Ek het hierdie brief van Flavia ontvang en ek moet dit net plaas.
Ja, Laviga het uiteindelik haar kat gekry. Omdat Lispiek ‘eyeliner’ het, het die dom heks besluit sy dra Lipstiek. Wat in haar woordeboek Lispiek is.
Goeie more Juff Phoenix
Ek sien my niggie Laviga, het klaar by haar vriendin Olga gaan spog oor haar …..harump….., perd. Ek wil dit asseblief aan julle opklaar. My dierbare niggie sukkel nou al ‘n geruime tyd op skool, maar ek dink tog meeste van julle weet dit reeds.
Die keer het sy egter haar kursus baie goed geslaag. Dit was die kursus in VERSORGING VAN ‘n ANDER. Of baie ander op een tyd. Die
eksaminators het dit goed gedink om Laviga met ‘n …..harump….. perd te beloon. Maar voordat julle almal haar nou wil aanstel as kinder oppasser ‘n woord van waarskuwing. Sy het een area waarin sy nie kan hond haaraf maak nie. Dit is dissipline.
Elke keer as haar sorgelinge stout was, was Laviga die voorbok. Sy het dus die PERsiese KAT gekry om die toepassing van dissipline te oefen. Eers nadat sy die baie belangrike kursus geslaag het, sal sy met ‘n lapel kenwapen beloon wat haar sal eien as ‘n oppasser van lewende wesens jonger as syself.
Ons wil egter ‘n beroep op al haar blogvriende doen om haar te monitor en raad te gee oor hoe beste om dissepline toe te pas deur middel van
leiding neem. Nie as voorbok in die kattekwaad wat gepleeg word nie, maar om hulle WEG van versoeking te lei voordat hulle kan kwaad doen.
Om af te sluit, VEELSGELUK AAN MEJUFFROU LAVIGA VAN AARDLEVEN MET JOU GOEIE PRESTASIE. Ek sien uit om jou mentor op jou volgende kursus te wees.
Baie dankie vir u bereidwilligheid om Laviga se opleidings mentor te wees, goeie Juf Phoenix. Ook vir almal wat haar gaan monitor, baie dankie.
Voorspoed
Die uwe
(Mej) Flavia 4Awl
Laviga dra die kat onder haar hoed rond. Altyd geweet haar bossiekop is vir iets goed.
Wie runnik saam?