Ek was in Patrys

5 08 2017

Kooeeeiiiieeee!  Tannie Ougat?  Tannie Tossel??

Ek is terug van Patrys af!  Oe!  Oe! Dit was lekker gewees.  Ek wil terug gaan, ek moet net eers ‘n nuwe besem kry.  Myne kon nie eers tot bo by die Eiffelsloot vlieg nie.

Elke oggend het ons ‘n croissarie gekry.  So vars dat die mis nog daarop uit gekom het.  Ons het ook altyd wit goed gekry wat Merriegriet sê kaas is.  👿  Ek het vir haar vertel sy jok!  Kaas is mos geel, nie wit nie.  Sy wou my net nie sê wat dit was nie, sy is mislik met my.

Ons het elke dag ook presidentjies en pannekoeke geëet.  😆  Daar was ook gelatien wat regtig net soos roomys geproe het.  Oe!  En die rooi koeldrank.  Tannie Ougat sê heksie kan net rooi koeldrank kry as die son onder is, maar in Patrys drink mens dit wanneer die son hoog sit.  Ek weet nie eintlik wanneer die son gesak het nie, die rooi koeldrank het my moeg gemaak.

Spar, ek moet gaan.  Hier is vir julle ‘n foto van langs die Eiffelsloot.

P1410487.JPGTarra, Maatjies