Hallo Maatjies,
Ekke het so effens verdwaal.
Ek het hierdie foto gekry en ek kan nie onthou waar dit was nie. Kan julle help? Merriegriet hou haar snaaks. Sy sê sy het my al 300 keer vertel waar dit was en as ek haar nog een keer kom vra, gaan sy my nooit weer saam met haar neem nie.
Lispiek wil net slaap – sy sê ek moet dit gogga. Sy wil my nie vertel watter gogga nie. ‘n Sprinkriek of ‘n muskaan? Ek hou net van bottervliegies, maar ek kon nie een kry nie.
Weet iemand waar dit is?
Tip: Tou are now at the southernmost tip of Africa.
Hallo Fannie Hanepootjie
Ek west nie lekker van Engels nie. Of is dit nou Duits?
O ja, dit was Duits met ‘n Engelse spelwoord daarin. Dis suid, ver suid, die suidste plek in Afrika. Seegogga en Toortsie ken ook daaiplek se naam.
Ha Die SEEGOGGA wat jy moet vra!!! En lees mooi Hester se kommentaar hierbo. Dis mos hier waar jy met die een voet in die Atlantiese Oseaan en die ande voet in die Indiese Oseaan kan staan. Dis tyd dat jy weer hierheen kom en jou voetjies kom natmaak in die sout water.
Oe! Waar ons katstertjies geëet het? Nou onthou ek, dit was by Durban April.
O gaats. Ek kan nie onthou nie maar ons was mis by Toortsie hier 9o die suidpunt.
Vigatjie, een aand het jy mos by my kom kuier. Onthou jy nog? Dit was daar naby by die see.
Ek onthou net van die bakleiplek, tannie Tossel.
Watter bakleiplek?
Joe, ek het nou-net gesit en uitwerk ek het laas in 1999 (net voor die draai van die eeu) daar gekuier.
Laviga jou klein skelm. Jy het ook net gewag dat ek my rug draai toe kom gesels jy. Nee a. Sies man. Nie eers ‘n heks maak so nie.
Ekke het tannie Ougat die hele naweek gesoek. Was tannie Ougat al in Durban April?