Daardie tyd van die jaar

27 08 2017

aching_feet_painfree11

Dit voel amper of die Winter nog nie eers opgedaag het nie, maar volgens die almanak is ons op die drempel van Lente.  In ‘n mate is die ‘n uitfasering tyd, die Winter word stelselmatig vervang met die Somer.  Hoewel, die afgelope paar jaar het ons ‘n hittegolf gehad voordat ons Oktober getref het.  Ek begin al amper te dink dat September die warmste maand is.

Soos die Winter weggepak word, word ons sokkies en stewels ook weggepak.  Krisis!  Sokkies en stewels doen nou nie juis veel om jou voete te bevogtig nie.  Na ‘n ekstra paar kilometer, het my voete die laaste paar maande blase op blase gehad.  Almal nou gesond, maar hulle skil nou amper een vir een af.  Dit voel in elk geval so.

Ek is nou geen modeslaaf nie.  My voorkoms laat geen onduidelikhede daaroor nie.  Ek is nou nie een vir roompies en skoonheidsbehandelinge nie.  Ek gee seker ook nie juis om oor hoe my voete lyk nie.  Solank my voete nie in die bed vashak nie.  Nie eers vir ‘n mikrometer nie.  Buitendien is ek heeltemal bereid om te erken dat my huis vuil is.  Ek het nie skurwe hakke nodig om dit te verklik nie.

So!  Hoe klap ek my voete in ‘n kort tyd reg?  Ek wil nou nie die woord desperaat gebruik nie, maar ek sal ‘n pedikuur oorweeg.  Dit grens aan marteling vir my.

Enige beproefde raad?