Katte en Pille

5 09 2018

deactivate-e-calm-down-your-crazy-cat-seconds-using-simple-trick.1280x600

Troeteldiereienaarskap beteken nie net ‘n sagte, wollerige, vermaaklike kameraad nie.  Nee, dit behels dat jy verantwoordelikheid neem om ‘n lewendige wese te versorg.  Dit sluit natuurlik goed soos mediese behandeling in.

Goed en wel – tot jy eendag besef dat jou troeteldier van keuse ‘n veearts benodig vir iets meer as net ‘n inenting.  Dit is erg genoeg dat die dier nie lekker voel nie.  Ons praat dan nie eers van ‘n veeartsrekening wat in jou naam uitgereik word nie.  Hoor my lied, as die siek troeteldier ‘n kat is, dan is jy in die moelikheid.

Probleem is dat siektes met medisynes – spesifiek pille – gedokter word en niemand het die katras hulle mening hieroor gevra nie.  Hulle protesteer met alles in hulle oor die behandeling.  As julle my nie glo nie, gaan vra maar my vriendin Google.  Om te probeer om ‘n kat ‘n pil in te gee beteken basies:

  1. Daardie pil gaan gespoeg word.
  2. Jou huis – ten minste die area waar jy jou lewe in jou hande gaan neem – gaan verwoes word.
  3. Die bloed gaan spat.
  4. Die kat gaan nie een druppel bloed verloor nie.
  5. Die pil(le) gaan nie vir ‘n vy in ‘n kat in nie.

jban55_hi

Helaas is ‘n kat nie so effektief teen kieme as wat hulle teen pille is nie.  So raak Mej Lispiek siek en moet ek met haar veearts toe.  Laviga is natuurlik bang sy moet betaal en die besluit om by Ouma Heldina te gaan kuier.  Die veearts is gaaf genoeg om die eerste dosis antibiotika met ‘n inspuiting te gee, maar ek kry 8 dosisse om op een of ander manier by ‘n moedswillige kat in te kry.

Sug!

Eerstens klink dit baie makliker om pille fyn te maak as wat dit is.  Dit moet ook behoorlik fyn wees.  Ek het een dag gedink ek draai Lispiek ‘n rat voor die oë om haar wurmpil in haar gunsteling kos te sit.  Sy het dit al te gretig gaan vreet; maar elke stukkie van die pil agter gelos.  Oh, why can’t a cat be more like a dog?

In elk geval – dit is antibiotika en sy moet dit in kry.  Ek kry raad dat vissmeer vir hulle onweerstaanbaar is.  Ek is dus vroegoggend uit om te gaan vissmeer koop en ek vergruis die pilletjie daar in.  Mense, ek was verheug toe sy dit eet asof dit lekkers is.  Die aand kom jaag sy my sommer in die kombuis aan toe ek die vissmeer bottel oopmaak.  Dit werk goed – tot met dosis nommer 4.  Ek het mos nou net bly geraak.  Skielik wil sy niks meer weet van vissmeer nie.  SUG!  Met ‘n groot gesukkel het ek die gedokterde vissmeer in, maar met die wete dat die truuk nie meer gaan werk nie.

Dosis nommer 5.  Sy is mal oor vla en ek maak nogal seker dat sy nog steeds mal is oor vla.  Kan nie genoeg daarvan kry nie – tot die pil daarin fyngemaak is.  Sy is klaar met pille, maar daar is nog drie dosisse oor.  Daar was dus net een genade.  Ek moes doodeenvoudig op die outydse manier haar dit pille moet ingee.

Ek het nie Xena vir ‘n naam gekies, omdat ek bang is nie.  Toegegee, hospitale is duur inrigtings – veral as jy ‘n veearts rekening moet betaal.  Ek het haar maar in ‘n beperkte omgewing die pil probeer gee en dit herhaal tot die pil in is.

Soos te verwagte storm Lispiek boos – maar met die pil in haar – na buite.  Ek het my nie gesteur nie – ek het eers op makliker maniere probeer.  Sy was die een wat vol streke was.  Sy het nie lank boos gebly nie:  toe ek my draai sit sy langs haar kosbak en dring aan op ‘n beloning.  Verskoon my?  Ek is die een wat die beloning verdien, nie sy nie.  Sy het verskil en gelukkig het sy vissmeer as ‘n aanvaarbare beloning erken.  Ook maar goed – ek soek beslis nie vissmeer as beloning nie.

Dit was dosis 6.  Dosis 7 het sy meer kere uitgespoeg, maar die boos stap oorgesien om dadelik ‘n beloning te eis.  Weereens was die vissmeer aanvaar.

Daar is nog een dosis oor.  Behoede my.


Aksies

Information

9 responses

5 09 2018
vuurklip

Ons dapper waghond(tjie) het die kuns vervolmaak om die stukkie vleis in te kry sonder die pil war uitgespoeg word – totdat ons ontdek het dat die pil in ‘n Redro Fish Paste bolletjie die antwoord is. 🙂

11 10 2018
Xena Phoenix

So jy reken ek het die verkeerde tipe vissmeer gekry? 😉

5 09 2018
Hier "blok" Ek!

Lekker lag ek nou – my Veearts lyk of sy die kat, my kat, gaan moor as die ‘n pil moet drink – maar daai kat van my sluk die pil want sy is banger vir die Veearts in my dogter, as vir pilsluk. Dit is baie erg om dit te aanskou.

11 10 2018
Xena Phoenix

Ek het nou die dag dental treats vir my kat gaan soek. Wil die poppie my vertel ek moet een of ander gel op die kat se tande sit. 🙄 Ek meen regtig? Ek het haar gevra of sy katte ken en sy het glo twee. Sy het wel vinnig erken haar katte sal nie haar ‘slim’ plan aanvaar nie.

5 09 2018
HesterLeyNel

Ek het nog nooit ‘n geveg met my kat gewen nie. Nou los ek haar vir my dogter.

11 10 2018
Xena Phoenix

Helaas is dit nie ‘n opsie vir my nie.

7 09 2018
Olga

Ek het jou nogal gewaarsku teen ‘n sekere swart hoed draer se kat inneem ne. 😉 My ou Katterjansie het gespoeg, maar ek het nie laat los nie. Die vissmeer trick was ook ‘n gunsteling van my.

11 10 2018
Xena Phoenix

Wel, wat kan ‘n mens doen? Ek is nog steeds verstom met hoe ‘n kat kan besluit wanneer sy ‘n beloning (kastig) verdien.

11 10 2018
Olga

Ken jy nou nog nie ‘n kat nie Grieters? Die Engelse dink ek is beter kat mense as ons. Dis hoekom hulle ‘n wyfie ‘n queen gemaak het. So jy buig maar die knie voor die dame en gryp haar opnuut vas. Wys haar wie is die baas. Laat die my nou aan Kortgat se segoed dink. Ek mag dit egter nie oorvertel nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: