Die reg is rassisties.
Ek het ‘n paar jaar gelede na die onderwerp in ‘n pendelvoertuig geluister terwyl ek van die lughawe na my hotel vervoer was. Vir die doel vir die bespreking moet ek noem dat ek ten tye van die gesprek in Amerika was. Dit was dus Amerikaanse inligting wat onder bespreking was. Dit is dalk ook nodig om te noem dat dit voor Trump was.
Blykbaar is die meerderheid van gevangenes swart, vreemd aangesien swartes in Amerika ‘n minderheidsgroep is. Navorsing het bevind dat swartes in die reg benadeel word. Hulle is minder geneig om borgtog te kry en meer geneig om tronkstraf of selfs die doodstraf te kry as die meerderheidsgroep in Amerika. Om dinge te vererger, is hulle ook die groep wat ekonomies die slegste af is. Die verskyning was dalk nie te blameer op rassisme as sulks nie, maar op ekonomiese diskriminasie. Wat ook op rassisme neerkom.
Die praatjie het my nogal laat dink. Eerstens onthou ek iewers ‘n les dat ‘n sinvolle hipotese direk afhanklik is van die regte vrae wat gevra moet word. As die hipotese nie reg is nie, gaan die navorsing nie waarde toevoeg nie. Was die navorsing aangewend om rassisme in die reg te bewys? Was ander vrae aangespreek wat rassisme in die reg sou uitskakel? Was die vrae dalk geignoreer omdat die blote vraag rassisties was? Hoekom word radio’s nie net vir musiek aangewend nie? Laastens, wat is die situasie in Suid-Afrika?
In Suid-Afrika hoor ons dikwels dat die reg moet transformeer. Dit kom basies daarop neer dat daar te veel blanke regslui is, wat dalk tot nadeel van die nie-blanke oortreders is. Beskik die blanke regter oor die nodige agtergrond om oor ‘n nie-blanke in die beskuldige bank te oordeel? Ek – stiksienig soos ek maar is – het altyd gedink dit gaan oor reg en verkeerd. Die reg is veronderstel om blind te wees.
In elk geval, nadat ek jare lank gewonder het oor die prentjie is Suid-Afrikaanse tronke, het ek uitendelik die syfers gekry. Ek kon ook bevolkingsyfers kry om my klein brein te amuseer.
Blykbaar is 79.6% van diegene in die tronk swart. Siende dat 79.4% van die land se bevolking swart is, stem die syfers ooreen. Dit is seker laer, aangesien ek ‘n vermoede het dat die meerderheid van buitelanders in die groep ingesluit is. Blankes is 9.2% van die land se bevolking, maar net 1.6% van die gevangenis se bevolking. Asiate en Indiërs is 2.6% van die bevolking, teenoor 0.6% in tronke. Die skokgroep is die kleurlinge, wat 18.2% van die tronk bevolking is, maar net 8.8% van die landsbevolking is.
As ons nou die Amerikaanse studie volg, word daar teen kleurlinge as gevolg van ras gediskrimineer. Wel, daar was al gesê dat die groep in die vorige regering nie blank genoeg was nie en in die huidige regering nie swart genoeg nie.
Terloops, net 2.6% van die gevangenes is vroulik. Is ons regstelsel seksisties ook?
Ek sal afsluit dat ek net iemand is wat begin somme maak as iemand vir my twee of meer syfers gee. Ek is nie ‘n krimiloog of ‘n maatskaplike werker nie, dus is ek nie gekwalifiseer om die data te analiseer nie. Dit is en bly immers ‘n baie komplekse probleem wat – my insiens – verder strek as net ras.
Glo julle dat die reg blind is?
Ek dink wat gebeur is dit: Wanneer die staat ernstig ‘n groep ophef, verbeter hulle sosio-ekonomiese posisie, hul opvoedingsvlakke en selfs hulle fisiese en geestesgesondheid. Dit het met Afrikaners gebeur danksy die Nasionale Party , en ek is seker mens sal syfers kan opspoor wat wys dat Afrikaners teen 1990 persentasiegewys baie minder misdade gepleeg het, en tronkvoëls gehad het as in 1948.
Die ANC is glad nie so ernstig met betrekking tot die opheffing van swart mense as wat die Nasionale Party was vir die Afrikaners nie, maar hopelik vorder hulle tans. En die bruin mense se uitsluiting van opheffing is te sien in hulle tronkgetalle soos jy uitwys.
Mans pleeg baie meer misdaad – die regstelsel reflekteer dit en is nie seksisties teenoor mans nie.
Jy raak nou nogal iets baie interessant aan. Watter persentasie Afrikaners was teen 1948 in die tronk. Ek sal ook graag wil weet waarvoor was hulle in die tronk. Ek dink die Asiate is ook ‘n baie interessante ‘case study’. Hulle het hulleself ‘opgehef’ of dan ten minste hoekom het hulle nie opheffing nodig gehad.
Die sosioekonomiese punt is baie geldig. Regslui is pepperduur. Ek sal nie eers prokureurskostes van ‘n paar duisend rand kan bekostig nie. As ek dus erg aanjaag en my regskostes draai in die miljoene, is ek geskroef. Soos wat seker met die meeste mense in die tronk gebeur het.
nee! die reg is nie blind nie. kyk die doodskis-saga. die manne was ses maande verhoorafwagtende aangehoudenes ondat die massas met elke hofverskyning protest gehou en wit poppies aan galgtoue rondgeswaai het. in die saak dink ek sien die hof niks verder as n swartman wat te na gekom is nie. sien hulle hy was verkeerd en het op private grond oortree. new hulle sien net die oproerige massas raak en natuurlik mamma victor se aansit trane.
Weet jy, ek kom nie oor die vrou wat haar baba teen die vloer dood geslaan het en op R500 borg uit is nie.
Nou bring dit my ook niks verder as die doodskis saak nie. Ek magistraat sit ewe ken in die hand en drink elke woord en elke snik wat geuiter word op. Ek wonder soms waar is haar tissue. Sal my glad nie verbaas as die doodskis duo die doodstraf opgele word nie. Wat de joos het hy op privaat grond gaan soek? Met of sonder kabels? Dit was mos kaksoek. Maar die tjerrie op die koek, was die twee dapper helde. Maak ewe ‘n video EN gaan plaas dit self op joetjoep. Toe maai hulle wat hulle gesaai het.