Hallo Maatjies
Dankie vir al die vriendelike tannies wat my verlede week gehelp het. Ek het Merriegriet gevra om my te help met die leidrade. Sy sê dit was Kaap Agulas. Ek weet nie of sy net snaaks is nie. Dit klink na ‘n vloekword. He He He.
Ek het ‘n nuwe maatjie gemaak. Ek kan nie sy naam onthou nie, hy wil net huis toe gaan. Hy het ook snaaks gepraat. Ken julle hom dalk?
O! Die apie. Die apie is eintlik baie slim. Hy is ‘n professor nogal. Sien julle, ek ken groot woorde. Hy bly in Losbos, daarom kan ek hom nie vra wie ons maatjie is nie.
Ons het lekker saam met die maatjie rondgery op sy boot. Hy het die heeltyd gesê hy wil huistoe, maar hy het deur ‘n bos gery waar al die ooms kaal was. Ek was amper blind. Ons is toe maar terug na Miesies Tassies toe. Ons kon na vreeslike bekende ooms en tannies gaan kyk het, maar Merriegriet was snaaks. Sy wou eerder na ‘n stukkende muur gaan kyk het.
Tata maatjies.
Wie runnik saam?