toertjies by die kerkooms van Wasmasjien geleer.  😀  Daardie kerkooms wat lyk of hulle kerk toe gaan en drade in hulle ore het.  😆  Eintlik dink ekke nie hulle gaan kerk toe nie.  😯  Heeltemal te veel wolfstreke.  🙄  Ekke gaan lekker met julle kyk wanneer my ouma nie kyk nie.

🙂 Ek het ook onthou ek moet vir julle die Wasmasjien foto’s wys.  😀  Sien, hier is ek en die Wasmasjien Monkey.  Dit is oorkant die Kapsie Heuwel, daar doer onder.  Die presidoodle kan dit ook van sy huis af sien.  🙄  En as die klonkies vergeet in watter land hulle is, is daar ‘n spul vlae sodat hulle kan sien.

Ekke moet nou my tore gaat oefen.

Tata Maatjies 😆

 





Wat dink Laviga??

29 11 2012

Hallo Maatjies :mrgreen:

Ekke het so effens gevergeet wat ek hierso dink.  😳  Weet julle dalk?  😈  Enige heksie kan soms iets gevergeet.  😥  Moenie lag nie.  😡

Tannie Damkrefie het my ook huiswerk gegee.  😆  Julle kan vir my enige iets vra en dan sal ek vir julle die waarheid prentjie.  🙄  Nie dat ek ‘n heks is wat jok nie.

Tata Maatjies