Hiermee neem ek . . .

7 08 2017

o-family-weddings-facebook

Die mensdom se idee van trou het die afgelope dekade of wat aansienlik verander.  Die dae wat ‘n bruid byvoorbeeld uit haar kinderhuis getrou het, is waarskynlik getel.  Baie voornemende bruide bly al jare by haar lewensmaat.  In die gevalle waar hulle nog apart woon, bly sy waarskynlik op haar eie.  Niemand verwag meer dat ‘n bruid voor haar troue moet bedank nie.  Bruide dra ook nie meer wit of sluiers nie.  Dikwels word die verloofring sommer as ‘n trouring ook gebruik.  Daar is natuurlik die meer drastiese veranderinge ook.  ‘n Troue kan bestaan uit twee mense van dieselfde geslag wat hulle boedels onder een seiltjie wil gooi.

Ek merk deesdae op dat daar ‘n beweging is wat vir eens en vir altyd tradisionele troues wil uitwis.  Ek het seker al 6 artikels in 2017 gesien van hoekom seker trou tradisies afgeskaf moet word.  Dit gaan min of meer oor die feit dat ‘n vrou nie ‘n stuk eiendom is wat van eienaar verwissel nie.  Ek dink min vrouens sien die tradisies so in en baie vrouens sien met groot opgewondenheid na die tradisies uit.

As ‘n mens die TV moet glo, skryf almal deesdae hulle eie beloftes.  Ek is terloops nie seker of dit in Suid-Afrika toegelaat word nie.  Die idee is basies dat die tradisionele beloftes uitgedien is.  Mense wil nog steeds ‘n verband smee met die maat van hulle keuse, hulle wil net iets meer realisties belowe.  So glo baie mense dat dit onmoontlik is om aan een persoon die res van jou lewe gebind te wees.  Hulle wil dus nie belowe dat hulle getroud sal bly tot die dood hulle van mekaar skei nie.

Baie troupaartjies bring ook hulle kinders na die onthaal toe.  Die kinders is nou nie noodwendig altwee se kinders nie.  Dit is amper al te verwagte dat die bruid / bruidegom se kinders sekere rolle gaan vervul.  ‘n Seun gee soms sy ma weg of kan sy pa se “best man” (strooijonker) wees.  Dit is ook algemeen dat daar soms “kind gevra” word.  Dit is soos ouers vra, jy vra net jou voornemende eggenoot se kinders se toestemming om te vra.

Ek sien egter deesdae ‘n nuwe neiging.  Die voornemende stiefouer lê ook tydens die seremonie beloftes aan die kind af.

Persoonlik dink ek nogal dat dit `n mooi gebaar is.  Die kind/ers word tog deel van die nuwe familie.  Selfs al sou die getroude paar hulle eie rigtings gaan, gaan`n goeie mens nooit die kinders afskryf nie.

Wat dink julle van die nuwe trougebruike?  Het troues oor tyd verbeter of het die heiligheid van troues heeltemal verkrummel?

Breinvasbrand:  Wie het die liedjie Pasgetroud gesing?

Breinlosbrand:  Dean Kamen


Aksies

Information

14 responses

7 08 2017
nadine

trou is vir overrated. ek het jare dieselfde geslag lewensmaat gehad ons hetcsaam huis gekoop kar gekoop. toe los sy my vir n andervrou. toe trou hulle. sommer op hulle wittebrood verneek sy daai vrou en nou wil sy terug kom na my. maar betaal eerder die huis en die kar en noem dit skool geld.

8 08 2017
Xena Phoenix

As jy darem die huis en kar uit die deal gekry het (al betaal jy dit self) is jy darem beter af.

7 08 2017
HesterLeyNel

Ek het nie veel erg aan die tradisies en seremonies nie. Dit wat na die huwelik ‘n lewensstyl word, is wat die verhouding maak of breek en ‘n huweliksertifikaat of ‘n troufoto dra bitter weinig by tot sukses.

8 08 2017
Xena Phoenix

Dit is waar. Die troue is eintlik net ‘n skinnersessie waarvoor die bruidspaar ten duurste betaal.

8 08 2017
HesterLeyNel

😀 Goed gestel

7 08 2017
Aspaai

Dinge het beslis verander… ek self wou weer dinge anders gehad het en het dus weggedoen met baie van die tradisies wat daarmee gepaard gaan. Sluiers, wit rok om net ń paar te doen. Ek dink dit hang maar af van die partye en hul idees agter hul besluite en ook hul vasberadenheid en deursettingsvermoë. Die troudag is slegs die piek van die ysberg die huwelik is eintlik heeltemal onder die Antartiese see verberg…

8 08 2017
Xena Phoenix

As ek die dag trou, sal ek eers aankondig dat ek getroud is nadat ek 10 jaar getroud is.

8 08 2017
Aspaai

Dis ń interessante idee, maar ek moet erken ek was so vol vreugde ek kon nie myself inhou nie..

7 08 2017
travel460

Nou wat moet ek hier sê. Ek glo met my hele hart dat die huwelik deur God ingestel is. En ek glo in Hom. Hoe ons dit doen, is seker nie ń gegewe nie, want daar staan nie presiese aanwysings vir die seremonie in die Bybel nie. Tog, ek glo dit moet tussen ń man en vrou gebeur. En dat God wil hê ons beloftes aan mekaar moet blywend wees. Ek glo dit kan gedoen word. Maar. Ons is feilbaar. En God se genade en liefde is onverstaanbaar wyd en groot.

8 08 2017
Xena Phoenix

Ek dink mense het opgegee om te probeer goed doen. Ek stel dit lomp. Dit is amper uithoudingsvermoë nie meer nagestreef word nie.

8 08 2017
scrapydo2.wordpress.com

n Goeie woon huis het n stewige fondament nodig om te kan hou. So ook met die huwelik of verhouding. As die fondament nie stewig gelê is nie is dit maar gedoem om te wankel. Die hedendaagse los en vas verhouding is volgens my beskeie mening nie bevorderlik om n stewige samelewing op te bou nie. Dis baie maklik om kop uit te trek as dinge jou nie pas nie. Wie is die leidende party? Die kinders wat in die tussentyd gebore word sonder om behoorlik vooruit te dink. Ek is ook nog maar redelik oud modies of meer Christelik georieënteerd.

8 08 2017
Xena Phoenix

Ek stem saam dat die meeste mense die fundament verwaarloos.

8 08 2017
Toortsie

Ek is outyds. En ek staan by wat Una gesê het, ook Scrapydo.
My dogter het in my rok getrou en die troue was baie tradisioneel. Al 3 my kinders s’n was tradisioneel. Helaas het almal dit nie gemaak nie.

14 08 2017
Olga

Dit mag klein en eng van my wees maar ek persoonlik handhaaf dat die huwelik heilig moet wees. Mense wat jare der jare saamwoon en dan skynheilig in wit gewaad gaan trou met die kinders as gevolg. Ag wel, ten minste het hulle (so mostert na die maal) gaan trou. Ek self voel net, dan gaan trou jy maar met net jou nearest en dearest om jou.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: