Lees, skryf en reken – watwou!

11 10 2016

Skole verskil van geslag tot geslag.  Wel, dalk nie die uniforms nie, maar die silabusse word elke nou en dan aangepas.  My ma was nogal verbaas dat ons nie meer phonetiese spelling op skool gedoen het nie.  Terselfde tyd het sy Boekhou op skool gehad.  Ons het dit rekeningkunde genoem.  Ons is geleer lees en skryf met klanke, nie die alfabet nie.  Boonop is die riller van naaldwerk finaal nek omgedraai toe ek hoërskool getref het.

Dit maak seker maar sin dat skole saam met die tye moet beweeg.  Ons was nog geleer tik, al het ek nog nie ‘n tikmasjien in my loopbaan raak geloop nie.  Nodeloos om te sê – ek gebruik tog my tik vaardighede (wat ek die vet weet waar opgetel het – ek kon nie reg tik om my lewe te red nie) daagliks.  Dit is egter veilig om te sê dat ‘n mens op skool vaardighede leer asook leer om die vaardighede toe te pas.  Die fondasie van die vaardighede is natuurlik lees, skryf en reken.

Is ek agter die klip of wat?  Ek sien van die oorsese skole (ek weet nie van Suid-Afrikaanse skole wat dieselfde doen nie) bied van kleinsaf Geslags Identiteitsklasse aan.  Die idee is om verdraagsaamheid te kweek vir kinders wat dalk ‘n bietjie skerp neig na die ander geslag.  Dit poog dan ook om kinders wat te veel van hulle eie geslag veilig te laat voel.  En – volgens teenstanders van die klasse – dien dit ook om gewone, gelukkige en tevrede kinders te verwar.

Verdraagsaamheid teenoor iemand wat nie nie soos jy is nie, is ‘n goeie ding.  Daar is gevalle dat dit van kleinsaf duidelik is watter kant van die draad ‘n spesifieke kind gaan wei.  Maar regtig?  ‘n Klas – wat oor ‘n aantal jare strek – net daarvoor?  Het I-Pads nou regtig onderwys oorbodig gemaak?

Die afgelope dekade of twee het seuns en meisies die kans gehad om enige droom wat hulle moontlik kon hê na te jaag.  Meisies kon houtwerk doen en seuns kon leer kook.  Seuns het korfbal gespeel en krieket, sokker en selfs rugby is nie ongewone sporte vir meisies nie.  Die enigste werklike verskil is die kleredrag en badkamers van elke geslag.  Kleredrag is seker los – baie skole laat deesdae toe dat meisies broeke mag dra, maar ek het nog nie van ‘n skool gehoor wat sal toelaat dat ‘n seun ‘n skoolrok kan dra nie.  Toegegee, nie eers die meisies wil die skoolrok (wat presies dieselfde is as wat hulle oumas op skool gedra het) dra nie.

Een van die tameletjies met die nuwe neiging is die toegang tot badkamers.  Waar moet die seun wat ‘n meisie wil wees (of die meisie wat ‘n seun wil wees) gaan piepie of verklee?  Hoe gemaklik gaan die meisies (seuns) wees as ‘n biologiese gebore seun (meisie) langs hulle verklee?  Dit is nie asof hy/sy dieselfde het as almal langs hom/haar nie.  Dalk is dit tyd vir private geriewe.

Ek kan nogal die punt verstaan dat dit verwarrend kan wees.  Net omdat jy as ‘n meisie nie van poppe hou nie, beteken dit nie dat jy nie meer ‘n meisie is nie.  Dit beteken net dat jy nie van poppe hou nie.  As iemand nou kom en voorstel dat jy dalk eerder ‘n seun wil wees, gaan dit nie onnodige trauma veroorsaak nie?

Ons moet egter ook onthou dat die trauma is wat baie homoseksuele en transgeslag mense ervaar.  Tot vandag toe is daar baie mense wat dit nie kan aanvaar dat ‘n man dalk ander mans verkies nie.  Dit word ten tye met geweld afgedwing.  Dit is ook ‘n probleem.

Soos julle weet is ek nogal ‘n voorstander dat elkeen sy eie leef moet leef.  Ek dink ook nie dat dit ‘n skool se plek is om die leef voor te skryf nie.  Maar wat maak dit saak wat ek dink?

Hoe voel julle oor iets soos geslags identiteitsklasse?

Breinvasbrand:  Wie was die eerste persoon wat in 1931 ‘n chirurgiese geslagsverandering gehad het.

Breinlosbrand:  Cliff Huxtable.


Aksies

Information

4 responses

11 10 2016
seegogga

“Leef en laat leef” het ou Shakespeare destyds gesê. Dalk het hy iets beetgehad.

12 10 2016
maatjiema

Ek dink “verdraagsaamheid” (in alle opsigte) kan in LO ingewerk word maar ‘n hele vak opsy skuif net vir dit? By the way. Hulle kan dalk in LO ook vir die mense leer om ander se “personal” space” te respekteer.

12 10 2016
scrapydo2.wordpress.com

Ons het altyd n voorligtingsklas gehad vroeër jare wat nou opgebreek is in geslagvoorligting en what ever ook al. Hier is daar n seuntjie (5 jaar) wat elke nou en dan n rokkie aan het! Heel vreemd, die vraag kom nou ook by my op- watter geriewe gebruik hy?

13 10 2016
Olga

LAASTE!!!!
Einar Wegener1882-1931, a.k.a. Lili Elbe van man na vrou. Ek weet regtig nie hoe ek voel oor die “anderkant toe neig nie. Ek het eerstehandse kennis van oe toemaak vir die neiging. Dan aan die anderkant wonder ek tog of dit anders sou verloop het as hy soort van gedwing was om seunsdinge te doen. Ek het laaank terug gelees iewers in adolesensie neig meeste tieners maar “anderkant toe.” Maar die meeste ontgroei dit weer. Maar nou ja. Ek kan nie gepla wees wie klim met wie in die bed nie. Maar aanvaarding van “anderkant toe neig” regverdig wragtig nie ‘n vak op skool nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: