SA, sing maar jou maar jou laaste aria . . .

31 03 2017

pravin-2

Want sy naam is Zuma.

Eintlik het ek nie eers woorde nie.  Selfs ‘n donkie stamp nie twee keer sy kop teen dieselfde klip nie.  Na die hele Nene fiasco, sou ‘n mens hoop dat ‘n sekere dom drol die president sy les sou geleer het.  Nou vra ek myself af – is dit sy doel om SA te vernietig?

Vroeër vanjaar was daar oproepe om die Rand te vernietig en sodoende die sogenaamde “wit monopolië” te vernietig.  Dinge het juis net begin goed lyk na die Van Rooyen skandaal.  Die rand het dag na dag versterk.  Pravin Gordhan se roadshows het begin vrugte afwerp.  Die president was stil en dit het almal uitstekend gepas.  As sy mond toe is, kan hy mos nie aanjaag nie.

Behalwe dat kinders wat gewoonlik stil is, besig is om kwaad te doen.  Die Rand het hom gewaarsku toe hy vir Pravin Gordhan terug geroep het.  Die minste wat hy kon gedoen het is om te wag tot die man sy goeie werk oorsee voltooi het.  Het Zuma hom daaraan gesteur?  Nee!  Dit was seker nog te sterk na sy sin.

Hoekom?  Hoekom?  Hoekom?

Soos iemand vanoggend op Twitter gevra het.  Wat moet die man nog doen om die trekpas te kry.  Meer as 700 korrupsie aanklagte, Nklandla (ek wonder wie het vir hom geld geleen), Nene/Van Rooyen, algehele minagting van vroue, staatskaping en verkeerde vriende nie genoeg nie.  Moet hy eers katjies verdrink en op televisie moord pleeg (woorde gesteel)?

Waarskynlik sal dit nie eers help nie.  As jy in die woordeboek onaantasbaar gaan opsoek, gaan jy ‘n foto van hom daar sien.  Vet alleen hoekom!

‘n Eerbare man sou al lankal sy pie gevat en gewaai het.  Oops!  Ons praat nie net van iemand sonder ‘n greintjie eerbaarheid nie, maar van iemand wat allergies is vir eerbaarheid.  Die ANC is siende blind en horende doof.  Die DA het al weer ‘n mosie van wantroue gaan instel – maar sonder die ANC se stemme, gaan dit weer flop!

Moet iemand nou wragtig eers reg in eie hande neem?  Kan Suid-Afrika nog 2 jaar met die ongeluk uithou?

Gordhan vir president!

 

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

31 03 2017
Hier "blok" Elanè

urgh, ek deel jou sentiment – niks wat hierdie president doen maak sin nie, maar wat kan jy van ‘n despoot verwag??? EK HET VANOGGEND NOGAL DIESELFDE GEVOEL OPPAD WERK TOE, GORDHAN VIR PRESIDENT KAN DALK ONS LAND VAN DITSELF RED!

2 04 2017
wouter

terwyl die rand so nosedive is hy en sy kaders besig om orals geld te leen om rande te koop. gzaan kyk maar.malema se ook so. dom? nee hy is slim of is dit inherend sk€lm.

7 04 2017
Olga

Eerbare man? Daarvan weet ek nou wragtig nie. Die mens is soos ‘n kokkerot. Hy sal ‘n kernbom ook oorleef en nog lag daarna.

24 04 2017
sisdudu

auk sussie djy praat hom grôt storrie hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: