Huishoudelike Verpesteling

8 08 2017

kids-chore1

Almal het een.  Selfs die luiste, mees nuttelose huisvrou wie se enigste huislike hoedanigheid is dat sy in ‘n huis woon.  Daardie een ding wat reg moet wees ten alle koste.  Al moet ‘n mens dit self doen.  Die een ding wat jou in die oog steek en uitgeroei moet word.  Alles anders kan maar sien kom klaar.  As daardie een ding reg is, kan alles anders geignoreer word.

Sal ons dit die ononderhandelbare noem?

Dit is ook gewoonlik waar die kopstampery in die gesin vandaan kom.  Pa kan alles oorsien, mits hy ‘n skoon beker kan kry.  Ma kan weer met ‘n berg skottelgoed lewe, maar bewaar die gesin as die vloer vuil is.  Sus kan nie stof uitstaan nie en Boet het vrede solank hy die TV kan sien.

Ek is maar ‘n passiewe mens en huishoudelike takies is beslis nie iets wat passie in my kan opwek nie.  Ek moes egter daarmee vrede gemaak het dat ek die simpel feetjie is wat my berg skottelgoed sal moet aandurf.  Ek maak dus baie seker dat ek nooit met ‘n berg skottelgoed sit nie.  Eintlik is dit om en ewe – skottelgoed sal jy skottelgoed moet was.  Jou keuse is maar beperk – jy was verskeie kere ‘n paar goedjies op ‘n slag of jy was op een slag al jou breekgoed.  Maar die vet weet, as daar eers ‘n berg is, blaas dit summier my wiele af.

Wat is die een ding wat jy moet doen voordat jy ‘n oog opmekaar kan sit?  Daardie een ding wat reg moet wees voordat jy jou voete by die huis kan uit sit?

 

 

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

8 08 2017
rondomtaliedraai

Ek sal graag so robot in diens wil neem

10 08 2017
Xena Phoenix

Self

8 08 2017
travel460

Skottelgoed kan oorstaan. Maar ons flippen wit vloerteëls!!!

10 08 2017
Xena Phoenix

Verf dit bruin

8 08 2017
HesterLeyNel

Klere wat rondlê moet opgehang, opgevou en weggepak wees.

10 08 2017
Xena Phoenix

Wanneer kry ‘n mens klere wat hulle self opvou?

10 08 2017
HesterLeyNel

Wanneer ek weier om te ry voordat die eienaar dit gedoen het. Ek het beheer oor die motor- en heksleutels. 😈

10 08 2017
verons

More, more…. ek sal nooit in ‘n deurmekaar bed inklim nie nog minder sit ek my voet uit my huis uit as my bed nie opgemaak is nie, inteendeel ek sit nie my voet uit my kamer uit voor my bed nie opgemaak is nie……

10 08 2017
Xena Phoenix

Verons!!!!!!!!!!!!!! Long time, no see.

😉 Hulle reken dit is goed om soms nie die bed op te maak nie.

10 08 2017
Toortsie

Die een ding voor ek die huis moet uit? My oorbelle! Ek moet oorbelle insit!
Ek laat nie toe dat daar gesny word op my kombuisoppervlak nie, dit moet op ‘n plank gebeur. En vat ASSSEBLIEF vir jou ‘n bordjie as jy koek of waatlemoen wil eet, dis baie makliker om die bord te was as die vloer! Gmf

10 08 2017
Xena Phoenix

Ek verpes vee, stofsuig en vloer was. Gelukkig is ek blind daarvoor.

10 08 2017
14 08 2017
Olga

My bed moet opgemaak wees en my bad moet skoon wees. Deesdae irriteer dit my ook grensloos as die teels wat ek help le het vaal. As ek ooit weer moet teels le sal dit klei teels wees. Hulle kry ‘n verseeler bo oor en blink altyd mooi. Dalk moet ek maar gehoor aan Homer betaal. Hy loop altyd en brom dat ek die ^&&%$# honde moet buite los. Dis glo hulle wat die vloer dof trap. Maar dis mos my ^&&%$# honde.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: