Ek het ‘n nuwe maatjie

19 08 2017

P1440114.JPGHallo Maatjies

Dankie vir al die vriendelike tannies wat my verlede week gehelp het.  Ek het Merriegriet gevra om my te help met die leidrade.  Sy sê dit was Kaap Agulas.  Ek weet nie of sy net snaaks is nie.  Dit klink na ‘n vloekword.  He He He.

Ek het ‘n nuwe maatjie gemaak.  Ek kan nie sy naam onthou nie, hy wil net huis toe gaan.  Hy het ook snaaks gepraat.  Ken julle hom dalk?

O!  Die apie.  Die apie is eintlik baie slim.  Hy is ‘n professor nogal.  Sien julle, ek ken groot woorde.  Hy bly in Losbos, daarom kan ek hom nie vra wie ons maatjie is nie.

Ons het lekker saam met die maatjie rondgery op sy boot.  Hy het die heeltyd gesê hy wil huistoe, maar hy het deur ‘n bos gery waar al die ooms kaal was.  Ek was amper blind.   Ons is toe maar terug na Miesies Tassies toe.  Ons kon na vreeslike bekende ooms en tannies gaan kyk het, maar Merriegriet was snaaks.  Sy wou eerder na ‘n stukkende muur gaan kyk het.

Tata maatjies.


Aksies

Information

3 responses

20 08 2017
Olga

krom tone…..
swart hoedjie…..
geel rosie….
1
2
3
Blok vir Laviga.

20 08 2017
Toortsie

Oeee lekker het jy in ET se fietsie gery tot waar sy huisie is? Sies tog, hy verlang vreeslik huis toe. Jy kan hom mos met jou besem huis toe neem! Toe man! Jy is dannsy maatjie.

21 08 2017
Olga

Ek dink iemand het weer te veel rooies gesluk. Daarom die groot swyg.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: