Vyand nommer 1

31 01 2018

Ek mag dalk al iewers genoem het dat ek ‘n Xena aanhanger is.  Uhmm, as my naam dit nie weggegee het nie.  ‘n Goeie 4 seisoene gaan oor die volgende filosofie:  “To conquer others is to have power.  To conquer yourself is to know the way.”

In die storie, word dit as waarheid deur een Lao Ma aan Xena voorgehou.  Op die stadium was Xena omtrent die verpersoonliking van boosheid self.  Lao Ma skryf dit dan sommer in haar man, Lao Tzu, se boek vol wyshede.  Sy hou hom in ‘n koma omdat hy ‘n tiran is.  Sy regeer in sy plek en reken sy geskenk aan hom is dat hy as ‘n liefdevolle en wyse heerser onthou sal word.

Goed, ek is die laaste een wat die vervaardigers van Xena sal beskuldig dat hulle ‘n goeie storie met feite bederf.  Geskiedenis reken dat Lao Tzu se gevleuelde woorde is.  Ek het eendag iewers gelees dat Lao Tzu 60 jaar oud is toe hy gebore is.  Ek is geneig om dit met ‘n emmer sout te neem.  Tog maak dit eintlik sin.

Hy moes seniel gewees het om sulke twak te praat:  “To conquer others is to have power.  To conquer yourself is to know the way.”  Geen wonder daar was soveel dramas en treurmares in Xena oor hierdie einste filosofie.  Persoonlik reken ek hy (of sy manipulerende vrou) wou eintlik gesê het:  “To conquer others is to have power.  To conquer yourself is to be power.”

Is die “eie-ek” maar nie eintlik elke mens se grootste vyand nie?  Wie se skuld is dit as jy te veel eet of ongesond eet?  Wie se skuld is dit as jy meer geld uitgee as wat jy het?  Wie se skuld is dit as jy op Vreetjieblad ‘n vloermoer gooi wat ‘n tweejarige sal laat skaam kry?  Wie se skuld is dit as jy uit woede iemand se nek omdraai?

Sou die wêreld nie ‘n beter plek gewees het as mense net hulle self kon beheer nie?  Ongeag watter wette afgekondig word, eintlik het net jy beheer oor jouself.  Dit gaan oor keuses en om die regte besluit vir jouself te neem.  Selfbeheersing.  Iets wat deesdae afgeskryf word omdat dit aansienlik moeiliker is as wat ‘n mens dink.

Deesdae word enige swakhede mos toegesmeer met moenie oordeel nie.  Niemand durf mos om iemand te sê om ‘n ruggraat te groei en te doen wat reg is nie.  Deesdae is ‘n definisie van reg en verkeerd op sulkself verkeerd.

Jy is op jouself aangewese om enige iets te vermag.  Dit maak dus net sin dat jy jouself bemeester.  As jy dit kan doen, is geen ster te ver nie.

“To conquer others is to have power.  To conquer yourself is to be power.”

Terloops, laat weet my as iemand hom/haarself genoeg bemeester het om te kan vlieg!


Aksies

Information

5 responses

31 01 2018
sonell

So waar wat jy hier skryf. Ons moet elke dag daaraan werk om beter te wees as die persoon wat ons gister was.

31 01 2018
HesterLeyNel

Absoluut waar

1 02 2018
scrapydo2.wordpress.com

Nogal wyse woorde van so n oue man/vrou. Hoe kan jy power kry as jy jouself nie be-power nie.

1 02 2018
Olga

😉 Ek het reggekry om te vlieg, dink ek. Iemand het so 5/6 jaar gelede vir my gese om in my moer te vliieg. 😆 Dink ek het dit reggekry. Sy vertel ander gemeenskaplike kennisse dat ek nie met haar praat nie.

1 02 2018
Olga

Ek dink om jouself te oorwin tot die mate dat jy altyd in beheer van jouself is, is die grootste oorwinning nog. Ek stem egter nie met watsemenaam saam nie. om ander te oorwin, maak jou nie magtig nie. Mens sal ewig mens wees. Niemand durf sommer iemand sterker as hom/haar self aan nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: