So dom soos ‘n voël

20 02 2017

e03e79d70a2f4b1adefa0b1cfbea9a87

Julle onthou mos nog vir Lispiek?  Ek daag mos eendag doodonskuldig by die huis op en daar het die dom heks vir haarself ‘n perd gekry.  Die perd wat enige ander mens ‘n kat sal noem.  Blykbaar het sy gekwalifiseer vir die kat en ek moet maar net met kathare op en in alles lewe.  Laviga het natuurlik ‘n perd gekry wat genoeg hare vir ‘n dieretuin het.  Siestog, die hare maak seker op vir die gebrek aan ‘n gesig.

Wel, ek was seker nie so ontwaardig oor die kat soos ek moes wees nie.  Ek het maar net gehoop Lispiek (Laviga het die naam gekies) hou die heks darem uit die moeilikheid.  Dit is nou as sy die merrie van ‘n heks kan kry om te luister.  Verder is Lispiek baie ouliker as die hare wat sy rondstrooi.

Sy maak seker dat ‘n mens nie eensaam op die toilet is nie.  Sy sus jou prrrrr-prrrr aan die slaap.  Sy maak seker dat jy elke dag ‘n bietjie oefening kry en kom vertel jou alles wat die bure aanvang.  Boonop hou sy ‘n oog oor die tuinier en vertel hom goed sy fortuin as hy skeef trap.

Lispiek hou van maatjies – mits hulle nie kinders of mans is nie.  Hulle moet ook nie rook nie.  Sy hou ook nie van tannies nie.  Man, om eerlik te wees, is haar verskoning vir ‘n neus heel puntenerig oor van wie sy eintlik hou.  Nie dat sy ‘n snob is nie.  Sy het al vir haar ‘n padda heel geduldig gehelp om by die huis uit te kom.  Nogal liggies met die pootjie op die regte pad gehou.  Sy het ook al ure lank met ‘n mot wat amper groter as sy is gespeel.  Sy het hom (lewendig) buite gevat toe sy ma geroep het.  Meestal vermaak sy haarself met die voëltjies.

Ai!

Sy kan mooi met die maatjies speel, maar dit raak nogal ‘n probleem as die maatjies haar in die gesig vroetel.  Onthou, Lispiek verwyder enige mens van uit haar sit plek.  Opgee is teen haar beginsel.  So wanneer sy nou ‘n voëltjie huistoe bring en die voëltjie daag haar uit om te stoei . . . kom ons sê maar net Lispiek doen nie tweede plek nie.  Lispiek is ook nie die een wat beseer word nie.

Ons het noual die voëltjies vertel om nie met die kat te speel nie.  Om hulle te help, het ons  vir haar ‘n groot klokkie laat dra sodat hulle weet as sy kom.  Natuurlik red ons die voëltjie wanneer ons kan.  Mens is seker die oorlewendes het hulle storie gaan deel met die res?  Het hulle egter hulle les geleer?

Aikona!

Nee, gister kry ek mos die dom goed (heks verskoon die slag) wat al om die kat paradeer.  Sy kan kies en keur.

Nou wonder ek of voëls maar ‘n selfmoord neiging het?  Geniet hulle Lispiek se geselskap?  Of is hulle te dom om te leef?

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

20 02 2017
rondomtaliedraai

hehehe … mens kan nie wen nie

24 03 2017
Xena Phoenix

Teen Lispiek – beslis nie.

20 02 2017
Hier "blok" Elanè

Regte egte katstorie… ek het lekker gelag. Katte js baie oulik, maar ongelukkig harig…. 😉

24 03 2017
Xena Phoenix

Karakters, maar vol draadwerk.

20 02 2017
scrapydo2.wordpress.com

Eks ook nie te mal oor katte nie(bietjie allergies en so aan) Vandat my buurvrou weer twee katte het het die voëltjies nie n kat(eintlik n voël) se kans nie. Daar was altyd voëltjies hier in my tuintjie maar nou is daar nie een naby nie! Gladnie goed nie!

24 03 2017
Xena Phoenix

Blykbaar het die voëltjies in NZ meer verstand as die in SA.

29 03 2017
scrapydo2.wordpress.com

Nou praat jy, hul is maar heel gemaklik met katte tot dit te laat is!

21 02 2017
travel460

Wonderlik hier by jou gekuier! Ek is ñ kat liefhebber, en joune klink o so bekend.☺

24 03 2017
Xena Phoenix

Myne het nie die boek oor katte gelees nie, maar sy het ‘n klomp katwees iewers opgetel.

22 02 2017
Spokie sny spoor

Ja. Wat sou die lewe wees sonder diere …

24 03 2017
Xena Phoenix

Vaal

1 03 2017
Olga

Kan die heks nog v it Lispiek rond dra of vang sy nou geleentheid op die kat se rug. My ou katter rus salig. die voels daag haar net uit man. Die oe aahs sit top Lapman omtrent aan hulle kan vat, dan spring hulle op en vlieg so rus rus net bo oor hom weg.

24 03 2017
Xena Phoenix

Wel, hulle ken dan seker nie van opgee nie. Hulle wil wen, tot die dood toe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: