Ek het noudie dag gehoor van ‘n tienerseun wat ‘n tattoe vir sy verjaarsdag gesoek het. Dadelik het ek gewonder wat die skoolreëls omtrent tattoes is. Ek vermoed dat ‘n tattoe nie goed vertoon in ‘n skooluniform nie, maar dit is nou nie dat die oortreder huistoe gestuur kan word om dit te gaan afwas nie. As die tattoe eers daar is, is dit daar. Die enigste manier om dit uit die skoolgronde te verwyder is met mens en al. Nogtans kan jy seker nie iemand ‘n opvoeding ontsê oor ‘n tattoe nie.
My skool het nie reëls omtrent tattoes gehad nie. Dit was bloot ondenkbaar dat ‘n skoolkind ‘n tattoe kon kry. Dit blyk egter dat ons nog baie onskuldig was. Baie ander skole het daaroor reëls gehad, lank voordat ek die hoërskoolbanke getref het. Dit is nogal snaaks hoe baie mense nie hulle skoolliede (wat ten minste een keer ‘n week gesing was) kan onthou nie, maar hoe hulle skoolreëls altyd by hulle sal bly.
Soos 4 vingers bevoorbeeld. Dit was die grootste afstand wat jou rok van die grond af mag gewees het as jy gekniel het. Ouer dames ken dit seker as die 2 vingers reël. Gekleurde hare was uit soos koekies in ‘n weeshuis. Ek verstaan skole laat dit deesdae toe. Jou kuif mag nie in jou oë gehang het nie en die oomblik as jou hare oor jou kraag gehang het, moes dit vasgemaak word. Laasgenoemde was ‘n toegewing wat natuurlik net vir meisies gegeld het. ‘n Ander gewilde een was dat jou naels nie oor jou vingerpunte mag gesteek het nie. Meisies mag net ‘n seëlring en een oorbel per oor gedra het. Die aanvaarbare oorbelle was natuurlik voorgeskryf.
Hoe enige van die reëls van jou ‘n beter student sou maak, het ek geen idee nie. Nogtans was die reëls nie onredelik nie en niemand is dood daarvan nie. Wel, seker ook maar met genade. Party mense het niks daarvan gehou nie en het onderwysers se geduld tot die uiterstes beproef daaroor. Ek neem aan dat daar met sekerheid gesê kan word as die reëls nie daar was nie, sou daar oor iets anders gerebelleer geword het.
In die tyd wat gekleurde kinders die skole ingekom het, was hulle onderworpe aan dieselfde reëls. Tot ‘n mate, Moslem meisies was toegelaat om ‘n langbroek onder hulle rokke te dra en om hulle hoofde te bedek. Dit was immers hulle geloofsvereistes. Swart meisies se hare was nie voorgeskryf nie – wel, behalwe dat hulle kuiwe nie in hulle oë mag gehang het nie en dat hulle hare moes vas wees as dit oor hulle krae gehang het. Persoonlik vind ek dit ‘n tikkie vergesog om kinders te dwing om hulle natuurlike hare te laat reguit maak.
Is daar vandag nog plek vir skoolreëls of trek dit net die aandag af van wat werklik belangrik is? Wat is die nut van skole sonder reëls? Mens kan mos self jou kind leer lees, skryf en reken, en dan ‘n boek in die hand stop. Kan reëls rassisties wees? Is reëls wat vir ‘n sekere ras geskryf is nie rassisties nie?
Breinvasbrand: Waar is Helpmekaar Kollege gesetel?
Breinlosbrand: Mnr Nel was eerste reg met Britanje.
Reëls is nodig vir goeie orde ja, maar o herder, daar is skole wat dit net te ver voer. Ek onthou, toe my seuntjies in Bloemfontein begin skoolgaan het, is hulle gereeld gestraf omdat hulle hare onder hulle krae verdwyn het. Ons het almal ‘n baie lae haarlyn op die agterkop (die haargroei is tot laag af in die nek). Ek het hulle hare altyd kort laat skeer in die nek, om die ore en ‘n netjiese duim of twee bo-op die kop. Let wel – geskeer soos ‘n baard aan die agterkant. Die verbrande “baard” het egter so vinnig gegroei dat dit binne twee weke weer geskeer moes word en as jy nie vinnig genoeg reageer nie, word die 8- en 10-jariges gestraf. Ek het eendag net my moer in pienk strikkies vasgedraai en die skoolhoof gaan sien; daar was nooit weer straf uitgedeel vir “hare onder die kraag” nie. Ek verpes sulke stupidity.
Dit is soos iemand nou die dag gesê het. Wette (en reels) kan nie deur breinloses toegepas word nie. Wat maak dit saak as jy die middel van die nag by ‘n verlate kruising oor ‘n rooi lig ry? Die gevolge daarvan moet minder wees as wanneer jy dit spitsverkeer doen.
Ek dink daar is reëls en reëls … Ek het jare skool gehou en verwonder my oor skole altyd so kerm dat ‘n kind se ouers behoord hulle op te voed terwyl hulle belaglike reëls oor haarkleur en ander snert voorskryf wat niks met ‘n kind se akademiese vordering te doen het nie.
Ek moet nie eers begin oor rassisme op die skole nie … kan stories vertel wat jou hare sal laat reis!
Vertel die rassisme stories? Ek luister graag.
Een meisie het al die vakpryse gewen, het aal alle sportsoorte deelgeneem en aan die konsert, was ‘n prefek, maar die meisie wat goed was in sport het die leerder van die jaar geword. Gelukkig het ek toe al afgetree maar my hart is so seer want dis so onregverdig
rondo talked task jy was n onderwyser by n voorheenagtergeblewe skool. jy spel baie kak vir n geleerde.
Die rassisme kaart is al tot verby vervelings gespeel. As die wit skole so rassisties is, fok of lokasie toe en wees daar salig tussen jou soort. Hulle hare is soos joune, Of hulle leerlinge met afro haarstyle gaan duld sal seker net die tyd leer. Die beteraf swart ouers doen die kinders wie in lokasies skool gaan ‘n helse groot onreg aan. Ekskuus aan onderwysers wie beter was, maar in my boekie, is onnies regtig “boelies tussen kinders en lafaards tussen hulle portiers. Dink net watse verskil kan die meer gegoed ouers op die skole afdwing deur net daar te wees? Die meeste van die onnies en skoolhoofde buk blerrie agteroor om “ryk” mense te behaag. Lokasie skole kon al spog inrigtings gewees het. Maar pleks daarvan, geval die skole hulle nie, want hulle kinders staan nie uit in swart skole nie. Hulle bly maar net gemiddeld. Hulle is almal bewus van reels wat dalk mag verskil van wat hulle aan gewoond is, tog skryf hulle hulle kinders in by die witskole en skree dan rassisme. Oral om my sien ek swart vroue met “reguit” haar pruike. Wat is so rassisties as ‘n onnie, wit of swart, reguit hare voorstel? Was die betrokke dogters se hare nog altyd dat hulle in die skole was sulke groot afro’s of is dit spesiaal geskep om konfrontasie af te dwing? Glo my, ek is aan geen onderwyser se kant nie, maar die rassekaart is UITGEFOKKENDIEN. Gehoorsaam die reels of gaan blerrie huis toe. Betaal jou skool en universiteit gelde of verlaat die blanke instellings en gaan werk.
Ek het al intussen die skoolreëls waaroor die bohaai gaan in die hande gekry. Daar is byvoorbeeld geen reël dat krulhare reguit gemaak moet word nie. Vlegsels word ook toegelaat, met sekere voorwaardes. Die mainkonyn was al uit ‘n skool geskop oor haar hare.
Btw, al is my moer nou sommer suurder as die suurlemoene wat vir my loer, die antw is Johannesburg.
Ek het myself al baie met onnies en skoolrade baklei oor die belaglikheid van sommige reels. My is disleksies. Hy was in ‘n privaat remedieerende skool van gr 3 tot gr 7. Daar was reels oor klere, oor hare, oor naels, nes in die staatsskole waar my ander kinders was. Hy het egter in die tyd sy hare in ‘n “step” begin dra. Die boonste hare was nie so lank dat dit oor sy gesig gehang het nie en aangesien dit nie oor sy kraag gehang het nie, het hulle nie ‘n probleem daarmee gehad nie. toe hy gr8 na spo skool gegaan het, het hulle snaaks genoeg die eerste jaar nie ‘n probleem met sy “step” hare gehad nie. Al moet ek dit self se, dit was altyd netjies. In gr 9 het een poephol begin kerm daaroor. Ek het die eerste kwartaal oueraand met die hoof gepraat en hy het gese die “lang” is netjiese lengte, amper soos die “short back and sides” wat hy self as kind gedra het. toe kom BB weer een naweek huis toe en se die onderwyser het gese dat sou hy Maandag weer opdaag met sy “moffie” hare hy vir BB na die haarkapperklas sou stuur om sy hare gesny te kry en ek sou die rekening kry. Om ‘n lang storie kort te maak, my BB was, tot hy klaar was met skool, nooit weer geteiken oor sy “step” nie. Ek is nie dubbelstandardig nie. Die reels oor seuns hare stipuleer dat dit nie oor die kraag mag hang nie, syne het nooit oor sy kraag gehang nie.
ouers voel nou se dae te skuldig om nee vir hulle kinders te se. dis eintlik tragies as n mens dink waar hulle skuld gevoel van kom. kinders het nuen kinderlewe nie. dis uit die wieg in n kleuterskool of dagsorg inrigting sodat mamma ook geld kan verdien. vir wie bluf ons? die “ekstra” geld is nie vir kinders nie. dis virnmooiers huis, duurder gordyne n nuwer kar, meer ontwerpersklere en meer uit eet en wegkom naweke. en wanneer kindjie na skool wil kollege toe gaan is daar nie geld nie my kind. gaan au pair maar oorsee.
Weet jy Soufie, daar is die ander kant van die munt ook. Wat word van die mamma en kinders wanneer pappa wil rondspeel? Mamma moet dan vir haarself sorg. In baie gevalle was pappa sy hande in onskuld, en dan moet die kinders ook sien kom klaar met wat mamma kan bybring.
Hoe maklik kry jy werk as jy uit die arbeidsmark is? Selfs al is jy opgelei met ervaring, hoeveel tel dit ‘n paar jaar later?
Julle almal laat my lekker smile! Dankie, die inskrywing is nodig en die kommentare ook. Ek stem saam dat sommige reëls sommer onnodig is, maar tog nodig vir sommige redes. BV as hare in ‘n step gesny word, – en wat vir my mooi is – dan beging Pietie met ‘n ander style en wil hê dat dit ook aanvaar word – soos die step. Daarna is dit Jannie met sy eie styl en so kan dit ‘n sneeubal-effek hê todat Gertjie met lang hare wil skooltoe kom. Mens sal seker ure kan praat oor skoolreëls en dinge, dis maar pyne wat mens moet ‘vat’. Dit kan nogal disspline omverwerp en ek het simpatie met hoofde (as onderwyser). Ek stem saam dat dit gaan oor leer en presteer, maar dit kan kan ook ‘n probleem raak as hare en klere die gedrag begin beinvloed – en die maats. Ek het op die Internet gelees oor Girls High en die Afro-storie. Dis maar ‘n taai toffie en ek dink daardie meisies moet haar lokke los vir na skool en terwyl hulle op skool is maar die reëls gehoorsaam – een meisie se hare het in talle rigtings gestaan – sy lyk skoon van ‘n ander planeet – dis glad nie netjies nie en pas nie by ‘n skoolkind nie. Selfs my Poolse kollega het vandag ‘n opmerking gemaak en haar negatiewe kommentaar gegee. Dit was vir my nogal interessant dat sy nogal ook gedink het dat dit onvanpas is vir kinders van hul ouderdom om daardie lokke te dra. Daar is ‘n tyd vir alles en ek dink skoolkinders moet maar wag tot na skool todat hulle kan doen wat hulle wil – tensy hulle in ‘n private skool is waar reëls soms meer toegewend of verslap is. 🙂
Ek het op FB iewers gelees van verskeie agtergeblewe skole wat vlegsels verbied. Word daar dan ook rassisme geskree?