Vandag is 20 jaar na Moeder Teresa se dood.
Ek onthou dat baie mense – Protestant en Katoliek – na haar opgesien het terwyl sy gelewe het. Mense het geglo dat sy ‘n engel was, iemand wat haar lewe opgeoffer het om die armstes onder die armstes te dien. Sy was immers ‘n rykmansdogter, iemand wat haar lewe in luukse kon deurbring.
Deesdae, is daar meer en meer mense wat haar kritiseer. Diegene wat aanvoer dat sy mense in hulle lyding probeer bekeer het. Ander voer weer aan dat sy mense opsetlik laat ly het omdat sy gedink het lyding en armoede is mooi.
Ek is nie seker of die kritici net hulle eie afleidings maak en of hulle daar was toe sy haar werk gedoen het nie. Ek onthou wel hoe Indië haar met haar afsterwe geloof het. Volgens hulle het sy goeie werk gedoen.
Wat dink julle?
Mens kan regtig met enige mens se optrede fout soek … ek voel jy moet maar eers voor jou eie deur vee voor jy ander wat probeer kriteer.
Ek het die indruk gekry dat meeste van die kritiek rond MT gerig was teen die Rooms-Katoloieke kerk, eerder as teen haar persoonlik.
Jong ned nadat sy dood was, was hulle bang sy kom spook by hulle nou voel hulle veiliger om bekke uit te spoel. Maar nie een van die kritici was daar om hulle landsgenote in hulle uur van uiterste nood te kom bystaan nie. Toe was sy en die Roomse welkom om die mense se lyding te verlig.
‘n Mens hoef maar net na die fliek slumdog millionaire te kyk om te weet dat dit nie Moeder Theresa is wat die mense laat ly het nie