Vat jou tydskrif . . .

11 01 2017

Jong, ek was lanklaas in die omgewing.  Dus:  Veels geluk met jou verjaarsdag, geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2017.  Veels geluk met enige verlowings en troues en innige simpatie met enige verliese.  Dit behoort alles te dek.

Met die verskeidenheid tydskrifte wat ‘n mens kry, is daar beslis iets vir elke smaak.  Selfs ‘n ou tydskrif kan baie vermaaklik wees.  Die artikels is gewoonlik ook van so aard, dat jy dit vinnig kan indruk in die 5 minute wat jy iewers oop het.  Al koop ek nie self tydskrifte nie (dit is te blerrie duur), blaai ek graag deur ‘n interessante (of ten minste vermaaklike) tydskrif.  Ek het al oorweeg om ‘n tydskrif saam met my uit ‘n dokter se wagkamer te dra.  Ek kan nogtans verstaan dat dit vir baie mense ‘n noodsaaklike bederf is.

Alhoewel, dan kry ‘n mens die sogenaamde Klub tydskrifte.  Die tydskrif word gewoonlik soos ‘n wortel voor jou neus geswaai (lyk ek soos ‘n donkie) as ‘n gratis voordeel vir ‘n nuttelose klub waarvoor jy moet betaal.  Neem die Edgars klub as een voorbeeld.  Jy betaal R60 ‘n maand om ‘n boom te vermoor en kry geen ander voordeel daarvan.  Die ergste is dat hulle glo dat die publiek wil vuisslaan vir hulle vervelige tydskrif.  Regtig?  Wie de duiwel sal na ‘n Edgars Klub tydskrif mik as jy voor ‘n rak vol tydskrifte staan?  Beslis nie ek nie.  As dit die enigste tydskrif is, sal ek my maar eerder met my selfoon vermaak.  Dieselfde geld vir enige ander klub tydskif.

Hoekom op aarde wil elke sogenaamde klub ‘n tydskrif hê?  Ek wil amper vra hoekom elke organisasie hulle eie klub wil hê?  My tyd is kosbaar en ek wil dit nie mors met iets wat hulle eie beuel blaas nie.  As hulle so graag gratis tydskrifte wil uitdeel, hoekom nie die klient ‘n keuse van ‘n tydskrif gee nie?  Julle weet:  die wat gepubliseer word en in die vrye mark verkoop word.  Dit sal nou ‘n goeie, praktiese klubvoordeel wees.  Een wat ek dalk sal wil hê.

Hoe voel julle oor tydskrifte?  Tydskrifte kos deesdae maklik meer as R20 en selfs R50.  Is daar vandag nog plek vir tydskrifte?  Wat is jou gunsteling tydskrifte?  Watter klubtydskrifte vermoor nie onnodig bome nie?

 


Aksies

Information

8 responses

11 01 2017
HesterLeyNel

Heng nee, ek het nie geld en bêreplek vir sulke onnodige items nie. Toe ek jonk was, so ‘n halwe eeu gelede, was tydskrifte en koerante ons lewensbloed. My pa het elke Vrydagaand die week se koerante en tydskrifte afgehaal by die winkel waar dit vir ons gebêre is; dit was ‘n hele naweek se vermaak wat hy onder sy arm gedra het. Nou lees ek uitsluitlik op die internet. Klubtydskrifte ignoreer ek sommer net, selfs die elektroniese soort.

11 01 2017
ekmyselff

Ek koop ook nie, nou en dan miskien 3 per jaar, maar dit is eenvoudig te duur en via Face Book, Maroela Media en die internet kry ek gewoonlik alles te sien. Maar ek moet bieg dit is lekker as ek by my ma of n vriendin kom en daar le n tydskrif.

11 01 2017
travel460

Ek koop steeds die Huisgenoo. Dalk uit blote gewoonte, maar ek kry nie uitgelos nie. En dan is ons huis vol tydskrifte oor binnehuise versiering. My manlief koop hulle omdat hy dink ek behoort dit te verorber. Maar eintlik droom hy self net lekker oor al die mooi wat hy nog wil aanskaf. Hy is maar ñ projekte ou. So, eintlik kan ek ook sonder tydskrifte. Maar Huisgenoot…

11 01 2017
Hier "blok" Elanè

Vir my is tydskrifte geldmors, dit is bladsye vol bemarking en dan hier en daar ‘n klomp nikseggende goed, sonder enige waardetoevoeging tot mens se lewe. Nee wat die NET het als wat mens wil lees. Ek koop eerder ‘n mooi boek. En dan natuurlik ❤ ek my Bybel. Ek hou wel van die tydskrif met die naam JUIG en National Geographic for kids, want my Lainey is mal daaroor.

11 01 2017
rondomtaliedraai

Ek kan ook boeke daaroor skryf. Hier koop ons tydskrifte en gee dit dan vir die bure en daarna gaan dit skool toe vir kinders om te”lees”of op te knip!

12 01 2017
seegogga

Toe ek jonk was, jare gelede was dit Sarie en Fair Lady. En later Idees ook
Toe is dit net Sarie en Idees, Toe net Sarie en nou niks. Te duur en dis so asof ek al d artikels al voorheen gelees het. Ek weet al presies hoe om kinders groot te maak ( maar d praktyk sukkel), watter resepte ek wil maak, hoe om krag te spaar ( maar ek geniet steeda my lekker vol bad), wanneer om wat te plant ( ek is mi n tuinier ni), filmsterre laat my koud en van crafts, handwerk en skilder sal jy my min vertel ( kan alles doen en het dit ookal gedoen. Neewat.te duur en vir jonger mense wat nog moet leer en huis opsit.

12 01 2017
verons

Ellooooo…. Happy alles nuwejaar, verjaarsdag, valentynsdag en nog alles wat ek nie kan onthou nie (raak mos nou oud 😉 ) Ek is nou so bederf met die elektroniese goed dat ek verlede jaar net een boek gelees het en ek is ‘n behoorlike boekwurm gewees….Ek koop nog steeds my Huisgenoot (hoekom weet ek nie want alles kan ek elektronies lees gratis) ek moet seker maar net uit die gewoonte kom maar ten minste mors ek nie ek doen ‘n “goeie” daad want ek ken ‘n paar mammas wat dit nie te breed het nie en al my ou Huisgenote gaan na hulle toe vir hulle kinders se vermaak en skool take so ek dink maar dis my goeie daad vir die samelewing 😀

12 01 2017
Olga

Vandat ek so ‘n aantal jare gelede ;b oist gedeek get wat gevra het ons moet huisgenoot nie koop nie omrede hulle selektiewe geriggewing, het ek hg nog net twee keer gekoop. Eenkeer toe ek op die voorblad gesien het, Marlene Lehnburg is dood en eenkeer ‘n vriendin vir my gese het haar neef se klendogter was deur honde verskeur en die huisgenoot dra die storie. Verder lees ek Worldwyd wat my 9/10 keer grensloos irriteer met hulle politieke korrektheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: