Waar loop Laviga rond

12 08 2017

Hallo Maatjies,

p12209651.jpg

Ekke het so effens verdwaal.

Ek het hierdie foto gekry en ek kan nie onthou waar dit was nie.  Kan  julle help?  Merriegriet hou haar snaaks.  Sy sê sy het my al 300 keer vertel waar dit was en as ek haar nog een keer kom vra, gaan sy my nooit weer saam met haar neem nie.

Lispiek wil net slaap – sy sê ek moet dit gogga.  Sy wil my nie vertel watter gogga nie.  ‘n Sprinkriek of ‘n muskaan?  Ek hou net van bottervliegies, maar ek kon nie een kry nie.

Weet iemand waar dit is?