Gesoek: ‘n Vermaaklike Radio Stasie

11 03 2019

INA_8511

Ek kan dalk nog ‘n kar sonder ‘n stuurwiel indink, maar beslis nie een sonder ‘n radio nie.  Genade, is dit ooit moontlik om in doodse stilte te bestuur?  Daar is natuurlik diegene wat glo dat dit die enigste manier is, maar ek kan (wil) nie.

Die meeste karradio’s is gaaf genoeg om ‘n CD speler, USB port en Bluetooth te hê.  Ek is dus in staat om om self ‘n platejoggie te wees.  Wat ek wel doen as ek lang afstand ry.  Tog – siende dat ek net Noot vir Noot op TV kyk – wil ‘n mens tog in voeling met die wêreld bly.  Ek wil weet wat huidiglik die geur van die maand is, ek wil weet wat in die nuus aangaan (indien ek dit op sosiale media gemis het), wie konsert gaan kom hou en waar daar verkeersprobleme is.  Ek soek ook musiek – goeie musiek.

Deesdae is radio nogal ‘n irritasie.  Ek het met Jakaranda groot geword en nog nooit rede gesien om te verander nie.  Toegegee, daar was ‘n tyd wat ek soggens na Highveld toe oorgeskakel het, maar nadat die oggend omroeper vervang was, het ek maar eerder my niere met Jakaranda gaan vergruis.  Ek verstaan almal het nie ‘n gesig vir TV nie, maar kan hulle dalk ‘n stem vir radio hê?

Ongeag dit Jakaranda of Highveld is – ek is gatvol vir omroepers wat so vol van hulle self is dat ek enige oomblik ‘n knal verwag.  Met soveel eie waan, moet hulle een of ander tyd bars.  Ek kan my eie mening oor iets vorm, dit hoef nie in my keel afgedruk te word nie.  Ek hou natuurlik van ‘n goeie debat, maar dit is net ‘n goeie debat as die ander kant van die argument ook gehoor word.  Niemand het tyd om na ‘n hele program te luister nie en dit is ongevraagd om luistenaars (lees kliente) daaroor uit te vreet.  Net so kan almal nie hulle telefone vir die omroepers se gerief beman nie.

Die voorafgaande paragraaf is terloops iets wat omtrent by alle radiostasies voorkom.  Dit is beslis ook nie vermaaklik as ‘n volwasse man soos ‘n stout seun probeer op tree nie.  Dit is irriterend.

So . . . ek soek ‘n nuwe radio stasie.  Ek soek ‘n radiostasie wat op musiek fokus en dalk heelwat trivia gee.  Moet net nie strooi as feite verkoop nie.  Ek wil iets hoor wat ek nie weet nie, maar onthou ek weet baie.  Ek hou nie van praat radio nie en ek hou daarvan om heelwat Afrikaans te hoor.  Ek wil nie dieselfde advertensie die heeldag hoor nie.  Ek hou van ‘n omroeper wat sy mening lug, maar nie forseer nie.  Ek hou van nuusbrokkies af en toe en verkeersberigte waar ek ry sal ook waardeer word.  Ek ry baie in Gauteng rond en ek wil dekking in die hele Gauteng hê.

Is daar so ‘n stasie in Gauteng?

Terloops, ek sien Jakaranda na-aap Smile FM skaamteloos.  Ek luister graag na Smile in Kaapstad, dus weet ek dat hulle lank voor Jakaranda Secret Sound gehad het.  Hulle het ook lank voor Jakaranda Rubbish Riddle gehad.  Daar was ander goed ook, maar ek het dit al vergeet.

Hoe voel julle oor Radio?

Blogvraag:  Waaruit kom die volgende woorde:  “And now we meet in an abandoned studio, We hear the playback and it seems so long ago, And you remember the jingles used to go . . . ”

 


Aksies

Information

25 responses

11 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Dis rêrig onlekker hoe die ou omroepertjies soos hane op hule mishope sit en selfvoldaan kraai. Maak my ook naar. Oor die na-apery – daar is hoeka nie meer iets nuut onder die son nie! Mense het die vermoë tot oorspronklike denke lankal prysgegee. Ek luister na my eie musieklys van my ipod, of sit een van DSTV se musiekkanale aan – dis by die huis. Wanneer ons reis maak ons ons eie musiek stasie danksy getroue ipod, en ons hou van die ouens van Algoa FM as ons in die Camdeboo gaan kuier.
NS. Die lirieke – Video killed the Radio star. Hoe waar.

12 03 2019
Xena Phoenix

Mens sal hoop dat ‘n gevestigde stasie soos Jakaranda nie blatant sal steel van ‘n klein, nuwerige radio stasie nie. Dan weer, deesdae is dit hoogmode om die kleintjies se idees te steel.

12 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Ja, want oorspronklike en eie denke is aan die verdwyn en boelie is mode.

12 03 2019
Xena Phoenix

Steel ook – as jy trots Suid-Afrikaans is.

12 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

O, laat ons nie daai tuinhekkie op hierdie mooi amper- herfs more oopmaak nie. Dis vreeslik dat almal so besteel is, en nou terug wil steel.

12 03 2019
Xena Phoenix

Dalk moet dit my volgende loopbaan wees. Ek sal net van die regering, Vodacom en die mediese fonds steel.

12 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Jo, dan land ons in die tjoekie saam met die regering en Vodacom en mediese fonds… nee wat. Kom ons skryf liewer ons hartjies uit! 😉

12 03 2019
Xena Phoenix

Dan steel ek die tronk ook.

12 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Grapjas. Ek sal vir jou koekies bak en boeke stuur…laat net weet waar die gesteelde tjoekie gaan wees. Hehe.

11 03 2019
seegogga

Gee maar vir my RSG

12 03 2019
Xena Phoenix

Ek kan nie. Dit is net te . . . te?

12 03 2019
seegogga

ten minste leer mens iets sommer so in die ry en saans is die musiek heerlik

11 03 2019
Toortsie

Ek geniet ook RSG, eerder in die namiddag. Soggens is hulle te ernstig vir my.

12 03 2019
Xena Phoenix

Ek het eendag jare terug ‘n argument met ‘n omroeper van hulle gehad. Wil mos vir my vertel hoe pragtig het Freddie Mercury No one but you gesing. Ek weet Freddie Mercury is goed, maar nie eers hy kon ‘n lied opneem wat na sy dood geskryf is nie.

12 03 2019
Toortsie

Auch

11 03 2019
HesterLeyNel

My motorradio swyg al vier jaar lank. Ek kan nie Classic FM hier opvang nie. Ek is te lui om CDs om te rui en my ipod het die gees gegee. Dis oukei, ek is te lui om ver te ry ook en loop liewers.

12 03 2019
Xena Phoenix

😉 Sing jy dan vir jou self as jy loop?

12 03 2019
HesterLeyNel

O ja. Hahaha. As ek op die strand loop gee ek ‘n hartroerende weergawe van I believe I can fly – dis nou wanneer die wind waai.

12 03 2019
Xena Phoenix

LOL!!!

28 08 2019
Dr Christa van Staden

En ek lief ook stilte in my kar, as ek nie RSG kan luister nie.

11 03 2019
Olga

Ek weet nie eers meer waar om Jakaranda te kry nie. Ek luister al ‘n paar jaar na 100.5 of te wel Laeveld.fm. Dit pas my, hulle musiek herhaal nie elke halfuur nie en self hulle advertensies is “home grown.” Maar jammer vir jou, dit word nie sover soos GP opgevang nie.

12 03 2019
Xena Phoenix

Dalk moet ek vir na ‘n klein, plaaslike radiostasie soek. Hopelik een wat die hele Gauteng dek.

13 03 2019
Vuurslag

Ek bly ver buite Gauteng en glo my dis hier nog ‘n groter stryd om die regte radiostasie te kry. Ek luister wel RSG maar andersins luister ek na Afrikaanse gemeenskapsradiostasies oor die internet. Daar is goeie radiotoepassings wat mens vir Android kan aflaai. Ek luister na stasies soos Radio Rosestad in Bloemfontein, Overvaal stereo in Viljoenskroon en Bosveld stereo wat oor groot dele van Gauteng gehoor kan word. Die enigste probleem is dat dit wel heelwat mobiele data gebruik, dus moet mens verkieslik ‘n goeie onbeperkte internetplan by die huis kry om so te kan luister.

28 08 2019
Dr Christa van Staden

A, my man luister ook Bosveld, ek moet dit nog opsoek.

14 03 2019
verons

Elloooooooooo…. Van die Tumi Morake debakel luister ek na Bosveld stereo107. 5fm in my kar en groot fm 90.5fm in my huis en ek is nie een dag spyt nie ek het my kar radio nou op Bosveld, Groot Fm en Radio Pretoria ingestel as die een my irriteer skakel ek oor na die ander, ek luister ongelukkig jacaranda by sie week want dis waarop die werk se radio ingestel is

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: