Speelgoed

6 08 2017

520527-yuneec-typhoon-h

Ek is nie groot op gadgets nie.  Ek besit nie ‘n GPS nie en die laaste draagbare musiek toerusting wat ek besit het, is ‘n Walkman – iewers toe ek op laerskool was.  Die enigste appels wat ek besit, is die soort wat se daaglikse gebruik die dokter weghou.  Ek koop nie elke tweede jaar die nuutste kar op die mark nie, maar koop nog CD’s.  Ek het nog nooit ‘n liedjie of ‘n storie op die internet gekoop nie.  Ek koop ook nog boeke en verkies om dit bo ‘n skerm te lees.

Ek het nog nooit die bekoring van radiobeheerde speelgoed gehad nie.  Ek kan nie omgee of dit ‘n motor, vliegtuig of trein is nie.  Ek is immers ‘n boekwurm, nie ‘n man of kind nie.  Speelgoed is nou nie iets wat my opgewonde maak nie.  Met uitsonderings!  Ek soek ‘n drone.

Dit gaan nie eintlik oor ‘n drone (wat is dit in Afrikaans?) nie, maar eerder wat ‘n mens met ‘n drone kan doen.  As julle my vergewe as ek eers ‘n Kaapse draai gaan gooi?

Wat is beter om vis en tjips te eet terwyl jy oor Valsbaai uitkyk?  Om dit te eet terwyl daar ‘n walvis in Valsbaai speel.  Wat is nog beter as dit?  ‘n Skool (of is dit ‘n trop) walvisse.  Dit is genoeg om enige mens se dag, week of self maand te maak.

So sit ek eendag met my pakkie kos en wil amper uit my vel spring toe ek die groepie walvisse sien speel.  Naby genoeg ver foto’s, maar nou nie foto’s om op trots te wees nie.  Net genoeg om jou woord te bevestig dat jy ‘n paar walvisse gesien het.  ‘n Paar weke later krap ek op YouTube rond en besef dat ek ‘n groep van 60 walvisse gesien het.  Iemand het hulle drone gebruik om ‘n video te maak van die walvisse en hulle toe ook sommer getel.

Van toe af soek ek ook ‘n drone.  Een met ‘n kamera waarmee ek op walvisse (of iets interessant) kan spioeneer.  Daar is egter ‘n paar probleme.  ‘n Drone wat ‘n halfuur lang in die lug kan bly, kos omtrent R20000.  As dit nou moet kan ek dit seker oor tyd bymekaar krap.

Verder is ek nou nie juis bekend vir my hand-en-oogkoordinasie nie.  Wat as ek per ongeluk my drone teen ‘n walvis vasvlieg?  Of as ‘n walvis hom / haar gruwelik vererg en my drone ‘n snotklap gee?  Dalk is daar ‘n walvisvraat wat gaan wonder hoe die drone nou eintlik proe?  Helaas, word my geldsake deur ‘n vrou bestuur.  Al die bogenoemde is gerieflike verskonings vir haar om haar voet dwars neer te sit en nee te sê.

Geen drone vir my nie.  Verantwoordelikheid is ‘n bitch.

Breinvasbrand:  Wie is die uitvinder van Segways?

Breinlosbrand:   Olga was reg met Eurostar.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

6 08 2017
seegogga

Toemaar een vd dae blieg ons almal hier rond met sulke klein motore op ons rug. Dan hoef ons ni n drone te beheer nie. Ons gaan kyk sommer self na die walvisse en dis maklik om te bestuur as motor ry.

7 08 2017
Xena Phoenix

Ek sien sommer al klaar hoe vlieg ek teen iets vas. As ek maar kon geld kry vir elke keer wat ek teen iets vasgeloop het.

6 08 2017
Stories Uit My Wereld

Drone… fasinerend

7 08 2017
Xena Phoenix

Beslis. Ek sal graag ‘n Segway ook wil hê – maar R60 000 vir ‘n speelding is gek.

7 08 2017
Toortsie

Eers maar stukkie stukkie oefen met jou drone. Ek is ook nie gadget mens nie, kook nog met kastrolle, verkies ‘n mes bo daai wieletjie wat sny. Soms koop ek in ‘n onbewaakte oomblik iets wat ek op die ou end weggee omdat ek dit nie gebruik nie.
Ek het wel ‘n appel omdat samsung my net een keer te veel teësinnig gehad het. Ek lees my boeke op hom, alhoewel ek soms ‘n regte boek mis. Koop in elk geval heeltemal te veel boeke!
Gun jouself jou drone!

7 08 2017
Xena Phoenix

😉 Die baas het nee gesê. Hopelik kan ek haar arm draai vir ‘n nuwe kamera.

7 08 2017
travel460

Jy het my ń bietjie aan die dink gekry. ń Drone… Ek is mal oor die series Homeland, en dit is omtrent so ver my kennis daaroor strek – in oorlog situasies. Dit kan nogal ń heel interessante stokperdjie raak, veral as jy naby die see bly. Ek vermoed net ek sal ń verslaafde kan raak…om so saam met walvisse te kan kuier! Klink soos ń droom.

7 08 2017
Xena Phoenix

Dit is letterlik vir enige iets waaroor jy ‘n oog wil gooi of van nader wil beskou.

Ek is seker te nuuskierig vir my eie goed.

7 08 2017
14 08 2017
Olga

Dis nog lekkerder om vis en tjips te eet met die son wat op jou rug skyn. maar back to basics. Ek wil ook ‘n drone he. Maar een wat kan gaan fire and brimstone reen oor die stakers wat so toyi toyi oor basiese dienslewering terwyl hulle nog nooit ‘n munisipale rekening wat basiese dienste insluit betaal het nie. Mens behoort hulle te kan oorreed die voorvadergeeste het van woed daardie fire and brimstone oor hulle uitgegooi. Kan julle hulle gesigte sien as daardie snikhete kole oor hulle begin reen? Ek se julle, net die gedagte daaraan laat my al lekker kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: