Hoekom doen ‘n mens dit aan jou self?

9 09 2016

Dit is al ‘n geruime tyd dat Edgars ‘n doring in my vlees is en vet weet hoekom ek dit duld.  Ek het vroeër vanjaar van die ander doring in my vlees, genaamd ABSA ontslae geraak.  Ek dink alhoemeer daaraan om Edgars ook warm plek toe te pos.  Ek is immers nie ‘n aanhanger van pyn nie en ek weier beslis om daarvoor te betaal.

Edgars was van die eerste rekeninge wat ek oopgemaak het.  Die redes is deesdae maar vaag.  ‘n Mens moet iewers ‘n kredietrekord begin bou en soos baie ander studente, was my klerekas nie geskik vir ‘n werkende dame nie.  Edgars was redelik gerieflik – dit het klere gehad wat ek sou dra, dit was redelik algemeen beskikbaar en jy kon by Jet en CNA ook koop.  Alles rentevry.  Ek praat onder korreksie, maar ek dink klublidmaatskap was toe R15 / maand.  Vir iemand wat ten minste een keer ‘n week gefliek het, was 50% afslag teen R15 ‘n maand nie te versmaai nie.

Ek het seker twee jaar gelede vir myself klere by Edgars gekoop.  Deesdae is dit ‘n onbegonne taak om iets te kry in Edgars wat jy bereid is om te dra.  Ek  het jare gelede al met Jet opgegee.  Hulle het nie juis ‘n verskeidenheid van ware nie, jou keuses val basies op vat of los.

Edgars was ook al verskeie kere in die media oor hulle prysverhogings.  Krap gerus maar die pryse op hulle winskope af.  Dikwels is die prys hoër.  Verlede jaar se mode is dikwels die jaar ‘n R100 duurder.  Die dae wat mense bereid was om in die tou te staan vir rooihanger uitverkopings is lankal vergete.  Dit is nie die moeite werd om by die winkel in te gaan daarvoor nie.  Vergeet ook daarvan om skoene by hulle te kry.

Edgars is ook besonders duur.  Nie net is hulle items nie die prys werd nie, maar deesdae is daar tot ‘n R22.80 rekeningbestuursfooi wat hulle aan jou wil afsmeer.  Ek is jammer, besighede is veronderstel om hulle administratiewe fooie te dek uit hulle inkomste.  Ek is nie verantwoordelik vir hulle bestuursfooie nie.  Ek betaal al R60 per maand vir klubfooi.  Dus word daar R993.60 per jaar van my verwag om ‘n lojale klient te wees.  Amper ‘n R1000.

Ek kry deesdae niks vir my klubfooie nie.  Toegegee, as ek dalk nog eenkeer ‘n week gefliek het, was dit die moeite werd.  Dit is in elk geval bokant my begrip hoe maatskappye van jou kan verwag om hulle te betaal om jou te beloon as ‘n goeie klient.  Hou jou beloning en ek hou my geld en dan is ons mos altwee beter af.  Wie kry R60 ‘n maand voordeel uit hulle klubfooie?  Hoe eties is dit om die klubvoordele aan mense in die platteland af te smeer?  Hulle kan niks daarvan geniet nie.

Hoekom de duiwel is ek nog by Edgars?  Is hulle regtig my kredietrekord werd of kan my ander rekeninge hulle vervang?  Is dit bloot toevallig dat ABSA hulle rekeninge bestuur?

Breinvasbrand:  Watter jaar en waar het die eerste Edgars winkel geopen?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Johannesburg (Braamfontein).


Aksies

Information

11 responses

9 09 2016
Toortsie

Ek het destyds ‘n rekening by Edgars oopgemaak omdat ek daardie tyd lekker klere by hulle kon koop en dat ek kon afbetaal. Werklik waar, jy oortuig my nou amper om my kaart op te knip. Al rede hoekom ek dit nog hou is dat daar nou heelwat winkels is waar jy dit kan gebruik, alhoewel ek dit ook jare laas gebruik het. Klubvoordele het my nog nooit getrek nie.
En ABSA? Hulle is goed vir ons besigheid, maar ek het ‘n volle 5 dae ‘n persoonlike rekening by hulle gehad. Toe is ek terug na waar ek vandaan gekom het.

9 09 2016
Xena Phoenix

Betaal jy vir daardie klubvoordele wat jy nie gebruik nie? 😉 Ek is seker dat daar baie plekke is vir wie jy eerder die geld sal wil gee as Edgars. Jy kan ‘n rekening by hulle hê sonder die klubvoordele.

9 09 2016
Toortsie

Nee. Nog nooit die voordeel daarvan gesien nie. So ek is nie klublid nie.

9 09 2016
strooimeisie

Ag neewat. Ek het die rooi vierkantjie-plekke al lankal warmplek toe gestuur. As pasgetroude wat huis wou opsit en terselfdertyd ook voltydse student met kontrakpos was, het ek my vloermoer behoorlik daar by ‘n wit tafel en ongemaklike stoele gegooi toe ek hoor ek mag nie ‘n rekening oopmaak nie… plus, ek is self ook maar nie mal oor hulle goed nie.

9 09 2016
rondomtaliedraai

Ek het verlede maand my rekening gesluit oor dieselfde rede. Ek moes op R400 vir 2 dae van die maand R3 te betaal en dan R22 vir die volgende maand. Ek verstaan hulle sukkel seker om geld uit sekere mense te haal maar ek is nie skuldig nie Nee wat ek het dit nie nodig nie

10 09 2016
scrapydo2.wordpress.com

Nee wat dis nou rerig die perd agter die wa inspan. Vroeër jare toe Edgars Penny Coelen klere verkoop het het ek altyd iets gekry om te koop. Vandat Penny Coelen made in China geword het het dit net nie meer gepas nie. Toe al my rekening gesluit. Dis nie die moeite werd om so baie te betaal vir sulke waardelose goed. Arme mense wat nou moet swaar kry omdat maatskappy inhalig is of wan bestuur!

10 09 2016
Nikita

Jare terug het ek ook my Edgars rekening toegemaak, toe ek niks kon kry en toe hulle buitensporig duur begin raak het. Ek’s nie heeltemal op hoogte met die klubfooie nie, maar die kant van die water het jy ‘n kaart wat jy toon en elke keer as jy ‘n item koop, bou jy ‘n ‘krediet’ op – nie wat hulle vir jou sê hoeveel nie – maar na ‘n tyd kry jy ‘n ‘voucher’ met ‘n bedrag daarop – die bedrag daarop hang af van hoeveel jy oor ‘n tydperk bestee het – en dan kry jy daardie afslag. – wat seker min of meer opdieselfde neerkom, maar ten minste betaal ons nie die maandelikse (?) klubfooi nie.

11 09 2016
carol kay

net een mannekyn pop tussen al die swartes. laat my altoos dink dit se duidelik, “black customers only.”

11 09 2016
Olga

My Edgars rekening loop al sedert 1980 die pad saam met my. Edgars was destyds die ideale winkel. Dit het iets van alles aangehou. Klere, skoeisel, fieterjasies vir man, vrou en kind. Behalwe dit, het dit nog beddegoed en gordyne ook aan gehou wat dit die ideale gesins winkel gemaak het. As jy deesdae wil beddegoedof gprdyne he, dan moet jy maar Boardmans toe gaan waar dieselfde duvetpak wat jy halfuur tevore by Edgars onder oe gehad het, maar nie die geskikte kleur was nie, kos nou skielik R200 meer. AS jy skoene soek en hulle kom droog op met no 8 in elke skoen wat jy soek, dan beveel hulle ABC aan. Sou ju gelukkig genoeg wees om een op te spoor, dan is dit om uit te vind al Tembi en Zandile se fam was voor jou daar, hulle het niks groter as no 6 nie. DAn kom jou rekening en dis skielik na meer as twee dekades nie meer Afrikaans nie, maar Engels, want Tembi en Zandile kan nie die knoppe ontsyfer wat jou jou rek in Afr sal laat kry nie. Daardie R60 tydskrif wat regtig net ‘n katalogus vir swart modes geword het, is skielik nie meer in jou posbus nie. Jy moet dit “instore” kry en skielik is dit ook nie meer in Afrikaans beskikbaar nie. Sedert verlede jaar probeer ek die tydskrif kanseleer. Nie vir ‘n 4k nie. Elke epos kom terug, dit kan net nie afgelewer word nie. Elke “instore”kanselasie word soos ‘n stopstraat om middernag voor die bordeel geignoreer. Ek betaal nou al vyftien maande lank R60 vir ‘n tydskrif wat ek nie kry nie. Ek wil my geld terug he. Dankie. Ek skuld hulle al maande lank nie ‘n sent nie, maar elke maand kry ek ‘n rekening en verlede maand toe bel hulle my. Toe ek begin uitvaar oor die tydskrif geld, word die telefoon in my oor neergegooi en kry ek ‘n sms om my te herinner aan my agterstallige rekening.

11 09 2016
Olga

Sept 1929

14 09 2016
Sonlig

Ek het self my 25 jaar oue rekening vroeër hierdie jaar gesluit oor die nuwe diensfooi. Aangesien ek omtrent 2 jaar laas iets daar gekoop het, kan ek nie sien hoekom ek elke maand iets moet betaal vir niks nie. Die winkel “cater” in elk geval nie juis meer in my smaak nie.

R22.80 klink na kleingeld, maar hoeveel beloop dit oor ‘n jaar? Dan kon ek mos lankal iets by ‘n ander winkel daarvoor gekoop het. Honderde kliënte het hulle vervies vir die nuwigheid en rekeninge gesluit. Die media het lankal uitgeblaker dat die groep kontantvloei probleme ervaar – hierdie is ‘n konkrete bewys van ‘n laaste desperate poging om die skip te red.

Ek kan eerlik sê dat ek geensins die rekening mis nie. Ook nie die feit dat ek produkte koop waarvan die pryse buitensporig gelaai word om te kompenseer vir die potensiële slegte kredietgewoontes van ons mede Suid_Afrikaners nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: