Die mens in die gewaad

11 10 2018

Ek kon nou die dag met ‘n veer omgeslaan word toe ek hoor dat Moslems hoë agting vir katte het.  Ek – duidelik geen kenner nie – het sommer maar net aangeneem dat hulle ‘n kat as onrein gaan aanvaar.  Teen die tyd ken julle al die stories van aannamens.  Katte is welkom in Moslems se moskees en huise, juis omdat hulle as skoon en rein diere aangesien word.  Trouens, dit word as sonde gesien om ‘n kat skade te berokken.

Kan jy nou meer?  Dit het my egter laat dink oor wat agter die swart gewade skuil?

khimar_yemen

Ek is darem net halfpad in ‘n grot.  Ek weet dat baie van die dames hoogs intelligent en hoogsgeleerd is.  Verder was ek nog altyd net dankbaar dat ek nie hulle klere hoef te dra nie.  Wel, om eerlik te wees, wissel ek tussen meerderwaardigheid dat ek dit nie hoef te dra nie en diepte jammerte as ek hulle buite in die warmste somersdae sien.

Toegegee, ons almal weet (aanvaar?) dat hulle nie die maklikste lewens het nie.  Ons sidder soms oor hoe die dames in die tradisioneel Arabiese lande behandel word.  Ek meen, Saudi Arabië het eers noudie dag toegelaat dat vrouens mag bestuurslisensies kry.  Tog is daar tog meer tot die mens as bloot die feit dat sy gelowig en / of tradisioneel is?

Is sy ryk of is sy arm?  Hou sy van haar man of droom sy daaroor om gif in sy koffie te gooi?  Is sy tevrede oor die geloof waarin sy gebore is?  Hou sy van kinders, diere of plante?  Dra sy die uitrusting by die huis en kan sy in enige slaapklere wat haar aanstaan slaap?  Gaan sy soms gim toe of hou sy daarvan om aan sport deel te neem?  Kyk sy skelm Orange is the New Black of doen sy dit sommer openlik?  Skinder sy met haar vriendinne en wat beskou sy as die moeite werd om oor te skinder?  Wat verag sy in haar siel?  Wil sy haar sterre verander?

Hoeveel is sy maar dieselfde as gemiddelde Westerse vrou?

Ek het nog nooit moeite gedoen om te probeer uitvind nie.  Ek is nie eers seker dat ek welkom sal wees om te probeer nie.  Maar, in alle waarskynlikheid, is ons ooreenkomste seker meer as ons verskille.  Dit is ongelukkig net goed verberg agter swart lappe.

 


Aksies

Information

5 responses

11 10 2018
HesterLeyNel

Ons het deur ‘n sameloop van omstandighede vier jaar gelede bevriend geraak met Moslems en is so te sê opgeneem in hulle familie. Die familie is groot (uitgebrei na nie-bloedverwante ook, om besigheidsvennote en hulle families in te sluit) en ons was aangenaam verras deur die warme en hegte familiebande. Hulle kinders en ons kinders word almal se kinders wat deur die gemeenskap grootgemaak word. Ons het geleer om mekaar se sienings te respekteer en ‘n bietjie skiet te gee wanneer ons nie saamgestem het oor iets nie. Inkopies het ‘n plesier geword. Die vloeiende swart gewaad is nie so warm soos wat mense dink nie – onthou die los gewaad laat lug deurvloei en hou terselfdertyd die sweet op die vel, terwyl die son jou nie kan piets nie. Jy bly dus koel. Wanneer die wind waai of as dit koud is, knoop ek dankbaar my eie hijab (‘n geskenk van ‘n vriendin) om my kop om my wederstrewige ore te beskerm en my hare in toom te hou. Vir die Moslemvrou is haar gesin en uitgebreide familie haar hoogste prioriteit en haar huishouding is van groot belang. Dit was vir ons ‘n heerlike ondervinding om saam met hulle te kook en te eet, opvoerings by te woon en na musiek te luister en ons kuier nog steeds saam wanneer daar tyd is.

11 10 2018
Toortsie

Hello Xena, mens hoor deesdae min van jou.
Ek het ‘n Moslem familielid, maar ek stel baie belang in die geloof, sodat ek dit beter kan verstaan en lees nogals graag op daaroor.
Dalk is ek steeds oningelig, maar dit lyk vir my dat hulle gewone klere in hulle huise dra. As ‘n mens in die Arabiese lande in die winkels rondloop, is daar regtig pragtige klere op die rakke, wat die dames koop om mooi te lyk in hulle huise.
Dis egter wanneer daar mense buite hulle gesinsverband daar kom, of mans, dat die dames hulle so moet bedek.
‘n Niggie van my wat in Saudi gewerk het, sê dit was vir haar die maklikste om so aan te trek as sy winkels toe gaan. Dis koel, want onder dit het sy net haar bikini aan, en sy word ook nie aangestaar nie.

12 10 2018
Positief

Nou laat jy my ook wonder
Dis die beste ding van blogland, ander bloggers maak jou oë oop en laat mens dieper dink oor dinge wat jy nie eintlik oor dink nie. Ek gaan iemand soek om te vra

12 10 2018
Olga

Ek het gehoor dat dit net in hulle eie land wet is. Diegene wat dit buite die Arabiese lande dra, hoef dit nie te dra nie. Het ook gehoor dat hulle gewone klere onder daardie swart gewaad dra. Net vir interessantheid, ek was vertel dat vroue as onrein geag word wanneer hulle menustrueer, in nie Arabiese lande sal vroue wat menustrueer hulleself met die gewaad bedek om nie die son (?????) te besoedel nie.
Kan ju nou oorvertel dat hulle katte as rein en üntouchable”sien, maar vroue nie?

2 02 2019
Stel jouself bekend – toortsie.com

[…] beste raad wat ek ooit oor blogging gekry het, het ek by Xena gekry: Stel jouself bekend deur by ander blogs kommentaar te lewer. Hoe moet ons van jou weet as jy […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: