En terug na vroedvroue

3 10 2016

Ek het al lankal gewonder hoekom babas deesdae altyd deur ‘n ginekoloog in die wêreld ingehelp word.  Nie so lank gelede nie het vrouens met ‘n vroedvrou by die huis gekraam.  Daar is nou nog vrouens wat die praktyk verkies.  In die tyd wat ek gevul het, was gewone huisdokters die norm.  Dit was in die tyd en dae wat ‘n huisdokters nog operasies gedoen het, dus kon hulle ook met ‘n keiser help as dit moes.  Dit is nou nie dat ek so oud soos die berge is nie.  In elk geval, die afgelope dekade of twee het ginekoloë was ginekoloë verantwoordelik om babas te vang.

Ek moet nou ook noem dat ‘n ginekoloog mos eintlik ‘n ginekoloog en verloskundige is.  OBGYN soos die Amerikaners hulle noem.  As ek die storie regverstaan, is die vrouedele die ginekoloog se werk en die babas die verloskundiges se werk.  Siende dat net ‘n ginekoloog bevoeg is vir ‘n papsmeer, het baie vroue hulle eie persoonlike ginekoloog ook.  Al is daar geen planne vir ‘n pienkvoetjie nie.

Nou begin alhoemeer ginekoloë die verloskundige deel van hulle name skrap.  Dit is nie soseer ‘n geval dat hulle hou van ‘n rustige nagrus nie – keisers het reeds daarvoor gesorg.  Dit is ook nie dat hulle bang is om hulle hande vuil te maak met bevallings nie.  Die meeste van hulle kan bloot nie meer die versekering bekostig wat hulle moet hê om ‘n vrou in kraam te kan bystaan nie.

Ek praat nou uit geheue van ‘n artikel wat ek onlangs gelees het.  Blykbaar is die versekering vir verloskunde R650 000 per jaar.  Dit werk glo op R4000 per bevalling uit.  Skielik verstaan ek ook hoekom dokters kla dat hulle krepeer van armoede.  Ek gee hulle heeltemal gelyk – dit is ‘n fortuin.

Die versekeringmakelaars gooi ook maar hulle hande in die lug.  ‘n Glipsie by geboorte is maar ‘n duur storie.  Boonop neem dit soms jare voordat die foutjie ontdek kan word, die hulpelose baba is soms al ‘n volwassene.  Natuurlik moet iemand betaal vir die voorval en die versekering moet dit dek uit die premies wat ingewin is.

Die blote feit dat die versekering so buitengewoon hoog is, is ‘n aanduiding dat eise nie net teoreties is nie.  Vraag is dus of dokters nalatig of roekeloos met bevallings is?  Of hardloop mense deesdae te maklik om ‘n eis te gaan instel?  Ek neem aan vroedvroue sal seker soortgelyke versekering moet hê.  Gaan mense maar eendag op eie genade hulle babas moet baar?  Gaan hulle professionele mense vrywaring moet gee teen moontlike eise?  Dan weer, aan die ander kant, wie neem verantwoordelikheid as daar iets met die geboorte fout gaan?

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Watter karakter in die Cosby Show was ‘n ginekoloog?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 2001.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

3 10 2016
rondomtaliedraai

Nee ek het nog nooit so daarna gekyk nie. Mens moet glad nie meer kinders hê nie – dit kos gewoon te veel geld. Ek het vriendinne met groot seuns en my keel trek toe net as ek kyk na die hoeveelheid wat hulle eet!

4 10 2016
ekmyselff

Bawhaaa, lekker lag ek vir jou Tina.

4 10 2016
rondomtaliedraai

Wag maar eendag sal jy weet dit is waar…

11 10 2016
Xena Phoenix

Het jy al gesien wat kos doeke? Ek weet nie hoe enige iemand ‘n baba kan bekostig nie.

11 10 2016
rondomtaliedraai

Ek stem … my baba sou ‘n hele week met een doek moes loop want dis al wat ek kan bekostig en die ergste is mens gooi dit weg!

4 10 2016
ekmyselff

Ek verstaan nou ook nie mooi nie want bitter min van mense wat eise teen dokters insit kry OOIT iets daaruit… meeste word mos onder die mat ingevee. Of wil die versekering net nie betaal nie.
Nee in die “ouer tyd” moes die baba net “gevang” word maak nie saak hoe, wa en wie nie, as dit baba wou kom moes hy kom. My ma het baie baba’s op die paas gevang – jare terug, natuurlik.

11 10 2016
Xena Phoenix

Weet jy, as ‘n mens kyk na wat ‘n kraamgeval kos, hoop ‘n mens daardie dokter het nie botter vingers nie. Mens wil tog nie derduisende betaal en net aanvaar as dinge verkeerd gaan nie.

4 10 2016
maatjiema

Dit is nie net omdat bevallings verkeerd loop dat eise ingestel word nie. Gewone dokters wil dit nie meer doen nie omdat daar soveel eise van seksuele teistering ingestel word. Dit is altans wat my huisdokter aan my verduidelik het. Destyds het hy sommer papsmere ens. gedoen en hy doen dit nie meer nie.

11 10 2016
Xena Phoenix

Seksuele teistering? Ernstig????

12 10 2016
maatjiema

Yip. Waarvan baie valse bewerings is. Dokters wil net nie meer daai kanse vat nie.

4 10 2016
Olga

Wee jy! In my dae het die kliniek suster sommer die ou papsmeertjie geneem. Wil jy nou vir my se ‘n ginekoloog a la bbbee studiemetode is gelyk aan wat die sr destyds was? My kinders was ook almal deur ‘n gewone AP die wereld ingehelp. Onthou, ek is ook nie so oud soos die berge nie, net 108, I’ll have you know! Nes die huishulp destyds, omstreeks 1994/95 is die versekeringsmense ook maar besig om hulself reg van die mark af te prys. Ek kan net dink wie dit is wat so graag hardloop om te eis vir die “tydens geboorte skade.” Een van die dae is dit ook maar onder of dan agter ‘n bos squat om gou die ou pienkvoetjie uit te druk, dan maar aanbeur.

11 10 2016
Xena Phoenix

Ek is seker een van die dae is daar ‘n heffing op sonlig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: