Garry Marshall

20 07 2016

Ek stel oor die algemeen meer belang aan die mense voor die skerm as die wat agter die skerm is.  Ek gee dus gewoonlik nie om wie die regisseur was nie.  Ek kies flieks op die storie wat dit belowe en op die akteurs en aktrises wat daarin speel.  Tog, bly ek nie heeltemal onder ‘n klip nie en het deur die jare die name van ‘n paar regisseurs opgetel.  Een van hulle was natuurlik Garry Marshall.

Hoekom juis Marshall?  Ek moet versigtig wees om net Marshall rond te gooi.  Daar is immers Penny Marshall (sy suster) en Scott Marshall (sy seun) wat regisseurs uit eie reg is.  Garry Marshall was nou nie een van daardie regisseurs wat ‘n kaggelrak vol Oscars gehad het nie.  Nogtans het hy sy merk in die vermaakwêreld gemaak en sal hy dus vir altyd onthou word.

Garry was die man wat die wêreld aan Julia Robberts bekend gestel het.  Beter nog, hy is die man wat Pretty Woman aanmekaar geklap het.  Goed en wel, Aspoestertjie in enige vorm is altyd ‘n treffer.  Dit is net dat ‘n mens nie juis verwag dat sy ‘n prostituut was nie.  Menige prostituut kon seker al vir hulle ‘n ryk man gevang het.  Hoeveel prostitute kon dit egter reg kry met die aanmoediging en respek van miljoene vroue oor die wêreld? Wie is die man wat Vivian Ward ‘n heldin gemaak het?   Einste Garry Marshall.  Glad nie sleg vir ‘n oom met ‘n vrou en drie kinders nie.

Garry het natuurlik ook ander flieks gemaak.  Van sy flieks sluit in Overboard, Runaway Bride, Princess Diaries, Valentine’s day, New Year’s Eve en Mother’s Day.  Hy het ook sy lyf rondgegooi as ‘n skrywer vir sitcom’s (Happy Days en The Odd Couple), vervaardiger en akteur.

Garry is gisteraand in Burbank oorlede aan komplikasies weens longontsteking.  Hy was in die hospitaal opgeneem vir ‘n beroerte.  Hy was 81 jaar oud.

Breinvasbrand:  Wie het in elke rolprent van Garry Marshall verskyn?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Paul Stanley.  Gene Simmons is die ander hoofsanger van KISS.


Aksies

Information

5 responses

20 07 2016
rondomtaliedraai

Hartseer Hy sal gemis word

20 07 2016
Olga

Héctor Elizondo? Wel, wat kan mens se?

21 07 2016
mensie

mens kan se hy sal altyd voortlewe deur sy flieks. wie kan tog RUNAWAY BRIDE vergeet.

25 07 2016
sarie se kind

dis ook net INI flieks wat die prostetiet die ryk man gekry het. INI regte lewe is dit eerder loop en loop.

25 08 2016
Skoor

aag Pretty Woman. my all time beste movie en te moer met skewe kommentaar. daai was vir my ‘n magic fliek as skoolkind!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: