Charmain Carr

19 09 2016

Daar is tydloos en dan is daar “The Sound of Music.”  Die fliek is al meer as 50 jaar oud en dit is nog steeds ‘n gunsteling van vele mense.  Dit voel half onwerklik om te dink dat die mense in die fliek aansienlik ouer is.  Goed en wel, almal weet dat Julie Andrews het verlede jaar 80 geword en Christopher Plummer word 87 die jaar.  Nogtans is ‘n mens geneig om aan die kinders te dink as – wel – kinders.  Kym Karath wat die jongste; Gretl; gespeel het, is al 58 jaar   oud.

Charmain Carr was die meisie wat as Liesl opgeëindig het.  Sy was ‘n student wat onder andere by ‘n dokter gewerk het, toe haar ma vir haar ‘n oudisie met The Sound of Music gereël het.  Sy het latere jare as ‘n binnehuise versierder naam gemaak.

Carr is die naweek aan komplikasies weens dementia oorlede.  Sy was 73 jaar oud.  Sy is as Charmain Anne Farnon gebore, maar moes ‘n ander van gekies het omdat die vervaardigers van Sound of Music geglo het haar van is te lank.

Soos julle weet, is Sound of Music gebaseer op ‘n regte Von Trapp familie.  Die ma is glo dood en die pa het ‘n goewernante gesoek omrede een van sy dogters siekerig was.  Suster Maria se sorg was uitmuntend, die dogter was in haar 90’s voordat sy gesterf.  Toevallig die laaste van die oorspronklike kinders wat gesterf het.

Georg en Maria het in Nov 1927 getrou en het saam drie kinders gehad.  Daar is volgens Wikipedia oor wanneer Maria se eerste kind gebore is – Februarie 1928 of 1929.  Hulle jongste kind, bestuur die Von Trapp Resort in Vermont.  Al 3 Maria se kinders lewe nogsteeds.

Maria is egter in 1987 op die ouderdom van 82 oorlede.





Die alewige skottelgoed

16 09 2015

Scrapy se toeka tokkel die week is skottelgoed.  Beslis nie my gunsteling onderwerp van bespreking nie.

Soos ek reeds al verduidelik het:  Xena Phoenix is nie die skoonste of netjiesste mens ooit nie.  Inteendeel, ek kan maklik aan ‘n Olimpiade vir luiheid deelneem en baie goed daarin vaar.  Helaas, vind ek die kat se manier van skottelgoed was nie baie aanvaarbaar nie.  Sy is ook nogal puntenerig oor watter skottelgoed sy sal was.  Ons het toe maar tot ‘n vergelyk gekom dat ek dit maar eerder sal was voordat sy in die versoeking kom om die taak oor te neem.  😉

Grappies op ‘n stokkie.  Ek haat dit as daar vuil skottelgoed die wêreld volstaan.  Ek het eendag ‘n braai by my huis gehad.  Teen die einde van die aand, was elke glas wat ek besit vuil.  Glo my, ek het verskeie kere deur die loop van die aand skottelgoed gewas, maar een van my gaste het himself elke keer aan ‘n skoon glas gehelp.  Ongelukkig het hy nie sy vuil glas kom omruil vir ‘n skone nie.

Ek glo in ‘n een beker, een bord, een bakkie ens. aanslag per persoon.  My skottelgoed is in die minimum, hoewel ek gewoonlik die reël oortree.  Dit is nogal ‘n probleem as jy jou glas gebruik vir jou vitamienpil, maar ook gou water wil drink.  Ek was dus gewoonlik een keer ‘n dag skottelgoed.  As ek in die nag iets oorkom en vreemde mense my huis moet inkom, gaan hulle lekker kan skinder.  Ek was gewoonlik in die oggend net voordat ek ry skottelgoed.

Dit is natuurlik ‘n taak wat ek uit noodsaaklikheid verrig.  Niemand kan daarvan hou om skottelgoed te was nie.  As jy eet en drink, gaan jy skottelgoed maak.  Party mense trou met ‘n skottelgoedwasser, ander los dit vir die feetjies en dan is daar die ape wat altyd met die skottelgoed opeindig.   Die enigste manier om skottelgoed te vermy, is om nie te eet nie.  Dit is ook nie so onmoontlik soos wat jy dink nie.

Prahlad Jani het blykbaar sedert 1940 nie nat of droog oor sy lippe gehad nie.  Hy het nie eers ‘n toilet nodig nie.  Hy produseer wel uriene, maar skei dit nie uit nie.  Hy was al vir 15 dae sonder kos en water toegesluit en het oorleef sonder dat hy ooit die toilet hoef te gebruik het.  Hy reken sy Hindu godin sorg vir hom deur ‘n gat in sy verhemelte.  Ander mense reken dat sy liggaam aangepas het aan langdurige gebrek aan kos en water.  Hy is egter baie gesond.

Hoe dit ook al sê:  hy maak nie skottelgoed nie en hy het ook geen rede om ooit ‘n toilet te was nie.  Hy maak my amper jaloers.  As kos nou nie so lekker was nie.

Breinvasbrand:  Aan watter godin het Jani sy lewe gewy?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “Ek wil jou nooit weer sien”.





En een vir die pad

4 03 2015

Almal weet dat ‘n bakkers dosyn 13 eenhede is.  Of anders gestel:  Koop 12 brode en kry een verniet.  Die gebruik kom basies van ‘n tyd wat ‘n bakker erg verkwalik was as hy met sy brode verneuk het.  Brode was mense se hoof voedselbron en dit was nie aanvaarbaar om die brood uit iemand se mond te neem nie.  In Egipte sou ‘n ‘skelm’ bakker se oor aan sy bakkery vasgekap geword het en in Babilon sou hulle sommer die bakker se hand af kap.  In die dertiende eeu kon ‘n Engelse bakker ‘n stewige boete kry en op plekke ook sy hand verloor het.

Terwyl ‘n mens kan verstaan hoekom die gemeenskap so streng op hulle brood was, moet ons ook simpatie met die bakkers hê.  ‘n Handvol meel is beslis nie so akkuraat soos ‘n koppie meel nie.  Al het hulle die beste bedoelinge op aarde, kon die brood met tye te kort skiet.  Die bakkers moes hulle self op een of ander manier beskerm het.

Vandaar die Bakkers Dosyn.  Hulle het ‘n ekstra item aan die koper besorg (wat 12 gekoop het) om te verseker dat hulle nie te kort skiet nie.

Vandag is ons in die situasie waarin die koste van ‘n item nie net meer raak nie, maar die hoeveelheid ook dikwels verminder.  Die kwaliteit word ook dikwels aangepas.  Nie noodwendig altyd ‘n beter kwaliteit of selfs ‘n gesonder kwaliteit nie.  Natuurlik het jy as ‘n verbruiker ‘n keuse:  Vat dit of los dit.  As genoeg mense saam met jou los, sal die nodige veranderinge vinnig genoeg omgeswaai word.  Gaan vra maar vir Coke.  Hoewel, die meeste verskaffers doen dit stilletjies en hoop niemand kom dit agter nie.  Die hoop word selde beskaam.

Ek koop gewoonlik nie ‘n dosyn brood op ‘n slag nie, maar ek het nog nooit ‘n ekstra rolletjie by my dosyn rolletjies gekry nie.  Ek kan nie met sekerheid sê of dit ooit ‘n gebruik in Suid-Afrika was nie.  Ek het wel al op televisie gesien dat ‘n kind ‘n lekkertjie kry as hulle saam met hulle ma gaan inkopies doen het.  Of ‘n stukkie droë wors as hulle saam slaghuis toe gaan.  Dit is nie iets wat ‘n mens sommer in ‘n kettinggroep sien nie.

Aan die ander kant, mens kry tog soms nog ietsie ekstra.  Ek het al gratis items by my gunsteling restaurant gekry.  Gewoonlik wanneer ‘n nuwe Woolworths tak oopmaak, deel hulle gratis muffins of iets uit (jy gaan die res van hulle bestaan daarvoor terug betaal).  Baie kere het winkels ook ‘n kry een gratis promosie.

Almal hou van daardie ietsie verniet.  Kan daardie ietsie te groot of te veel raak?  Soos ‘n oorsese reis as jy X aantal van ‘n mediese produk koop?  Is dit skelm of net goeie bemarking?  Daardie ietsies of IETSE se kostes moet tog van iewers verhaal word.

Breinvasbrand:  Wie is die Kompetisie Kommissaris van Suid-Afrika?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Brümilda van Rensburg.

 





Dood

11 02 2015

Die ergste ding van vlieg is om soos ‘n sardientjie styf teen ander mense sit.  Ek hou baie van my persoonlike spasie.  Alhoewel, ek sit enige dag eerder styf teen iemand sit wat baie sweet en boonop stink as langs ‘n lyk.  Ek dink ek spring by die venster uit as iemand langs my sterf.  Ja, ja – ek is nie verniet die leier van die Paashaas bende nie.

Met miljoene mense wat jaarliks vlieg, is dit onvermydelik dat iemand van tyd tot tyd sy laaste asem op ‘n vlug gaan uitblaas.  British Airways het ongeveer 10 sterftes ‘n jaar aanboord.  Daar is altyd die moontlikheid dat iemand gaan verstik of onbepland ‘n hartaanval gaan kry.  Dit het al meer as 1 keer gebeur dat ‘n vlieënier in die middle van ‘n langafstandvlug aan ‘n hartaanval gesterf het.  Dit is hoekom daar ten minste twee vlieëniers op kommersiële vlugte is.  Terminaal siek mense onderneem ook dikwels ‘n laaste reis, wat hulle nie altyd kan voltooi nie.  Daar is ook natuurlik diegene wat nie eintlik moet vlieg nie, maar nogtans die kans vat.

Wat gebeur egter wanneer iemand op ‘n vlug die tydelike met die ewige wissel?

Omdraai of onbeplande landings is gewoonlik nie ‘n opsie nie.  Dit kan die hele situasie vir die familie moeiliker maak.  Veral as hulle in elk geval oppad huistoe was.  Dit is baie makliker om begrafnisreëlings te tref in ‘n bekende omgewing as by die eerste, beste plek waar jy kan land.  Verder kan dit die paar 100 ander passasiers se planne lelik befomfaai.  Dus druk die meeste lugrederye maar deur met hulle vlugplan.

Verskillende lugrederye het verskillende planne.  Singapore Airlines het blykbaar body bags (wat is dit in Afrikaans?) op van hulle vlugte.  As iemand dus op ‘n vlug sterf, kan hy daarin gesit word en gebêre word in ‘n kompartament wat daarvoor ontwerp is.

In die verlede was die lyk glo gewoonlik op gestel dat dit kon lyk of hy slaap.  Die vlugpersoneel sou ‘n kombers oor die persoon gegooi het, vir hom ‘n drankie en koerant gegee het en sy oë met ‘n slaapskud bedek het.  Deesdae skuif hulle (as hulle kan) die persoon na ‘n minder besige deel.  Wat gewoonlik Eerste Klas of Besigheidsklas is?  Hulle laat weet die passasiers rondom die lyk en bytvas tot hulle land.  Die lyk word tot by die nek met ‘n kombers bedek, maar die gesig word oopgelos.  Die sitplek waarop die lyk was word blykbaar voor die volgende vlug vervang.

Die lyk mag egter onder geen omstandighede in die toilet gehou word nie.  Eerstens kan ‘n lyk nie in die toilet vasgegordel word nie.  As die lyk dus net verkeerd val in die hokkie, sal hulle omtrent die hele vliegtuig uit mekaar moet haal om dit daar uit te kry.

Terloops – het julle geweet dat die toilet die plek is wat die meeste sterftes na ‘n bed het?  Blykbaar voel die mense wat op die punt is om ‘n groot hartaanval of bloedklont deur die longe kry dikwels asof hulle maag moet gaan.

Ek het nogal kop gekrap oor hoekom die kop oop gelos moet word.  My boesemvriendin het my hier in die steek gelaat.  Ek het al weer vasgevang geraak in ‘n paar begrafnis rituele.  Ek het al vantevore gepraat van die Oosterlinge se doodsgebruike wat Satï en Jauhar insluit.  Ek moet egter die Dani’s van Wet Papua, Nieu Guinea noem.

Vrouens en kinders wat aan die afgestorwene verwant is se vingers word afgesny.  Daarmee stel hulle blykbaar die geeste tevrede gestel en weggedryf.  Die vingers word eers afgebind met ‘n tou voordat dit met ‘n byl afgekap word.  Die fisiese pyn is ‘n blykbaar ‘n uitdrukking van die smart en verlies wat hulle voel.  Nou wonder ek regtig – hoekom nie die afgestorwene se manlike verwantes nie?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan André P. Brink se P?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Persoonlike Identifikasie Nommer.





Whiskey

24 10 2012

‘n Suid Afrikaner het die duurste bottel whiskey nog gekoop in die land. Die persoon het R230 000.00 vir die bottel betaal. Dit werk uit na amper R8 000.00 per tot! So sal dit ‘n dubbel of enkel drankie vir jou wees, op ys of sommer saam Coke? 😉

Maar dis nog niks nie! In September 2011, het ‘n man die duurste bottel whiskey nog gekoop by ‘n lughawe in Singapore. Hy het  £125 000.00 vir die bottel Dalmore ’62 betaal! Bietjie meer as  £4 000.00 per tot!

The world's most expensive whisky: a bottle of Dalmore 62

 Dalmore 62
Ek kon nog nooit whiskey drink nie… en jammer maar almal proe vir my dieselfde (behalwe Jack – hy proe vir my bietjie anders)
As jy genoeg geld, en te min verstand gehad het om so ‘n bottel te koop (he he) Sal julle die whiskey drink? Of dit maar agter glas sit, en dit sien as ‘n belegging!?
Antwoord van gister: Pugs kom van China af
Vandag se vraag: Watse hond word gesien as die duurste hond? Hint: Hulle lyk soos ‘n ander tipe rooi Bessie 🙂




Wit Volstruis

21 07 2011





Gypsy Oorsprong

9 03 2011

Met my post van gister het ek nogal iets interessant teëgekom omtrent die ontstaan van die woord gypsy.

Gypsy (Engels) is afgelei van die Griekse woord Egyptian.  Daar was geglo dat Gypsies afstammelinge van Egipte is.

Nadat Herodes mos uitgevind het dat die Wyse Manne hulle nie aan hom gaan steur nie, het hy mos alle babaseuntjies onder die ouderdom van 2 laat vermoor.  Josef het toe met Maria en Jesus na Egipte gevlug en daar gaan skuil tot hy laat weet was dat hy kan terugkom.

Blykbaar is die mense by wie hulle in Egipte herberg gekry het, uit die land uit verban oor die hulp wat hulle aan die baba Jesus gegee het.  Hulle het swerwelinge geword en het kort voor lank as Gypsies gekend gestaan.

Geen wonder dat Gypsies nog altyd die mens bekoor het nie.  Sigeuner het net nie so ‘n mooi verduideliking nie.





As jy maar 23 is

8 03 2011

Daar is baie vergelykings wat oor die verloop van die lewe gemaak word.  Die bekendste is seker dat die mens aanvanklik op 4 bene loop, dan met twee en op die einde 3 bene het.  Dit is natuurlik van babas wat kruip tot bejaardes wat van ‘n kierie gebruik moet maak.  Dit is seker net so goeie vergelyking as enige ander, al is dit effens ooreenvoudig.

Daar is eers die baba wat voltydse versorging nodig het.  Dan is daar ‘n tyd waar jy moet leer om op jou eie klaar kom wat gevolg word met ‘n tydperk van voorbereiding om op jou eie bene te staan.  Daarna moet jy jou merk op die lewe maak, voortplant, insamel vir jou oudag en die laaste paar jare geniet.  Alles volg nou nie altyd so presies op mekaar nie:  daar is tye waar jy basies tussen fases is of selfs ‘n fase of wat heeltemaal mis.  Die lewe is immers nie swart en wit nie.

Die tyd van stories is waarskynlik in die tyd na voorbereiding en die tyd om jou merk  te maak.  Jy het klaar gedoen wat jy moet doen om ‘n stappie vooruit in die lewe te neem, maar het nog net minimale verantwoordelikhede.  Jy het dus jou opleiding voltooi, staan aan die begin van jou loopbaan, maar jy kan basies doen wat jy wil.  ‘n Jaar lank met die oerangutangs gaan speel of kyk of jy ‘n lewe as ‘n aktrise kan maak.  Jy het genoeg geld om jou drome na te jaag (dalk met ‘n gesukkel), maar te min vir enige ernstige verantwoordelikhede.  ‘n Lekker tyd van tussen die boom en die bas.

‘n Persoon van 23 verwag ek in daardie posisie.  Dit werk nou nie altyd so nie, maar ek gun 23 jariges hulle laaste paar jaar van speel voordat hulle finaal in die grootmenswêreld induik.  Verantwoordelikheid kom met tyd en jy kan dit nie verewig vermy nie, tog hoef jy nie oorhaastig in te spring nie.

Elke mens moet hulle eie lewe leef en doen wat hulle goed dink.  Ek sal altyd stilletjies dink dat iemand wat op 23 getroud is, nie mooi na hulle bont varkie gekyk het nie.  Om kinders op 23 te hê laat my skoon na my asem snak.  Wat nog te sê van ouma wees op 23?

Ja, julle het reg gelees.  Rifca Stanescu is die wêreld se jongste ouma en sy is net 23 jaar oud.  Rifca, ‘n Roemeense gypsy, het toe sy 11 jaar oud was weggeloop om met haar 13 jarige vriend te trou.  Sy was eintlik aan ‘n ander seun verloof, toe sy met Ionel Stanescu getroud is.  Sy was 12 jaar oud toe haar dogter Maria gebore is.  Maria is getroud toe sy 10 was.  Rifca het haar dogter probeer oorreed om eerder op skool te bly, maar het nie te hard teen tradisie geskop nie.  Maria was toegelaat om met haar geliefdeMaria was 11 toe sy aan Ion geboorte geskenk het.  Vir interessantheid, Rifca se ma was 40 toe sy oumagrootjie geword het.

Terloops, dit is Rifca (nou 25) en klein Ion in die foto.  Hy is verloof aan ‘n 8 jarige meisie.  Die Roemene trou jonk om te verseker dat die meisies maagde met hulle troue is.

As ek vir Obelix mag aanhaal, these Romanians are crazy.  Dit is skokkend dat kindertroues gebeur.  In baie lande word 7 of 8 jariges met volwasse mans getrou.  Nie dat hulle enige keuse in die saak het nie.

Wat dink julle is normaal vir ‘n 23 jarige vandag?  Wat het jy op 23 gedoen?  Wat dink julle van die storie?

Breinvasbrand:  Wat is die hoofstad van Roemenië?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “Deur die oog van n naald”.





Plan verandering

9 11 2010

“If at first you do not succeed, change your strategy.”

As iemand die gesegde tot ‘n kuns vervolmaak het, was dit beslis die vervaardigers van die Rocky Horror Picture Show.

Die Rocky Horror Picture Show (RHPS) is in September 1975 vrygestel in California.  Hoewel dit baie goed gedoen het in die spesifieke teater, was die res van gehore nie juis beindruk nie.  Die UA Theatre was elke aand uitverkoop, maar dit was keer op keer dieselfde mense wat kom kyk het.  Dit het eintlik so sleg gevaar dat die vrystelling van 8 ander stede afgestel is.

Die RHPS is daarna op kampusse vrygestel, waar dit gewoonlik met ‘n ander wetenskapfiksie vertoon was.  Weereens was daar nie juis baie belangstelling nie.  Seker maar as ‘n Aprilgek grap is dit as ‘n middernag fliek in April 1976 vrygestel.  In Oktober dieselfde jaar het mense begin om dit te gaan kyk in kostuums en het begin terugpraat met die skerm.  Hulle het ook begin om sekere props saam te bring as hulle gaan fliek.

Stadig maar seker is die fliek na ander teaters uitgebrei, waar dit ewe suksesvol was.  Dit was selfs ‘n ruk lank in Suid-Afrika vertoon gewees.  Ek verstaan dat strate op plekke gesluit moes word om almal wat die RHPS wou sien te akkomodeer.

Vandag nog is daar nog steeds teaters wat RHPS op ‘n gereelde basis – soos in twee keer ‘n week – vertoon.  In Munich is daar ‘n teater wat een van hulle lokale spesiaal ingerig het vir die RHPS.  Dit wys nog daagliks daar.  Dit het al $139,876,417 verdien sedert dit vrygestel is.  Nie sleg vir ‘n film wat sowat $1.2 miljoen gekos het om te maak en waarvoor die mense aanvanklik langtand was nie.

😉  Vir die meer senior mense, het julle RHPS gesien voordat dit verban is?

As iemand wonder hoe Tim Curry vandag lyk:





Fritz teen Tommie

26 06 2010

Skiet my maar.  Ek het ook gedink ek het klaar oor sokker gepraat, maar dit is nie so maklik om die ronde more in Bloemfontein te ignoreer nie. 

Die Engelse en Duitse toeskouers is bloot net te passievol oor sokker.  Ek verstaan dit kom van die Tweede Wêreld Oorlog se dae af.  Die Duitsers voel dat hulle nog steeds moet opmaak vir daardie vernedering.  Die Engelse voel dat as hulle die Oorlog kon gewen het, is daar mos nie ‘n manier wat hulle ‘n Sokkeroorlog kan wen nie.  Altwee het al in die verlede op hulle neuse gekyk, maar “let bygones, be bygones?”  Nooit gesien nie.  Niemand wil stert tussen die bene huis toe gaan nie.

Ek wil julle graag herinner aan ‘n ander bekende sokkerwedstryd tussen Engeland en Duitsland op 25 Desember 1914.  Ja, Kersfees in die Eerste Wêreldoorlog, ‘n dag wat ook bekend was as “Truce Christmas“.  Die Engelse en Duitsers het teenoor mekaar in loopgrawe gelê, van waar hulle sekerlik gehoop het om mekaar vrek te skiet.  Tog was die Kersfeesgees op daardie dag net te sterk.

Daar was wel ‘n skietstilstand afgekondig gewees, met streng opdrag dat niemand hulle possisies mag verlaat nie.  Daar was versigtig begin.  Elke land het op hulle eie Kersliedjies gesing, maar die gees van welwillendheid het gou oorgespoel.  Eers het ‘n paar dapper siele toertjies in geenmansland gedoen om almal te vermaak.  Toe was daar weer die haarkappers wat besluit het daar is ‘n paar wat net te veel na takhare lyk.  Kort voor lank was almal in Geenmansland. 

Een Brit het ‘n sokkerbal gehad en daar was meer as genoeg om behoorlik te kan sokker speel.  So gesê, so gedaan.  Blykbaar het Engeland daardie dag met 3-2 gewen.  

Dit was dalk ‘n futiele dag, hulle het tog daarna verder gaan baklei.  Dit wys tog hoe maklik gesiglose vyande vriende kan word.  Dit bly tog ‘n mooi gebaar om Christus se geboorte te herdenk.  En dit bly, in my oë, ‘n dag wat met vreugde herdenk kan word. 

Nou bly die vraag:  Wie gaan Bloemfontein koning kraai?