Oordeel ‘n boek aan sy buitekant

1 03 2018

Ek het ‘n paar jaar terug Afrikaanse flieks afgesweer.  Na die groot ophef wat oor Liefling gemaak is, het ek besluit nooit weer nie.  As dit die beste is wat Afrikaans kan bied, dan is daar geen hoop nie.  Ja, ek weet lae begrotings is altyd die verweer, maar oempf kos niks.  Daar was geen oempf.

Hier en daar het ek wel uitsonderings gemaak.  Ek het byvoorbeeld Ballade gaan kyk.  Ek sal dit nou nie die beste fliek ooit noem nie, maar ek het darem nie gevoel of ek my geld mors nie.  Ek het ook hier en daar ‘n paar DVD’s gekyk.  Party het belofde getoon dat ek dalk te vinnig alles oor dieselfde kam geskeer het en ander weer het my punt bevestig.

Onlangs het Raaiselkind die silwerdoek getref.  Ek het my bedenkinge gehad.  Eerstens foeter ‘n fliek mos altyd die boek op.  Tweedens, Diaan Lawrenson?  Regtig?  Paula vir die ma?  Ek kon niks goeds daaruit sien kom nie.  Laastens was Sally Campher die vervaardiger.  Ek bid jou aan!  Yollie van Orkney Snork Nie.  Die persoonliking van vlak.  Wel, eintlik sal vlak in die gesig gevroetel wees met Yollie van Tonder.  Daar moet immers ‘n diep mens aan die stuur van sake staan vir ‘n fliek soos Raaiselkind.

Dit is natuurlik baie onregverdig van my; om die aktrise aan die karakter gelyk te stel.  Tog is dit dadelik die beeld met ‘n skril aankondiging wat by my opkom.  Ja, daar was ander rolle ook.  Dit was haar rol wat my afgesit het van Koöperasie Stories.  Nie dat ek haar al ooit blameer het vir die skrywer se fasinasie van die makbere.  Sy was ook iewers ‘n speurder of ‘n ding gewees.  Niks wat regtig uitgestaan het nie.

In elk geval, deesdae maak sy flieks en duik diep.  Dit het nie vir my na ‘n blink plan geklink nie.  Ek het egter besluit om ‘n kans te vat omdat Annelie Botes heel in haar noppies met die fliek was.  As sy tevrede was, het sy of lae standarde of hulle het haar storie nie vermorsel nie.

Ek was verkeerd.  Dalk omdat ek baie lae verwagtinge gehad het, maar die fliek was heel aangrypend.  Ek sal dit self as goed bestempel.

Natuurlik is daar ‘n paar goed wat nie sin maak nie.  Soos hoekom is die ma in die eerste plek gearresteer as sy eintlik vir ondervraging ingeneem is?  Sy kry haar boeie eers by die kar en dan word sy by die polisiestasie ondersoek ook.  Dit het my terloops in die boek ook gepla.  Nogtans dink ek dat die fliek wel hulle doel behaal het.  Mense wat na outistiese kinders omsien, lewe in ‘n nagmerrie.  Alleen, met ‘n kind wat hulle laaste nerwe skeur en met bittermin ondersteuning en baie verwyte en veroordelings.

Annelie Botes het die verhaal geskryf nadat een van haar kollegas se kinders met outisme gediagnoseer is.  Sy het self aanvanklik die ma van die kind verdryf en later die diagnose afgemaak as ‘n nuwe naam vir stoutigheid.  Sy het haarself opgevoed en glo sake met die ma reggemaak.

Ten slotte – ek het al ‘n paar mense ontmoet wat almal vertel hulle kind is outisties en die kind is duidelik nie outisties nie.  Ek wonder dikwels of hulle nie dinge aanroep nie.  As hulle na fliek soos Raaiselkind kyk, skaam hulle hulleself?  Of is dit maar net water op ‘n eend se rug.


Aksies

Information

20 responses

1 03 2018
ekmyselff

Nou wil ek dit ook kyk.

1 03 2018
Xena Phoenix

😉 Daar is ander mense wat dit as oor dramaties en sensasioneel beskryf.

1 03 2018
ekmyselff

Dan sal ek moet gaan kyk en self besluit hoe ek dit sal beskryf.

1 03 2018
ekmyselff

Ek wil baie graag Susters gaan kyk – dit lyk nou vir my na ‘n goeie een.

1 03 2018
Xena Phoenix

Ek tel die slapies vir Mamma Mia 2.

1 03 2018
rondomtaliedraai

Ek gaan nie kyk nie, want die Afrikaanse flieks maak my ongemaklik …

2 03 2018
Xena Phoenix

Hoekom juis ongemaklik?

2 03 2018
rondomtaliedraai

Dis soos ‘n skoolkonsert wat jy afgerig het … mens is nooit tevrede4 Dis of die akteurs pynlik by die teks wil bly Te veel woorde….l ag ek weet nie. Ek is dalk verkeerd

1 03 2018
sonell

Ek is groot op die Afrikaanse films. Dit is waar wat jy sê, daar is sommer heelwat, wat my net afsit, maar dan is daar ander soos Vaselinetjie en nou weer Raaiselkind. Miskien omdat ek ‘n voorliefde het vir drama… Nietemin, Raaiselkind het my asem weggeslaan. Ek het so paar jaar terug die boek gelees en ek dink Diaan het haar rol uitstekend gespeel. Dit wil tog vir my voorkom hoe jonger die skrywers en regisseurs van die nuwe Afrikaanse films is hoe beter raak dit.

1 03 2018
sonell

Nie dat Sally Campher jonk is nie…

1 03 2018
sonell

Ek bedoel maar die ander films 😉

2 03 2018
Xena Phoenix

Wee jy! Daar was ‘n Afrikaanse fliek waaroor daar destyds ‘n massiewe ophef gemaak is; Paljas. Vet alleen weet hoekom enige iemand gedink het dit is ‘n storie wat vertel moet word.

Ek geniet ook drama. Ek het nie Vaselinetjie gekyk nie. Die beste stories is dramas. Die lig en donker; lag en hartseer. Raaiselkind sal ek eintlik eerder ‘n tragedie noem.

2 03 2018
sonell

Dit is beslis ‘n tragedie. Dit laat ons ook ons eie lewens in perspektief bekyk en laat ons dankbaar vir dit wat ons het.

Die gevoel is dieselfde by my oor Paljas. Maak nie vir my sin nie…

1 03 2018
Olga

Grieters, as jy Sally Canpher in “Het van Verlangekraal” gesien het, sou Yollie jou verstom het. Ek het nie die fliek “Ballade” geniet nie. Tipies Suid Afrikaanse flieks, het dit te min van een ding gehad en te veel van ‘n ander. So ek glo nie, ek sal moeite doen vir die een nie.

2 03 2018
Xena Phoenix

Eeue voor my tyd. 😉

1 03 2018
Olga

Wat my natuurlik afsit van flieks soos Liefling, Treurgrond, semisoet, ens is die sangers wat hulle lywe akteur hou. Ek dink ek het tien minute van Liefling gekyk, toe was ek naar. Die ander is net name. Hoekom die rolprent vervaardigers van Suid Afrika die nodig vind om sangers, modelle, mej Suid Afrika en andr prulle op die “Silwerdoek’ te verewig, gaan my verstand te bowe.As hulle daar moet wees, laat hulle by “Oppikoffie” by ‘n tafel sit en vir die kelnerin wink. Dis al waarvoor hulle goed is. Daar is buitendien soveel sukkelende akteurs en aktrises in SA, hoekom nie hulle gebruik nie?

2 03 2018
Xena Phoenix

Ek kan eerlik waar nie ‘n sanger in Semisoet onthou nie.

Ek is dankbaar dat die Afrikaanse flieks wegbeweeg van vulgêre komedies of politieke bollie. Sommer net gewone stories.

2 03 2018
Olga

ek se mos, vir my is dit net name.

2 03 2018
Xena Phoenix

LOL

4 03 2018
melt

daar is skynbaar verskillende grade van outisme.my sal dit nie glo nie daar is ouers wat hulle kind nie eers in die skool gesit het nie. hybkyk jou in die oog. hy praat, hy lag hy sosialiseer. dink hulle hulle doen hom n guns? besef hulle nie hulle maak hom groot om eendag tuinjong te wees nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: