Poef en betaal

22 02 2018

Image result for tax

Daar is min dinge op hierdie aarde wat my bitter maak soos belasting.  Ek weet die Bybel sê jy moet die koning (regering) gee wat hom toekom, maar kom ons wees nou reguit.  Gee beteken jy vat iets en oorhandig dit aan ‘n ander.  Ek weet nie van julle nie, maar SARS wag nie vir my om te gee nie.  Nee, SARS gryp wat hulle wil hê en verder kyk hulle boeties en sussies waar jy verder geskroef word.

Voordat my maandlikse peanuts by my uitkom, het SARS alreeds hulleself daaruit gehelp.  Met mening.  Wanneer daar besluit word my pakkie peanuts word met 7% vermeerder, gryp SARS byvoorbaat sommer ‘n ekstra 10%.  Vir jare juig SARS harder oor enige verhoging as ek.  Kry ek ‘n paar ekstra peanuts as beloning, kry ek maar eintlik net SARS se oorskiet.  Hulle werk mos net so hard vir daardie peanuts as ek.  Daarom het hulle seker eerste reg op enige bonusse.

Dit is ‘n bitter pil om te sluk, maar die regering probeer nie eers die sluk makliker maak nie.  Wat kry ek nou eintlik vir my belasting?  Een of ander tyd gaan ek opgeskroef word vir tolgeld.  Waar ek nie vir die voorreg van die pad (wat met ondermeer my belasting gebou is) moet betaal nie, is dit koes-koes vir slaggate.  Ek moet vir ‘n medies, sekuriteit en aftrede betaal.  Ek het jare lank aan studielenings afbetaal en ek betaal my huidige studies self.  SARS sal wel ‘n manier kry om my te skroef met die Nasionale Gesondheid Versekering.  Ek betaal dus vir my eie en ander se opvoeding en gesondheidsorg.  In plaas van ‘n dankie, word daar net na meer peanuts gegryp.

Ek betaal al meer as ‘n dekade lank belasting.  In die tyd moes ek helaas al sake by die polisie aangemeld het.  In die tyd was daar al by my motorhuis, motor en huis ingebreek.  Ek het ‘n handvol selfone en ‘n skootrekenaar onvrywillig geskenk.  Raai hoeveel van die sake was geondersoek?  Raai hoeveel ondersoekbeamptes het ek al ontmoet?  0!  Belangstelling van SAPD?  -300%!

Nou word BTW boonop verhoog.  Ek is beslis nie lus om meer belasting te betaal vir minder nie.  Dus, moet ek maar my besteding besnoei.  Tans, kry SARS ongeveer R140 van elke R1000 wat ek spandeer.  Na 1 April, moet ek kry SARS ongeveel R140 as ek R933 spandeer het.  Hulle sal R150 kry vir elke R1000 wat ek uitgee.  Ek moet does 6.7% besnoei om seker te maak SARS kry nie ‘n sent ekstra nie.  Dalk moet ek die 6.7% in ‘n belastingvrye rekening stoot en kyk of ‘n mens nog rente kan verdien.  Ek weet nie of die 6.7% ‘n annuïteit kan koop nie, maar dan kan SARS vir jou geld gee.

Ek weet nog nie hoe ek my petrol verbruik gaan verminder nie, maar ek het beslis genoeg gehad van die bodemlose belastingput.

Hoe voel julle oor belasting?  Hoe kan ‘n mens jou belasting sny?


Aksies

Information

12 responses

22 02 2018
lekkervurig

Die vlieg op die Vuisboek rond: VAT should now be called ZAT – Zuma Added Tax

22 02 2018
HesterLeyNel

Dis nou die heilige donnerse waarheid. Verskoon my Frans.

22 02 2018
lekkervurig

Eish dis flippen vreeslik dat Jan Publiek so moet swaar kry…seker die goue handdrukkies wat so duur is dat ons nou weer gebuk gaan…

22 02 2018
HesterLeyNel

Nee, dis die gratis studiegeleenthede vir mense wat ‘n paar jaar hulle tyd gaan geniet op varsity en dan na die tyd NIE ‘n graad of ‘n job het nie en dus NIE tax gaan betaal om die land te help opbou nie. Alles net om stemme te werf vir die ANC vir 2019.

26 02 2018
Xena Phoenix

Ek reken dat Suid-Afrika die duurste land op aarde wil wees. Op ‘n stadium was ons vertel hoeveel goedkoper ons petrol as oorsee is. Dit was toe maar iets soos ‘n vyfde as wat dit in Europa was. Ons is vandag nog goedkoper, maar die verskil is aansienlik minder. Dieselfde was ons vertel oor elektrisiteit. Nou is dit BTW.

Wens hulle wil onthou ons betaal meer vir karre in SA as elders in die wêreld.

22 02 2018
rondomtaliedraai

Betaal is die wet van Transvaal
Ek moet al die jare myself oortuig dat my belasting vir die onderhoud van paaie gaan, want anders sal ek gek word van al die vermorsing.

26 02 2018
Xena Phoenix

Ek kan myself nie daarvan oortuig nie. Ek koes te veel vir slaggate.

22 02 2018
Toortsie

Moedeloos

26 02 2018
Xena Phoenix

Ek stik te veel daarvoor.

22 02 2018
Olga

Wat van parlement verklein? Al die kaders wat verhewe posisie op die soustrein kry is bog. As hulle daar wil wees, laat hulle maar aanhang so goed as wat hulle kan. Hoef nie in die parlement te wees nie. Die kindertoelaag is nog ‘n onding wat wortel en tak uitgeroei moet word. Ek was al so geskok om te sien dat van die kinders se ouers beide werk vir goeie salarisse. Toe my maergat kriekie gebore was, het iemand aanbeveel my Nolie gaan doen aansoek vir die kindertoelaag. Ek het gese hy werk mos. Die antwoord was Ëk werk ook en ek kry dit.” Verder nog as al die goue handdrukke wegval, sal daar meer op internationale skuld betaal kan word. Die ministers, lp’s ens is kontrakwerkers. Hulle moet self sorg vir pensioen, medies, behuising en so voorts.

26 02 2018
Xena Phoenix

Die parlement se grote word bepaal deur die grondwet. Dit is 400. Die setels word toegeken in porporsie van die hoeveelheid stemme wat ‘n party verower.

Die kabinet is ‘n andersaak. Dit word deur die president gekies en hy kan dit vermeerder en verminder soos hy goed dink. Dit kan aansienlik kleiner gemaak word.

Die meeste werkgewers dek nie medies of behuising nie. Die staat kan ook hulle voet neersit. Toelae vir die president se vrou ook. Teen hulle salarisse kan hulle dit sekerlik self bekostig.

27 02 2018
Olga

Die paddaman het gepraat van die kabinet verklein. Maar nou blyk dit hy praat ne. Die mees logiese tyd sou gewees om nou te verklein maar hy het net geskommel. Meeste van die ou kabinetsministers is nog steeds ferm in beheer van die een of ander bootjie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: