Ek was in Patrys

5 08 2017

Kooeeeiiiieeee!  Tannie Ougat?  Tannie Tossel??

Ek is terug van Patrys af!  Oe!  Oe! Dit was lekker gewees.  Ek wil terug gaan, ek moet net eers ‘n nuwe besem kry.  Myne kon nie eers tot bo by die Eiffelsloot vlieg nie.

Elke oggend het ons ‘n croissarie gekry.  So vars dat die mis nog daarop uit gekom het.  Ons het ook altyd wit goed gekry wat Merriegriet sê kaas is.  👿  Ek het vir haar vertel sy jok!  Kaas is mos geel, nie wit nie.  Sy wou my net nie sê wat dit was nie, sy is mislik met my.

Ons het elke dag ook presidentjies en pannekoeke geëet.  😆  Daar was ook gelatien wat regtig net soos roomys geproe het.  Oe!  En die rooi koeldrank.  Tannie Ougat sê heksie kan net rooi koeldrank kry as die son onder is, maar in Patrys drink mens dit wanneer die son hoog sit.  Ek weet nie eintlik wanneer die son gesak het nie, die rooi koeldrank het my moeg gemaak.

Spar, ek moet gaan.  Hier is vir julle ‘n foto van langs die Eiffelsloot.

P1410487.JPGTarra, Maatjies

Advertisements

Aksies

Information

15 responses

5 08 2017
Toortsie

Viga! Is jy veilig terug? Ek is sooo bly. Maar hoor hier, hulle jok vir jou! Daar foto van jou is by die skewe piesang!
Maar jy moet weer kom vertel. Ek wil alles hoor!

5 08 2017
Laviga Heks

Tannie Tossel! Merriegriet het dan vir my gejok. Ek het vir haar gevra of one regtig in Patrys was. Die maatjies het dan nie soos parras gelyk nie.

5 08 2017
Toortsie

Sien jy nou! Daai is die skewe piesang. Ek belowe jou.
Maar dalk was julle in Patrys ook, want ek het al ‘n foto van jou by die Eiffeltonnel gesien. Sy het my gewys. Ek dink sy is bietjie deurmekaar met al die name! Dis wat dit is. Sy raak bietjie oud dan werk die onthougoed nie meer so lekker nie.

5 08 2017
Toortsie

Ek het gesien dat jy vreeslike fansy sandles aanhet en jou mooi tjalie.

5 08 2017
Toortsie

Lyk my dan nou al of jy die piesang reguit gebuig het!

5 08 2017
Laviga Heks

Tannie Ougat her my bersie gehakkel. Dit is my gunsteling. Sien watter Groot woorde ken ek, Tannie Tossel.

5 08 2017
Toortsie

Ek weet mos dat jy die heel slimste heks is!

5 08 2017
Toortsie

Lyk my ek weet ook nie van al die torings nie! Was jy siwaar by die Eiffel Lady?

5 08 2017
Laviga Heks

Tannie Tossel, hoe lyk die Eiffel Lady dan?

5 08 2017
Olga

1
2
3
Blok vir Laviga daar agter die koekoek klok.

5 08 2017
Olga

Mapstieks Viga, dis ‘n lekker verrassing hoor. Maar jou Eiffelsloot is Torre pendente di Pisa met ander woorde die leunende toring van Pisa. Dit lyk dan kompleet soos ‘n troukoek. Het daaraan geproe? Proe dit ook soos troukoek?

5 08 2017
Laviga Heks

Ek kan nie so lekker van n pizza troukoek onthou nie. Merriegriet west ek you van pizza, hoekom het sy niks gesê nie? Ek het nie eers geweet Patrys get pizza nie.

5 08 2017
seegogga

Ek dink die rooi koeldrank het die kop bietjie deurmekaar gemaak… hoe het darie ander toring in jou kop gekom?

5 08 2017
Laviga Heks

Ek wou net vir Tannie Tossel wys dat ek in Patrys was en nou lag almal vir my. 😥 Boo hoo hoo. Dis nie my skuld dat die Eiffel n masker dra nie.

5 08 2017
Olga

Ag, die Eiffel kan mos nie lekker dink nie man. Hy is heeltemal in rooi koeldrank gedoop. Ons lag buitendien nie vir jou nie. Ons is almal so gelukkig jy het weer met ons kom speel. Ons lag sommer saam met jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: