Afbreek en Rede

28 09 2016

Hoe beskaaf is ‘n land nou eintlik as mense hulleself send to brandstigting, saakbeskadiging en vandalisme as hulle nie hulle sin kry nie?

Suid-Afrikaners sien dit gereeld.  Brand ‘n skool af as mense nie gelukkig is oor dienslewering nie.  Die skool lewer mos dienste.  Beskadig winkels as daar geprotesteer word vir lone – al is die winkels nie die werknemers nie.  Vernietig ‘n universiteit in ‘n poging vir gratis onderswys.  Dit maak seker sin, as daar geen universiteite is nie, kan daar mos ook geen studiegelde wees nie.  Doel bereik – wat maak opvoeding in elk geval saak?  Veral as die room van die opvoedingsleer nie besef dat hulle proteste deel vorm van hoekom daar nie geld is nie.

Suid-Afrika sal geen vordering maak tot tyd en wyl die onluste geduld word nie.  Eerstens – geld groei nie aan bome nie.  Tweedens – niemand kan iets verniet kry nie, tensy iemand vir iets betaal het wat hy / sy nie gekry het nie.  Derdens – hoe meer skade daar berokken word, hoe minder geld is beskikbaar om vir goed aangewend te word.  Dit is nie rocket science nie en dit is blerrie tyd dat die massas dit besef.  As daar nie geld is nie, is daar nie geld nie.

Ek gaan dit tog noem:  noodweer is nie net ‘n regverdiging as daar op iemand se lewe ‘n bedreiging gemaak word nie.  Noodweer kan ook die beskerming van eiendom insluit.  Goed en wel, die eiendom moet iemand se lewe werd wees.  Dus, jy gaan nie met moord wegkom oor ‘n tuinstoel nie, maar as jou lewensmiddele bedreig word, het jy ‘n beter kans.  Vraag is wie / wat is meer werd – die protesteerende massas of ‘n geboue van ‘n paar miljoen rand?

Goed, goed – ons soek nie ‘n menseregte insident al weer op ons voorstoep nie.  Die massas is mos gevrywaar teen geweld, al skroom hulle nie om geweld te gebruik om hulle doel te bereik nie.  Wat is egter die alternatief?  Hoe leer mens mense wat nie rede kan insien om hulle hande tuis te hou?  Afbreek is maklik, maar hoe leer jy iemand om eerder op te bou?  Is dit ‘n verlore stryd?  Indien wel, hoekom enigsins probeer om mense op te lei wat nie kan leer om nie af te breek nie?

Ek dink om mee te begin moet enige student wat poog om ‘n gebou af te brand lewenslank van enige tersiêre instelling verban word.  Die mense wat skole afbrand in die naam van dienslewering, moet harde arbeid verrig om die skool weer op te bou.  Sonder betaling.  Voel ‘n bietjie hoe voel dit om jou gat af te werk vir iets waaruit jy nie persoonlik voordeel trek nie.  Dalk moet dienslewering summier opgeskort word in die gebiede waar dit met geweld geëis word.

Hoe dink julle kan die afwaardse neiging vir eens en vir altyd uitgeroei word?  Dit behoort mos natuurlik te wees – pas wat jy het op.  VERDIEN wat jy meer wil hê.

Breinvasbrand:  Watter jaar het pendelaars ‘n brand in die wagkamer van Pretoria stasie begin omdat die trein laat was?

Breinlosbrand:  24 September 1995.  Olga was dus reg.


Aksies

Information

8 responses

28 09 2016
maatjiema

Weet jy wat pla my, en dalk is ek bietjie stupid’erig. Maar die damme loop leeg en dit lyk nie of die reen oppad is nie. Daai vure moet met water geblus word! Nee wat, ek stem. Hulle moet net die reg vir ewig ontneem word om te studeer.

28 09 2016
rondomtaliedraai

Ek raak ook al opstandig Wonder wat sal gebeur al alle inrigtings gesluit word en almal huis toe gestuur word. Dan kry ons rommelstatus en die een moor die ander uit oor die beitjie kos wat oorbly… of ons moet ‘n ark begin bou!

29 09 2016
Toortsie

Oee dis ‘n moeilike een wat al aan moederskoot geleer moet word. My kinders moes kleintyd leer dat as ons iets breek, gaan ons agteruit, want die geld wat iets nuuts kon koop moet nou gebruik word om die ou een weer te koop.
Ek dink die algemene opvatting is, hulle hét geld, baie daarvan.

29 09 2016
keerweer

so lank die belastingbetaler gan onrol en dood speel so lank gaan julle geld gan om a la bbee te herstel. dit wo werkskepping genum. been standpunt julle slapgat rugratloses. dis n demokrasie. se julle se. se hart en duitlik new julle tax kani vir die skade betalers in. verder fight fire met fire. as hulle ani brand steek, rig n vlam werper op hulle. leka julle sotte. hu vulit? as hulle klippe gooi steek hulle one die klipe. as hulle asdromme en monimente om keer keer hulle om al is it met n slingervel kettie of. 22. make a stand. vat die land terug.

29 09 2016
Olga

19 Feb 2001. Ek kan wragtig nie op die kak reageer op die stadium nie. Iewers moet iemand die spul werfetters vertel hebsug is ‘n dodelike sonde.

29 09 2016
Olga

Wil lyk of ek alweer moer oor en oor en oor tik. Maak my sommer moerig.

2 10 2016
Olga

Iemand wil nie he ek moet my opinie uitspreek nie. Ek het nou al vier keer ‘n kommentaar langer as jou post getik.

2 10 2016
Olga

Alles moet gratis kom. Baksteenhuiste, lopende water, teerpaaie, tersiere onderrig. Bolle man. Dis alles lluukses soos swart BMW’s< diamantringe en oorsese vakansies. Betaal of gaan daarsonder. Gratis tersiere opleiding en dan nog gratis huisvesting, mind u. Wat volgende? 'n Swart BMW wanneer hulle so in hulle 40's uiteindelik graad kry? Maar geen sprake van hoe hulle kan terug betaal wanneer hulle eers graad gevang het nie. Fok daai kak. Aangesien SASCO agter die studente betogings sit, laat sasco betaal. Die hof het mos so 'n jaar of twee terug beslis dat die unies agter enige staking, verantwoordelik is vir die skade wat hulle betogende massas aanrig. So keil sasco op. R600miljoen behoort hulle mos met 'n lag te betaal. Die afgelope week het SABC onderhoude met van die stakers gehou. Die dame het duidelik en onomwonde gese " As long as no white benifits. " Toe prof Jansen by Kovskies bedank het, het 'n groepie met wie hulle onderhoud gevoer het ook hard en duidelik genoem dat hulle verheug was dat hy weg is, maar "We do not want a white to come in his place. " So weet jy wat? Ek voel op die punt mag dit 'n goeie idee om wit en swart belastings te skei. Wit mens belastings word dan net aangewend vir wit mens gebruik en swart mens belasting net vir swartmens goed. Op die punt die skade was aangerig deur swart studente???? Of vang ek nou vis in die koos? Hef dan sommer 10% belasting verhoging totdat die skade betaal is indien sasco dit nie gaan betaal nie. Kom ons kyk dan hoe lank gaan die vandalisme voortduur. Hulle haat die blankes met 'n passie. Hoekom is wit mens gewoontes dan so begeerlik? Wanneer laas het jy 'n swart vrou sonder 'n lang witmens haar pruik gesien? Is hospitale en universiteite dan nie witmens instellings nie? Hoekom wil swart mense dit dan oorneem? Swart skoling van gr 1 t0t gr 12 is regtig gratis. Tog by "voorheen model c" aka wit skole, kos skoling 'n fortuin. Hoe ruim die demokrasie? Indien die wit ouers nie kan betaal nie, word hulle aangeraai om maar hulle kinders bo 15 uit die skool te haal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: