Natuur wat roep

4 08 2017

P1410322

Frankryk het baie aantreklikhede, maar hulle kom met ‘n prys.  Ek praat nou nie net van die toegangskoste nie, alhoewel, jou hart gaan staan elke keer wanneer dit dit omsit in rand.  Daar is ook gewoonlik toue wat jou laat dink aan die verkiesing in 1994 in Suid-Afrika.  (Raad van die dag – bespreek sover as wat jy kan kaartjies aanlyn.  Dit maak die toue aansienlik korter, waarvoor jou bene en humeur baie dankbaar gaan wees).

Gelukkig is daar genoeg in Frankryk om te sien sonder dat dit jou noodwendig ‘n fortuin kos.  Mens kan oopbek, gratis en verniet na die Eiffeltoring staar.  Van verskillende hoeke in die stad.  Dit is ook gratis om langs die Seine te stap of sommer net hier en daar vir mense te kyk.  Daar is baie om te sien en te beleef.  Helaas, een of ander tyd gaan Moeder Natuur roep.

Nou, vir diegene wat nog nooit in Europa was nie.  Jy betaal vir alles – selfs om te gaan piepie.  Natuurlik kan jy gratis piepie in museums, maar jy betaal eers deur jou ore om by die museum in te gaan.  Verder is dit maar goed om ‘n sak kleingeld te hê, as ‘n nood jou onverhoeds betrap.

Soos ek die storie verstaan, was toilette in Frankryk in die verlede . . . wel, iets om jou oor te skaam.  Blykbaar was dit met tye letterlik net ‘n gat in die grond.  Hoorsê natuurlik, ek het dit nou nie persoonlik self gesien nie.  Frankryk het hulle nietemin geskaam en besluit om iets aan die saak te doen.

Van daar die openbare toilette wat orals is waar jy toeriste kan verwag.  Dus, as jy moet knyp en jy sien ‘n soldaat, kan jy maar ontspan.  Daar is ‘n toilet naby.

Helaas kan net een persoon op ‘n slag die toilet gebruik.  Verder vat dit nogal ‘n rukkie vir die toilet om homself skoon te maak.  Jip, jy het reg gelees.  Die toilet was maak outomaties skoon van bo tot onder elke keer wanneer iemand dit gebruik het.  Dit was blykbaar selfs die vloere.  Die beste van alles?  Dit is gratis en mens kyk nooit ‘n gratis piepieplek in die gesig nie.

Hoe voel jy oor betaal toilette?  Onder watter omstandighede en voorwaardes sal jy dit oorweeg?  Die Amerikaners reken dit is die toppunt van Yankverneukery.  Hulle glo nie aan betaal toilette nie.  Dit is egter iets wat meer en meer in Suid-Afrika kop uitsteek.

Breinlosbrand:  Watter trein verbind Parys en London?

Breinlosbrand:  Olga was reg met sjokolade croissant.

 

Advertisements

Aksies

Information

24 responses

4 08 2017
Olga

Eerste.

4 08 2017
Olga

Dalk die befaamde Eurostar of Eurorail. So iets.

4 08 2017
rondomtaliedraai

Gewoonlik is die gratis plekke so vuil dat mens dit nie wil gebruik nie

Weereens lekker gelees Dankie

4 08 2017
HesterLeyNel

Dis nou juis wat ek wou sê. Ek verkies om eerder te betaal.

5 08 2017
rondomtaliedraai

Gelukkig kan ons betaal nê … ek kry soms so skaam as ek kan betaal om te piepie maar mense het nie eers lopende water nie

5 08 2017
HesterLeyNel

Of hulle toilets staan buite in die openbaar waar almal hulle kan bespied.

5 08 2017
rondomtaliedraai

Net so!

5 08 2017
Xena Phoenix

Die blote feit dat jy vir ‘n toilet betaal, beteken nie dat dit skoon is nie. In my ondervinding kry ‘n mens beslis skoon, gratis toilette en vuil, betaalde toilette

5 08 2017
rondomtaliedraai

Dis baie waar Hier op die N1 is daar ‘n garage waar die skoonmaker altyd bosse blomme in die kraakskoon badkamer sit en daar gee ek altyd ‘n stywe tip

4 08 2017
travel460

Help my gou reg. Bly jy huidiglik in Frankryk? Ek wil net my prentjie regkry.🌸

5 08 2017
Xena Phoenix

Nee, ek bly in Pretoors. Ek was net vir ‘n kort vakansie in Frankryk. Dit maak my volgens my nou ‘n kenner. 😉

Ek is eintlik ‘n baie ou blogger (ouer as Toortsie en Seegogga saam) en wil weer in die blogding kom. Daarom het ek die week as Frankryk week verklaar.

Die goeie nuus – as jy noual gatvol vir Frankryk 😉 – die week is amper om.

5 08 2017
travel460

O nee, ek sal nie kan moeg word as iemand hul persoonlike ondervinding oor ñ land deel nie. Doen so voort! Ons oudste meisiekind was tydens die Julie skoolvakansie (sy is ñ onderwyseres), onder andere in Parys. Middel dogter en skoonseun het in Mei die Suide van Frankryk met ñ karretrjie gaan doen. So ek is baie ‘into’ Frankryk deur die meisiekinders.☺ Wel, ek is bly jy is weer terug in die blogwêreld; dis lekker om saam met jou so ’rond te loop’.

5 08 2017
Xena Phoenix

Ek moet jou teleurstel – ek het eintlik ‘n algemene blog, nie ‘n reisblog nie. My agterent is te veel in Pretoors.

5 08 2017
travel460

Nee wat, jy stel nie teleur nie. Ek hou daarvan om saam met die blogmense in hul doodgewone lewens rond te kuier. Dit is op die ou einde die werklikheid.

4 08 2017
Olga

Ek vererg my mos gruwelooslik as ek vir ‘n toilet moet betaal. Veral as ek nou net ‘n halwe duisend rand of meer opgedok het om die Fordjie se pensie vol te maak. Dit kom vir my neer op boereverneukery. Die plekke waar ek gewoonlik stop vir ‘n draai loop se verniet toilette is gewoonlik skoon. Een het self ushers om jou in te wys. Alhoewel sommige se hande is al afgeruk en meeste se koppe is al afgeklap. Ek dink hulle het vatterig begin raak. Klink of jy Frankryk baie geniet het. Jy het ons nou al van alles vertel, van die besienswaardighede, die kos, die toilette. Hoe was die mans?

5 08 2017
Xena Phoenix

Ek het nie eintlik opgelet na die mans nie. Hulle het wel graag strooi gepraat. Soos die een nar wat my vertel het ek mag nie foto’s neem by die Eiffeltoring nie. Ek het hom geglo – monumente het soms vreemde reëls. Gelukkig het hy strooi gepraat. Ek het agter gekom dat dit ‘n algemene verskyning onder die mans is – hulle idee van pret.

5 08 2017
Olga

Hoe vervelig tog. Nie eers om vir hulle te lag nie? Het jy al gehoor van ‘n man wie se idee van pret regtig pret was? Seker laas toe jy st 4 was.

4 08 2017
seegogga

Raad vir mense wat Holland besoek. Gaan koop n amstel in n brownbar dan kan jt verniet piepie. As jy by hoofstasie op Amsterdam uitstap, is daat regoor die stasie aan oorkant vamvdie breë pad ‘n deftige hotel. Nou moet jt joy pose hou. Stap daar in asof jy daar hoort. Stap af inbgang en deur eetplek en gaan verniet na pragtige toilette vir hulke inwoners.

5 08 2017
Xena Phoenix

Of gaan na ‘n paar museums. . . die hotelle is nogal ‘n wêreldtruuk. In NY is dit amper die wet van mede en perse.

Terloops, ek was aangenaam verras met ‘n Heineken.

5 08 2017
Toortsie

Almal wil soms piepie, maar almal het nie R 2 om te betaal nie. As ons net die mense kan opvoed hoe om die toilet skoon agter te laat, sal dit nie nodig wees om betaaltoilette te hê nie.

5 08 2017
Xena Phoenix

Weet jy – die skoonheid van die toilet het niks met die R2 (R5 selfs op party plekke te doen nie). Iemand het ‘n manier gesien om geld te maak. Al het jy vir die toilet betaal, is dit helaas nie altyd skoon nie.

5 08 2017
Toortsie

Baie waar

5 08 2017
Toortsie

Vriende wat ‘n vilstasie het, het groot probleem net die hele dorp wat hul toilette gebruik en bemors. Dis privaat eiendom. Hul moet op hul eie koste iemand huur wat dit skoonmaak. So hul voel hul kan nie anders as om die R 2 te vra nie.

5 08 2017
Olga

Sal dink dit kan ‘n atronomiese probleem wees Toorts. Veral as jy in ag neem hulle bad ook sommer daar oor die wasbak. Kan nie dink hoeveel kere ek al by ‘n vulstasie toilet ingekom en daar staan die dames kaal patat nie. Gewoonlik ‘n teken dat ek maar my vol blaas na die volgende level moet vat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: