Om jou kind te soen . . . of nie

15 07 2016

Die tyd en dae wat jy met jou kind kon maak soos jy wil is verby.  Die gemeenskap is gou om ouers reg te sien wat hulle kinders nie vasmaak in ‘n kar of hulle kinders toelaat om onveilig is.  Siende dat kinders weerloos is, is daar niks verkeerd daarmee dat die gemeenskap ‘n wakende ogie hou nie.  Die vraag is egter nou hoe ver moet die wakende ogie gaan.  Die gemeenskap stel gewoonlik nie eers ondersoek in voordat hulle begin speelgoed rondgooi nie.

‘n Rukkie terug was daar groot drama van ‘n man wat kaal met sy kaal seun in die stort sit.  Die kind was glo siek en die pa het hom glo in die stort gehelp.  Meer onlangs het ‘n sangeres / modeontwerper haar 5 jarige dogter op die mond gesoen.  In beide gevalle was daar mense wat mishandeling geskree het.  Daar was selfs diegene wat die ma en dogter lesbene genoem – vir ‘n onskuldige soen op die mond.

In Suid-Afrika is dit seker in ons kultuur om mense op die mond te soen.  Ons sal nou nie noodwendig lesbene sien as twee vriendinne soen nie en ‘n soen tussen ‘n lukrake man en vrou beteken nie dat daar ‘n vonk tussen hulle is nie.  In die Afrikaanse gemeenskap veral word ooms, tannies, oumas, oupas, ma’s, pa’s, boeties, sussies, skoonfamilies, stieffamilies, vriende ens. dikwels (gewoonlik) met ‘n soen gegroet.  Gelukwense word ook gewoonlik met ‘n klapsoen op die lippe oorgedra.  Ons sal niks verkeerds sien met ‘n soen tussen ‘n ouer en ‘n kind nie.

Netso weet ek van baie mense wat saam met hulle kinders bad.  Ek het al gesien dat kinders oor die gesoenery protesteer, maar hulle is gewoonlik nie gepla om saam met hulle ma / pa te bad nie.  Dit is vir party kinders self ‘n bederf.

Ek dink nie iemand in Suid-Afrika gaan kinders mishandeling skree nie.  Nogtans is dit vir ander mense oor die wêreld vreemd.  Is dit bloot ‘n geval van kultuur?  Nie dat kultuur ‘n verskoning vir alles is nie.  Of het Freud regtig sover gekom dat almal se eerste gedagte seksueel van aard is.  Gaan pap babas hulle binnekort self hulle doeke moet ruil en room moet smeer?

Daar is verseker ‘n lyn iewers.  Ons moet seker in ag neem dat die lyn se posisie van een mens tot die volgende sal verskil.  Vraag is nou net wat is die absolute lyn wat nie onderhandelbaar is nie?

Breinvasbrand:  Wie is die hoofsanger van KISS?

Breinlosbrand:  HesterLeyNel was reg met Mattewis.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

15 07 2016
Olga

EERSTE!!!!

15 07 2016
Olga

Hoe blerrie belaglik kan mense wees. Dieselfde mense sal hoor hoe die bure se kindertjies skree omdat hulle gemolesteer word en boggerol doen nie, want hulle wil nie betrokke raak nie. Sjym, maar kan dan soos vergalste yorkies hakskene byt oor ‘n kuise soen op die mond.

15 07 2016
Olga

Btw, Paul Stanley was die hoofsanger van kiss.

15 07 2016
Olga

Of was dit nou Stanley Paul?

15 07 2016
ekmyselff

Ja dis vir my bietjie belaglik… ek soen verseker my kinders en ons laaafffff dit om saam te bad. Dit is geselstyd. Ek het al tieners en bad steeds saam my eie ma. De hel met die wat dit nie like nie.

15 07 2016
HesterLeyNel

Sê ek ook.

17 07 2016
scrapydo2.wordpress.com

Dis nou die inding in die wêreld van vandag om sulke belaglike dinge te wil klassifiseer as…wat? mollesteer/mishandel of wat ook al. Intussen gaan die werklike mishandeling rustig voort

19 07 2016
Toortsie

Belaglik belaglik belaglik! Nie jy nie, die mense. Dis hulle wat die minste weet wat die hardste skree. Ek het my kinders gesoen en gedruk en geliefie. Kleintyd het hul saam met my gebad en dit was ‘n stryd om hulle uiteindelik uit my bad uit te kry, so dit was ek en hulle en al die speelgoed ook nog, en nee, daar was GEEN sprake van seksuele aantrekkingskrag of al die vieslike goed waaraan mense dink nie. Dalk moet hille by hul eie vieslike gedagtes begin ondersoek instel voor hille te graag wil begin klippe gooi.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: