Toiletpapier se dae getel?

12 09 2017

the-end-of-the-toilet-paper-as-we-know-it

Daar is niks verkeerds om jou sente om te draai nie.  ‘n Klein bietjie hier en ‘n klein bietjie daar kan nogal ‘n groot bedrag aan die einde van die jaar maak.  Vra maar enige een wat hulle kleingeld in ‘n emmer gegooi het en later gaan bank het.

Die vraag is net hoe ver moet ‘n mens gaan om ‘n paar sent (deesdae rand) te spaar?  Daar is deesdae selfs mense wat ophou om toiletpapier te koop om hulle beursies te laat rus.  Nie almal gaan steel toiletpapier by die werk, skool of openbare toilette om oor die weg te kan kom nie.  Daar is regtig mense wat sonder toiletpapier klaar kom omdat hulle te suinig is om daarvoor te betaal.  In hierdie geval gaan ek op suinigheid konsentreer en nie armoede nie.

So, hoe werk dit?  Basies, jy kry vir jou en jou gesien ‘n spul sagte lappies.  Babadoeke werk glo ideaal.  Jy vee dan daarmee af wat afgevee moet word en sit dit in ‘n wasgoedsak tot jy dit kan was.  Dit help glo om die lappie so effens nat te spuit voordat jy vee.  Wanneer dit wasdag is, gooi jy dit saam met jou handdoeke in en was dit soos altyd.  Jy laat dit droog word en sit dit terug in die badkamer vir verdure gebruik.

Ek praat hier nou net vir myself, maar ek glo nie toiletpapier gaan ooit so duur wees nie.  Ek gaan eerder sonder koffie of so iets.  Ek is egter aan die lui kant.  Ek kan net dink hoe die toiletsakkie moet stink en ek het ‘n vermoede dit gaan nie so maklik skoon kom soos wat voorgegee word nie.  Sterinappi emmertjie dalk, maar selfs dit gaan nie vir my werk nie.

As ‘n mens dalk nie van toiletpapier wil afsien vir jou sak nie, sal jy daarvan afsien vir die omgewing?  Ek het ‘n paar interessante statistieke gehoor by my vriendin Google.  Blykbaar gebruik ‘n gemiddelde Amerikaner 23.6 rolle toiletpapier ‘n jaar.  Ek vermoed ons kan maar aanvaar dat ‘n gemiddelde Suid-Afrikaner dieselfde hoeveelheid gebruik, al voel dit effens min.  Dit neem glo omtrent 6.8 kg houtpulp, 140 liter water en nog ‘n klomp bleikmiddels.

Een bloekomboom gee glo 1000 toiletrolle.  Suid-Afrikaners sal dus in ‘n jaar ongeveer 1.3 miljoen bome deur hulle gatte trek.  Toegegee, die bome sal almal vervang word met ander bome.  Wat gaan gebeur as bome nie meer gebruik word nie?  Dit sal seker moet plek maak vir nog ‘n inkopiesentrum of behuisingkompleks.  Wat op die lang duur nie regtig bome gered het nie.

Ons het egter die laaste jaar of wat besef dat ons nie met water moet mors nie.  In ‘n jaar neem die vervaardiging van jou gemiddelde persoonlike toiletpapier 3304 liter water in beslag.  Dit is omtrent 9 liter ‘n dag per persoon of 500 miljoen liter per dag vir die land.  Behoort ons die water te spaar?

Ek sal dit kan oorweeg, maar beslis nie met ‘n lappie of 10 nie.  Daar is iets soos ‘n bidet waarmee jy die nodige kan was na gebruik.  ‘n Bidet neem glo ‘n halfliter water op ‘n slag.  Jy sal dus 18 keer ‘n dag moet gaan pottie om gelyk te breek met jou toiletpapier.  ‘n Gesonde persoon gebruik glo 4 – 10 keer ‘n dag die toilet.  ‘n Mens kan dus tussen 4 en 7 liter ‘n dag spaar sonder toiletpapier.

Is dit iets wat jy sal oorweeg?  Vir jou sak en / of die omgewing?  Maak dit vir jou enigsins sin?

Ek is bevrees, dat ek nogsteeds eerder toiletpapier sal koop.


Aksies

Information

7 responses

12 09 2017
Toortsie

Ek isook bevoorreg om toiletpapier te kan gebruik. Ek gebruik meer as die gemiddelde Amerikaner. Ai jai jai.

12 09 2017
travel460

Ek is ook bereid om ñ paar ander items op te gee, maar asb nie toiletpapier nie. Koffie en tee, ja. Tel dit dan as waterbesparing?☺

12 09 2017
HesterLeyNel

Eish. Nee, kan ek liewer minder bad? 😄

12 09 2017
rondomtaliedraai

Neeeeeee ek gebruik dan liewer blare

13 09 2017
Olga

As ek dink aan al daardie water wat ek kan spaar, dan oorweeg ek dit nogal sterk. Net een ding, Ek he vier kinders op lapdoeke, Glodina Black lable om presies te wees, grootgemaak. skitter wit gewas met hierdie twee handjies en .n koekie (groen) sunlightseep. Ek kan julle net hier die versekering gee, dis geen tjir tjir en dis skoon nie. Nie eers na ses dae in die Steri Nappi oplossing nie. Ek sal dus maar oe toeknyp en daardie water betaal.

13 09 2017
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

18 10 2017
freak

nee gross. heel week in n sakkie los tot wasdag? self n bidet klink gross. dink net as daar vier gesinslede is, gaan daar vier handoekies hang. n as daar nou n gt streep opi handoek is, hoeveel liter water gaan nodig wees om dit weer skoon te kry? los maar vir twinsavers ek sal eerder minder hare was.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: