Daardie tyd van die jaar

27 08 2017

aching_feet_painfree11

Dit voel amper of die Winter nog nie eers opgedaag het nie, maar volgens die almanak is ons op die drempel van Lente.  In ‘n mate is die ‘n uitfasering tyd, die Winter word stelselmatig vervang met die Somer.  Hoewel, die afgelope paar jaar het ons ‘n hittegolf gehad voordat ons Oktober getref het.  Ek begin al amper te dink dat September die warmste maand is.

Soos die Winter weggepak word, word ons sokkies en stewels ook weggepak.  Krisis!  Sokkies en stewels doen nou nie juis veel om jou voete te bevogtig nie.  Na ‘n ekstra paar kilometer, het my voete die laaste paar maande blase op blase gehad.  Almal nou gesond, maar hulle skil nou amper een vir een af.  Dit voel in elk geval so.

Ek is nou geen modeslaaf nie.  My voorkoms laat geen onduidelikhede daaroor nie.  Ek is nou nie een vir roompies en skoonheidsbehandelinge nie.  Ek gee seker ook nie juis om oor hoe my voete lyk nie.  Solank my voete nie in die bed vashak nie.  Nie eers vir ‘n mikrometer nie.  Buitendien is ek heeltemal bereid om te erken dat my huis vuil is.  Ek het nie skurwe hakke nodig om dit te verklik nie.

So!  Hoe klap ek my voete in ‘n kort tyd reg?  Ek wil nou nie die woord desperaat gebruik nie, maar ek sal ‘n pedikuur oorweeg.  Dit grens aan marteling vir my.

Enige beproefde raad?


Aksies

Information

10 responses

27 08 2017
travel460

Ek smeer dik Aquas room aan en loop dan met kouse rond. So gereeld as moontlik.

4 09 2017
Xena Phoenix

Dit is gewoonlik my eerste poging – die keer was ek verby aquas room.

27 08 2017
rondomtaliedraai

Ooo daai pedikeur (sp?) van twee ure maak my wiele pap… nou het ons ‘n meisie wat Maandae na die Landgoed kom en mens se toonnaels sny en ‘n lekker kleur verf vir hoogstens 20minute Heerlik

4 09 2017
Xena Phoenix

Ek is baie kielierig. Na 20 minute is ek seker dood.

4 09 2017
rondomtaliedraai

Ja wat genoeg is genoeg

27 08 2017
Olga

Man, week jou voete in die voetspa. dan voeg jy 50ml elk mondspoelmiddel en asyn by die water in die spa. Laat week twintig minute en gee ‘n lekker skuur met ‘n voet klip dan spoel jy in die voetspa af, laat droog word. Nou bewerk jy hulle weer met daardie scholl voet rasper. Dan smeer jy dit lekker met Avon (ek dink) Intensive Callus Creme. Dit ruik ook die ene tandepaste. Nou gee jy so twee drie keer deur die week jou voete net so ‘n sweempie van daardie Avon creme en jy kan jou hakskene oor enige laken sleep. Gn krrr nie. Stoes bob. Dit sal ook hou tot volgende Saterdag.

4 09 2017
Xena Phoenix

Ek sal dit moet probeer.

27 08 2017
Olga

Aangesien niemand dit nog gedoen het nie, EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

29 08 2017
wendy

kyk hoe leer ek toe ook om sagte voete te kry. ek dink dis die mondspoel wat my voete so verfrus het. ek sou nog drie ure kon dans so lekker het my voete gevoel. dankie.

4 09 2017
Xena Phoenix

Wow.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: