Skoolverkeer pyn in mens se agterend

26 09 2016

Wanneer begin die lente skoolvakansie?  Ek kan nie meer wag nie.  Nee, ek gaan nie saam met die kinders vakansie hou nie.  Die oomblik wanneer hulle vakansie het, word my pendeltyd met ten minste twee derdes gesny.  Ironies!  Hoeveel skoliere ry self skool toe?  Veral as ‘n mens in ag neem dat ek basies verby ‘n spul kleuterskole en een skool ry.

Een van die skole het onlangs besluit om ‘n tweede aflaaisone vir hulle ouers te begin.  ‘n Besluit wat ek seker is die ouers baie waardeer.  Ek verwens daardie skool egter deesdae met ‘n passie.  Die ouers se lewe is aansienlik verbeter, maar my oggende het in ‘n nagmerrie ontaard.

Sien, in gewone skooltyd neem dit my 30 – 45 minute om verby die skole te kom.  Dit is ‘n afstand van minder as ‘n kilometer.  Verby die laaste skool, neem my dit so 10 minute om die laaste 8 km na my werk toe af te lê.  Dit was egter in die tyd en dae voordat die tweede stop – aan die laaste 100 m van die “skoollaan” ingebring is.

Nou – wel – die skoollaan is ontoeganklik vir die buurte wat dit omring.  Die skoollaan is een van die vloeistrate waarmee mens na die sakesentrum toe gaan.  Daar is heelwat buurte wat daar moet deursukkel soggens.  Die ouers wat van die teenoorgestelde kant kom, maak basies ‘n u-draai voor die skool.  Dit neem hulle 30 sekondes om hulle kinders af te laai.  Die verkeer vloei vry na die skool, dus het hulle geen frustrasie nie.  Niemand anders kom egter verby die skool nie.

Goed, ek oordryf.  Ek het al verby gekom – meer as ‘n uur later.  Ek het al langer as 20 minute gewag om by die skoollaan in te draai.  Nodeloos om te sê, ek moes maar vir my ‘n alternatiewe roete gaan soek het.  Die alternatiewe roete is aansienlik langer (in afstand) as die skoollaan.  Die ander alternatief is om ‘n uur vroeër te ry:  wat basies beteken is is binne 10 minute om 06:15 by die werk.  Dit werk op soveel vlakke nie vir my nie.  Laastens kan ek seker trek.

Kan skole regtig net die verkeerlogistiek beduiwel soos dit hulle pas?  Ek meen, dit werk vir hulle en dit pas hulle kliente uitstekend.  Wat maak die ander mense wat in die voet geskiet is saak?  Moet ek dit bloot aanvaar as my probleem en leer om daarmee saam te lewe?

Breinvasbrand:  Wanneer was die eerste Erfenisdag gevier?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1929.

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

26 09 2016
Toortsie

Ek het nie ‘n antwoord vir jou nie. In my dorp is die spitsverkeer ook blykbaar die 10 minute wat die skool uitkom in die middag. Maar dis nou net my dorp, ek kan dink dat dit erg frustrerend moet wees in groter dorpe en stede.

26 09 2016
rondomtaliedraai

Ai waar is die tyd toe kinders tevoet en per fiets skool toe gegaan het.

26 09 2016
Olga

Mens moet die skole dagvaar. Dis jou woonbuurt en jy woon \in ‘n demokratiese Suid Afrika. Was julle geken in die besluit van die skool? Indlien nie, dit was mos voorheen ook ‘n DA voorstad. Neem die DA hof toe oor hulle ondemokratiese benadering tot jou vryheid. Jy sal dalk alleen begin maar teen die tyd dat jy jou dag in die hof gaan kry, gaan daar baie ondersteuners opdaag.

26 09 2016
Olga

BTW, eerste erfenis dag sou gewees het net nadat die anc aan bewind gekom het. Seker 1995. Net dit moes nie erfinis dag gewees het nie, maar eerder “Day of entitlement.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: